Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -4 hours ago

Allooi Wielvelling

Nelspruit
Submitted by Koos Mol on
Forums

Na ons Namibië toer het ons so paar dae in Pretoria by familie oorgebly en die wa op stal gesit. Toe ons op 23 Junie uit Pretoria vertrek na Dinokeng Resort het Irene die merke op die karavaan se linker allooi wielvelling opgemerk. By nadere ondersoek sien ek dat drie van die vyf speke gekraak is. Die krake is regdeur en ook agter op die velling sigbaar. Hoeveel kilometers ek so met die wiel gesleep het weet ek nie.

Ek het in Nata (Botswana) een van hulle spoedwalle in die pad met ‘n redelike spoed getref en suid van Nata het ons so 4 of 5 keer padverleggings gehad wat redelik sleg en met baie gate in was. Dis al plekke waar ek aan kan dink waar ek die skade kon optel. Indien dit in Nata was waar die skade gedoen is, het ek sekerlik so verdere 800 kilometers gesleep met die gekraakte velling. Ek is dankbaar die wiel het gehou en dat ons veilig in Pretoria aangekom het.

Na ‘n gesoek na ‘n nuwe velling het ek uiteindelik by ALKO in Vereniging reggekom. Die gate op die velling se PCD is nie dieselfde as die van gewone padvoertuie nie en geen van die vele bande plekke wat ek besoek het kon my help nie.

Einde saak is alles weer reg en ons vertrek op 23 Julie hier van Dinokeng Resort af na Morêson naby Tshipise. Ons staan op Morêson oor vir ‘n maand voor ons besoek van 6 weke aan oom Paul se plaas.

 

Erste keer wat ek ook so iets sien.

Is die wit staal rims dan nie maar die sterkste om te gebruik nie.

Ek gaan nou nuwe bakkie bande posit op die karavaan nadat hy gelig word met wit staal rims.

0
Pretoria

leeu

Mon, 15/07/2019 - 15:25

Frik, ek dink staal wiele is verseker sterker. Wiele, soos bande, kan net 'n sekere gewig hanteer en is belangrik om te weet wat is die dra vermoë van jou wiele.

Alloy Wheels. ... The aluminum/nickel alloy is much lighter than steel and makes for more agile performance and better acceleration. A car with alloys on is generally much more fun to drive. Alloys do tend to bend easier than steels under road impacts and have a tendency to crack if bent too far.

0

Middag vriende

Julle ouens moet nou nie veralgemeen en verkeerde stellings maak nie.

Alle materiale het sekere karakteristieke soos Ultimate tensile strength, Yield ensovoorts. Dit beteken dat selfs staalwiele, as dit verkeerd gegiet, verkeerd hittebehandel en dan verkeerd aangewend word [spannings, drakrag ens] ook kan swig of katastrofies net kraak.

Dieselfde geld vir allooi wiele. Allooie word ontwikkel om aan sekere standaarde te voldoen. Onthou omdat dit juis voordele inhou soos lae gewig dit nie beteken dat dit swakker is as staal nie. Dit vind dan juis toepassing in die lugvaartnywerheid en in maantuie juis vanwee hulle goeie meganiese eienskappe. Boonop kry mens die ekstra voordeel dat dit meestal nie eintlik roes nie.

Koop net julle vellings hetsy staal of allooi by 'n betroubare verskaffer wat materiaal van hoë standard verskaf.

Omdat hitte 'n groot impak het op veral Alluminium allooie, moet mens uiters versigtig wees met herstelwerk daarvan. Dit kan die velling versag en sy bruikbaarheid nadelig be-invloed.

Groete

Wessel

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 15/07/2019 - 16:14

Wessel hoe seker is jy dat staal rims gegiet word??

Dan is dit mos gietyster.

Staal rim is beslis syerker as mags dit is waarom ernstige off road maar staal gebruik.

Ja allooi is sterk genoeg vir spesefieke toepasings maar vir rims op ons swak paaie is staal maar die beste.

Gegote staal rims ken ek glad nie, ek vermoed hulle moet vrek swaar wees?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 15/07/2019 - 17:28

Arie, ek dink ook staal rimms word gepress uit n stuk plaat wat dan verder aanmekaar geswys is.  Aluminium rimms is ook gladnie so treurig nie, op die veldmotorfietse het ons wragties daai goed krom gestamp teen die klippe sonder dat dit breek, maar dit is die rim, daar was darem nog speke van staal.

Self het ek al n magg in my jong dae afgeskryf toe ek n ransdsteen raakry, maar dit was nie skerp move van my nie. Verder het al wat n 4x4 voertuig is aluminium rimms op, en daar is nie probleme nie, en slaggate n gereelde gebeurtenis. 

Miskien is Koos se rimms dalk te lig vir die wa, maw eerder n offroad spec opsit. Dalk is die gewig per band te hoog. As ek Koos is, sal ek die opvolg, dit voel nie lekker nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/07/2019 - 18:18

Ek glo dat daai vellings reg is vir die woonwa, daarom kan jy dit nie by TWT of enige bande plek kry nie.  Miskien was daai een net 'n swak een ?

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/07/2019 - 19:15

Ek het toe vandag by TWT, en by Kia, gaan uitvind wat kos 17" vellings vir my kar, nee wat, ek sal maar myne in vat vir herstel. (R8400 x 4 vir 'n stel teenoor R750.00 vir herstelcrying)

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 15/07/2019 - 19:50

Vyf jaar gelede wou ek ook graag my Exclusive se vellings met mooi allooi wiele vervang.  My enigste vereiste was, dit moet presies wees soos wat die Jurgens fabriek op hul latere modelle aangebring het.  Ek kon dit nêrens opspoor nie behalwe by Jurgens/Campworld agente teen 'n astronomiese prys.  Ek aanvaar dus hierdie wiele is spesifiek gemaak volgens die spesifikasies van Jurgens vir spesifiek woonwaens.

Met die hulp van 'n forum-vriend wat ook hier lees, het hy vir my via 'n kontak by die verskaffers van die allooi wiele aan Jurgens, dit teen 'n baie spesiale prys bekom.  'n Ander forum-vriend (wat ook hier lees) het gehelp om die wiele vanaf Gauteng tot by my in die Kaap te kry.

Ek het terselfdertyd nuwe Dunlop Endura bande aangeskaf wat nou 5 jaar oud is.  Omdat hierdie bande geensins aan son blootgestel is nie (behalwe as ons kamp), gaan ek die tydperk 'n bietjie rek na 6 jaar. (My vorige stel Dunlop Enduras het ek vir 8 jaar gehou, maar sal dit liefs nie weer doen nie).

.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 15/07/2019 - 21:10

Mooi Len, my Penta het uit gekom met daai wit staal vellings en ek het ook Jurgens egte nuwes by Comet op gespoor.

Mags
Hierdie kon ek rk by Comet kry vir R2400 vir albei.

 

0

Daai jurgens rims kan 850KG per rim dra en die van Aline net 750KG per rim. die rims op dubbel as trek swaar as jy draai want dan sit jy sideway druk op die rim.

0

Môre Arie en ander

Moontlik was my woordkeuse "gegiet" ten opsigte van die staalwiele minder korrek. Ek wou bloot met my inset die aandag daarop vestig dat allooiwiele nie noodwendig swakker [minder sterk] of geskik is vir die doel nie.

 

Soos ons vriend Neef hierbo noem, omtrent alle bakkies het deesdae allooi wiele en hulle hou.

 

Interresant, vanoggend werktoe kom ek 'n Hilux teë wat se voorwiel heeltemal weg is. Let toe op dat dit NIE standard Toyota wiele is nie. Onmiddellik val dit my by dat my bandehandelaar my gewaarsku het dat met Toyota's dit dikwels voorkom dat nie standaard-wiele die geneigdheid het om los te kom. Soveel so dat hulle "stickers" op die stuurwiele plak om eienaars daarteen te waarsku, na 'n diens.

Groete

Wessel  

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus