Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou kan ons.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -32 minutes ago
maand in Onrus.... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -1 hour ago
Braai Eenvoudige Hoender Potjie -… Geert -1 hour ago
Ek begin iets regkry Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Goeie Hout... Goeie hout se Noord & Oos… Rona du Plessis -1 hour ago
5 Maande Goeie hout se Noord & Oos… Goeie Hout -2 hours ago

Julie 2019 - Koffiekroeg

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

c

Koffie enigiemand? 

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Wed, 17/07/2019 - 09:02

die verhuurder (eienaar) het geen regte nie behalwe om hof toe te gaan. Ons het 'n woonstel in Parow gehad wat ons verhhur her. Ons huurder het vir 6 jaar daar gewoon en stiptelik elke maand die huur betaal. Toe ons die woonstel verkoop het ons hom 'n volle 2 maande kennis gegee. 'n week voor hy moes uit het hy my nog verseker dat hy 'n ander plek gekry het. En toe, die dag voor hy moet uit en die opgewonde nuwe eienaar moet intrek laat wet hy my dat hy nie uittrek nie. Om 'n baie lang storie kort te maak, hy het ophou huur betaal en dit het meer as 'n jaar en R120000 gekos om hom uit te kry.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 17/07/2019 - 10:41

Goeie môre Kampforum-vriende !

Dis yskoud hier by ons vanoggend met 'n lastige windjie wat, soos voorspel, 'n lastige wind gaan word.  Die voorspelling is dat ons môre en Vrydag lekker reën gaan kry met nog reën in volgende week.  Ook maar goed so want my reën-watertenk-voorraad staan op 1/3 de.  My maandelikse munisipale waterrekening soos op 15 Julie staan op 0 kl verbruik !  (Ek verwag die munisipaliteit enige dag om te kyk of ek water steel !).

Dankie vir al die simpatie-betoning met my gekla oor gebrekkige saam-geselsery en ek gaan probeer om op te hou daarmee.

Harry, hoop nie jy ervaar 'n koue skouer van my kant af nie, want ek geniet nog altyd jou skerpsinnigheid.  Veral vandat jy 'n paar jaar gelede moeite gedoen het by Hartenbos om my persoonlik te kom ontmoet.  Ja, ons het baie vriende saamgedra vanaf die WegSleep-dae, maar ek dink daardie forum het alleenlik tot niet gegaan vanweë die daaglikse tegniese probleme wat nooit deur Media24 aangespreek is nie.  Juis daarom sukkel ek om te verstaan wat die probleme op Kampforum is, want hier sit ons met 'n probleemvrye, gebruikersvriendelike forum wat Anton geskep het met bittermin deelname. En ek stem saam, dis net die noue vriendskapbande wat 'n mens nie wil verloor nie en laat voortbeur.

Anton, ek sien uit na diebesonderhede en fotos van die nuwe Penta.  By voorbaat, dankie daarvoor.

Herman,  ek kan darem byvoeg dat jou geselsies oor motorrestourasies, jou tuin op die plaas, jou liefde vir Karoo NP en Jurgie is altyd lekker geselskap.

Freda, is dit nie dalk raadsaam om 'n tweede opinie oor Colin se slukdermprobleem te kry nie?  Die mediese wetenskap het sulke wonderlike tegnieke en oplossings ontwikkel dat dit vir my moeilik is om te aanvaar dat hulle hom nie kan help nie.

Wat huise verhuur betref, het ek heelwat nare ondervindings gehad.  Terwyl ons hier in Brackefell woon, het ek drie huise hier en een in Pretoria verhuur.  In al drie gevalle was dit 'n nagmerrie om die huishuur ingevorder te kry en om die huurders uitgesit te kry.  Toe ek destyds Zimbabwe toe verplaas is, het ek 'n groot fout gemaak om ons gesinshuis te verhuur.  Behalwe dat huurgeld opgedroog het, is die plek ontsettend verwaarloos en beskadig en het die huurder net mooi een nag van die aardbol af verdwyn.  En moenie dink die verhuringsagente is van veel hulp nie, selfs al sit jy in die buiteland.  Ek het al die eiendomme verkoop en begewe my nooit weer in die huisverhuringsmark nie.

Ek hoop elkeen geniet 'n wonderlike Woensdag.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 17/07/2019 - 19:31

Sê vir oom Colin sterkte daar. 

Ek glo nie dit is baie lekker om so te sukkel om te sluk nie. Veral as jy hoor operasie is nie n opsie en hy moet daarmee saam lewe nie.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 18/07/2019 - 06:21

En die ander wat kom.

Hoop dinge gaan goed daar by jou.

Ek hoor die koue is weer oppad. Dit is seker nog winter en ons moet seker aanvaar die winter is nog nie verby nie, al wou dit so voel.

My span is weer amptelik terug vandag na ek hulle vir n 2 dag kursus gestuur het. Hoop hulle het baie geleer en dit kan ons spoed om projekte uit te kry verhoog.

Sterkte en gou gesond word aan al die mense wat nie lekker voel vandag nie

Julle moet julle dag geniet en wees veilig

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 18/07/2019 - 06:35

Die koffie en tee  loop op die forum hier by my soos stroop , lekke dag vir almal en mag die 891 forum lede aanlyn wees en lekke saam gesels vrede

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 18/07/2019 - 06:48

Goeie môre kampforum vriende, julle moet 'n awsome dag geniet.👍 

Anton, dankie vir die koffie, ek geniet hom.

Harry, die winter gaan nog 'n hele paar keer sy tande kom wys, maar een van die dae kry ons weer swaar van die hitte,  so geniet ek maar die bietjie koue wat ons kry.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 18/07/2019 - 07:54

Môre, sleg geslaap die wind was stormsterkte hier, met tye gedink hier gaan lelike dinge gebeur. Sien hier praat ons nie hard-op wat jy dink nie, los praatjies lok slegte dinge.

Sal vanoggend moet gaan loer of daar nie n boom of twee op die wildheining geval het nie.

Mag die wind bietjie reen en koue bring, ek raak nou bekommerd, ons het nog nie veel sneeu gekry die jaar nie.Mooi dag vir almal.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 18/07/2019 - 08:00

Vandag het ek lekker laat geslaap.   Ek sien darem die son skyn pragtig buite en dit lyk na lekker weer om te stap.   Die laaste paar oggende was dit maar deksels koud.

Baie dankie vir almal se mooi wense vir Colin.   Len, dit was eintlik 'n tweede opinie, of eintlik moet ek sê dit was 'n derde.   Colin voel OK oor alles, hy is al gewoond om anders te eet, ek dink hy voel net meer gerus om te weet dit is nie lewensgevaarlik nie.   Hy is baie lief vir lamribbetjie.  Hy het gister by die slagter 'n ontbeende een gaan koop en wil dit papsag kook, met groete, in die potjie en kyk of hy dit kan eet.   

Lekker dag vir almal en mooi loop!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 18/07/2019 - 08:02

Ek lees nou Herman se inset.  Colin het gister gepraat van slegte en ongure weer wat van die Kaap se kant op pad is hier na ons toe.    Wel dit is nog nie hier nie.  Hou dit nog so bietjie daar, Herman, ek wil net gou eers my stapoefening inkry.laughyes

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 18/07/2019 - 08:25

Ek is baie naby aan finaal moed opgee want ek vermoed my gesanik oor die swak deelname aan gesprekke sonder enige noemenswaardige sukses, irriteer die hel uit baie van ons.

 Ja, ons het baie vriende saamgedra vanaf die WegSleep-dae, maar ek dink daardie forum het alleenlik tot niet gegaan vanweë die daaglikse tegniese probleme wat nooit deur Media24 aangespreek is nie.  Juis daarom sukkel ek om te verstaan wat die probleme op Kampforum is, want hier sit ons met 'n probleemvrye, gebruikersvriendelike forum wat Anton geskep het met bittermin deelname.

Ek kan nie anders as om saam te stem met Len nie. Hier is 'n handjievol aktiewe deelnemers. Dit het bygedra tot my tanende lus om deel te neem.

Maar intussen ons kuier lekker by ATKV Eiland Spa. Ek kan beswaarlik glo ons is al 3 maande weg van die huis af. Die maand-en-'n-half in die wildtuin het verby gevlieg en die eerste maand van leeglê by hierdie wonderlike oord is ook reeds agter die rug.

Ek praat darem nie heeltemal die waarheid t.o.v. leeglê nie. Die kleinkinders het ons goed besig gehou tydens die skoolvakansie. Ons het intussen leer jukskei speel (ek neem selfs volgende Woensdag aan my eerste "trips" kompetisie deel). Ons speel rolbal (en ek het selfs die afgelope Saterdag 'n R500 brandstof 'voucher' gewen). Ons stap - watter lekkerte om langs die Letabarivier te stap! Ons kuier, ons dans, ons braai - aag man, een lang lekkerte. 

Terloops - goeie môre.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 18/07/2019 - 11:53

Dis nou 10 minute voor agtermiddag dus, Goeie more Kampforum !

Dis nou die vierde keer dat ek probeer groet en elke keer as ek 'n kappie op die "o" wil sit, spring die spul terug na Google.  Ek het tweekeer na die drie pogings getoets en dit spring elke keer terug na Google.  (Ek gebruik Chrome en het dit nog nooit so ervaar nie).

Chris, lekker om te hoor julle geniet Eiland Spa en dat jy besig is om al die oumens-speletjies te bemeester.  Dis ysig koud hieronder by ons, dus bly maar daar solank jy kan.

Van die voorspelde reen (sonder Alt137 wat die tikwerk laat verdwyn) piepie-piepie dit nog net kort-kort  -  maar die hoop beskaam nie.

Anton, kyk asb na die Alt...probleem

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 18/07/2019 - 12:01

Anton, kyk asb na die Alt...probleem

 Ek glo nie dit is 'n forum probleem nie Len.

Die Omega knoppie sal ook vir jou toegang gee tot spesiale karakters - dit is wat ek gebruik 

o

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus