Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -14 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -15 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -15 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -15 hours ago

Penta dak Gaslifts

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Dit is nou al geruime tyd dat ek spook om die Penta se dak, veral agter bo die bed, op te lig. Vrydag besluit ek, genoeg is genoeg, ek gaan die gaslifts afhaal en toets.

Die gaslifts is nog redelik stuif,  maar vir 'n swaar dak, en ou skouers, te lig in die broek. Ek kon net by Diesel Electric reg kom met "heavy duty" gaslifts. Ek bestel vier wat teen 600n druk gepomp moet word, en kry die goed vanoggend.

Al het hulle met "elbow baljoints" uit gekom, steur ek my nie daaraan nie, ek het mos die ou ogie hake wat ek net kan omruil, kom by die huis en leer 'n les, moenie jouself  tegnies ag as jy nie is nie. Die "shaft" van die swaar diens gaslifts is dikker, en dit kos my weer terug ry Vereeniging toe om die "baljoints" met reguit ogie tipe hake om te ruil. Hulle het nie in voorraad nie!!! Bestel weer van Spring tak af en hoop om dit more hier te hê.

Wel, gelukkig gaan dit my net petrol geld kos,  dit word net om geruil. 

Volgende keer, vat ek alles saam, en maak seker die kompleet besteling is reg.

Vaalpark

Johann L

Tue, 07/08/2018 - 11:36

Stephan,  ek is nie seker ek verstaan reg met 3 vice grips nie,  twee maak vir my sin, as jy dalk bietjie meer kan uit brei. Onthou, ek was 'n "pen pusher"😃

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 07/08/2018 - 12:56

Eina pyn, is maar sleg om so alleen te sukkel, weet van alleen sukkel. Veral as die gereedskap gly en die koue vingers bly in die slag. Johan, jammer Vaalpark is so n bietjie ver van my af anders kon ek kom help vashou het. Maar nou sal dit nie werk nie. Sterkte Mater, hoop jy kom reg.

Wat van jy vra die buurman om te help, of is hy ook nie so handig nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 07/08/2018 - 14:40

Ek lees nou eers die draad, wil ook darem meer leer van Gaslifts.     Mmmmm, ek sien 'n paar manne het alweer tent opslaan gedagtes begin kry.   Gelukkig het ek hierdie keer niks daarmee te doen nie.wink

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 07/08/2018 - 17:32

Lapskag, baie dankie vir die gedagte, ek waardeer dit👍

Nee broer, my buurman was 'n elektriesien en bel 'n kontrakteur om skakellaars te kom vervang😂

Stoffel, nee ek het meer as 'n uur gespartel gaan more vir my so gadget maak soos per jou skets,  dan het mens dit vir toekoms.

My idee om groot wasters te gebruik, en met draad te bind op die regte lengte, werk toe nie so lekker nie. 

0

Ek self 😁!. 

Ek het 1 om die body van die shock gesit (teen die punt) en die ander 1 om die shaft op die korrekte lengte. Daarna die shock in geduk en die 2 vices met die derde een vas geklamp. Na ek die shock ingesit het, het ek die spulletjie losgenaak

0
Middelburg

Noel

Wed, 08/08/2018 - 13:21

Johan,  vra jou tuinman om jou te help. Een druk en ander om pennetjie (bout)  in te druk. Daai tool sal dalk weer gebruik oor 10 jaar indien jy nog die karavaan het !!

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 08/08/2018 - 17:47

Gelukkig kan ek nie sien hoe julle lag vir my "patent" nie😄

Ek het 8mm threaded bar gevat en 2 x 6" spykers, (dit korter gesaag) die spykers om gebuig en aan 'n moertjie vas geweld, toe die spykers weer so effens "terug" gebuig sodat dit nie van die gaslift af gly nie. (een spyker op 'n moertjie, en een op 'n waster)

Ek het Stoffel se idee gevat, kortpad gevat, en binne 'n uur was al vier gaslifts vervang, geen moeite nie.

Gaslift tool
Kyk verby die welding😂
Gaslift tool

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 08/08/2018 - 20:28

Stoffel, ek wens elke dag ek was meer tegnies, ek is so lief om aan te jaag, maar ai, die hanne en oge wil nie so lekker saam werk nie😂

Daarshy. Gedoen en verby. Net so bietjie n mens se grysstof gebruik

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus