
Koffie enigiemand?
Dagsê almal
Ja, dit is ysig koud in die Baai. Alhoewel, ek sien gisteraand daar bo in die noorde is die oggendtemperatuur in die minusse. By ons gebeur dit nie, so ek weet nie hoe koud moet die arme drommels, wat daar woon, kry nie.
In elk geval, ons het lieflike reën gehad. Laasnag, dwarsdeur die nag. Colin meet meer as 50mm maar ons is nou nie seker presies van wanneer af nie. Herman, ons hoor daar val sneeu in die Swartberge by Oudtshoorn.
Ek stem saam, Sarel, Vandag bly mens in jou huis om warm te bly. Ai tog, ek het net nie veel hoop vir die Springbokke nie, dit wil vir ons so al na 'n B-span lyk wat Australië gaan aanvat.
Mirrag Antie Ja in die…
Mirrag Antie ![]()
Ja in die hartjie van die winter kan ek party oggende -2 tot -3 grade buit meet hier in Clubview Pta.
Maar ek is nie bang nie, my pa het mos kaalvoet skool toe geloop in die winter ![]()
Daar is sneeu op die berg,…
Daar is sneeu op die berg, nie te dik nie, dit reen af. Nou 7º buite, en ons al heeldag voor die kaggel, katte lê die bed vol, nie plek vir ons nie. Weet nie mooi nie, maar more draai die wind, en kom dan noord oor die berg bo-oor die sneeu. Dit gaan dan dodon...ers koud raak.
Neef, ons voel al julle koue…
Neef, ons voel al julle koue hierbo.
Skierlik raak dit koud hie…
Skierlik raak dit koud hie na die mooi rugby in Pta. ? ❄
Nou ja, as dit nie was vir…
Nou ja, as dit nie was vir die kaggel nie. Ek en Tigger.
More julle wie drink saam
Die koffie loop soos stroop nee man ek alleen op forum log in en gesels n hond uit n bos lekke dag vir almal vrede
Goeie môre. Ek was bietjie…
Goeie môre.
Ek was bietjie lui vanoggend om in te klok.
Is nou gereed om kerk toe te gaan.
Lekker rusdag vir elkeen
More ysbere
Dit is F#¥¥€£ koud by ons
Geniet julle dag en bly warm.
Goeie more almal !! Daar is…
Goeie more almal !! Daar is windjie wat waai maar is nie so onplesierig soos die soos ek dit verwag nie. So lank die sonnetjie skyn is ek happy
. Well done Bokke maar daar is nog n harde game volgende week saterdag om te bewys of hulle opgewasse is vir wereld beker toernooie. Ek gaan nou vir Ronell uitneem vir n lekker brekie. Julle moet n wonderlike dag he ![]()
Môre sê Kampforum Mooi…
Môre sê Kampforum
Mooi rustige foto Neef.
Geniet jou dag voluit in vrede !
Hello al die mense. Ek het…
Hello al die mense. Ek het 'n besige Sondagoggend gehad. Die week wat verby is was dit eers hospitaal en daarna dae se reën en ek het nog by geen wasgoed uitgekom nie. Ons kompleks word geverf (al vir paar maande) en môre begin ons beurt. Hul kap die sement weg waar daar krakies is en dit veroorsaak baie stof. So, ek weet ek sal vir 'n paar dae ook nie wasgoed buite kan ophang nie. Dus, toe die son vanoggend skyn het ek besluit, nou moet daar gewas word. Drie vragte hang tans op die draad.
Mooi foto Herman. Jy maak of dit Vonnie se katte is, maar ek kan sien jy bederf ook lekker.![]()
Die Bokke het toe darem vir ons verras gister. Veral die Jantjies nefies. Wel, die Wallabies was ook nie watwonders nie, so ons hoop maar ons span kan voortbou. Ons staan darem vir die week bo aan die log met 5 punte.![]()
Ek hoop almal geniet hul Sondag en sien uit na die week vat voorlê.
GM !
Goeie middag Kampforum !
Son skyn heerlik, maar dis ysig koud en van môre af weer 'n paar dae se Kaapse reën - lekker man, lekkerrrrrrrrrrrr...
Nes Freda, 'n besige Sondagoggend gehad. Eers kerk toe en daarna 'n vinnige kuiertjie by aldrie kinders gehad. Sit nou en wag vir vriende wat gou 'n Sondag-middag koffie kom drink.
Ai, ons afgetredenes as darem maar besige mense.
Ons het weer 'n lui Sondag…
Ons het weer 'n lui Sondag middag in die huis gespandeer. Te koud om buite rond te dwaal.
Gisteroggend was dit nog lekker buite gewees met die parkrun. So teen 11 uur het hier 'n koue wind begin waai.
Sal maar kyk wat die week oplewer.
Was ook net vrot gewees…
Was ook net vrot gewees vandag. Na die bokke gedpeel het het dit skierlik koud geword en het ek maar kom inkruip. Vandag ook errder in die huis gebly.
Ek het tussen,die maan landing en Egipe se programme die dag deurgebring en hier se die ou op Kwêla die landing op die maan het nie regtig gebeur nie en al die data is glo net weg ?
Goeie môre. Tee maak…
Goeie môre.
Tee maak vanoggend lekker warm binne op hierdie koue maandagoggend. Trek maar lekker warm aan vir die oggend.
Lekker dag en week vir elkeen
Waar is Julie
More almal die maand van Julie is amper om tyd stap lekke dag vir almal en laat loop met die koffie / tee by my ja hy loop soos stroop vrede






Middag Almal,
hoop julle beleef 'n rustige Saterdag.
Chris, jy praat van 'n yskoue 18 grade more? Die maksimum wat vir vandag by ons, en ook daar by Freda-hulle in die Baai, voorspel word is 13. Die wind laat dit egter baie kouer voel. Ons bly maar eerder in die huis. Dit het darem 'n wonderlike 30 mm gereën.
Ons hou duimvas vir die Bokke!