Kliek Hier vir die opvolg artikels - April 2019 - Jurgens Ci - DIE PLOT VERDIK
Mei 2019- Jurgens is Terug!!!

Met al die onlangse gerugte en publikasies wat rondgaan aangaande Jurgens Ci, het kampforum besluit om self ondersoek in te stel, en die hoorsê en sensasie soekende sosiale media se vele opinies en eise te toets!
Ons hoor gerugte van die Jurgens fabrieke wat toemaak, parte wat onverkrygbaar is en die ondergang van die grootste karavaan en tent vervaardiger in die geskiedenis van Suid Afrika.
Ek persoonlik volg die storie al vandat dit begin vlam vat het en die eerste van vele forum onderwerpe en insette op facebook asook artikels in bekende buitelewe tydskrifte verskyn het.
So wat is die waarheid? Wie kan 'n mens glo?
Ek het die vraag gevra totdat 'n stemmetjie vir my gefluister het een oggend toe ek my oë oop maak - "klim in jou voertuig, ry na hulle fabriek toe en gaan kyk vir jouself..."
Ek het so 'n uur voor ek by die fabriek opgedaag het kontak gemaak met die fabrieks bestuurder, Tian Muller, en hy het my vriendelik uitgenooi en aangedui dat hy my persoonlik vir 'n toer deur die fabriek sal neem.

WOW
Hierdie lyk nie vir my soos 'n fabriek wat toegemaak het nie. Ek het ook nie gedink dat dit so 'n groot fabriek is nie! Die teenwoordigheid van personeel op die vloer wat besig is met vervaardiging en kantore met bestuur - en admin personeel getuig van 'n fabriek wat sterk in besigheid is!



Op my vraag oor hoeveel waens tans geproduseer word, is ek vertel dat hulle 14 per week vervaardig vir die plaaslike mark en dan ook 14 per week wat verpak en uitgevoer word. Produksie is nog nie volspoed nie, want daar word eers gefokus om seker te maak dat kwaliteit van produkte gewaarborg word en die nodige kwaliteit kontroles in plek gesit word voordat bestuur die volstoom knoppie druk.
Die uitvoer waens word Australië toe gestuur , maar ek het ook gehoor dat die kantoor en verspreidings fasiliteit in Duitsland nou gevestig is en dat die een in England in finale proses is. Kwalitiet van toekomstige produkte is dus nie net van belang om die plaaslike verbruiker gerus te stel nie, maar ook belangrik vir die buitelandse markte.


'n Paar splinternuwe CNC masjiene om produksie en kwaliteit te verbeter getuig van 'n fabriek wat groot planne het vir die toekoms!

NUWE ONTWERPE
In hierdie afdeling kon ek ongelukkig nie foto's neem nie, maar ek het die nuwe Penta gesien
en was ook op 'n vinnige virtuele toer geneem om die finale produk op rekenaar te besigtig - BAIE NICE!! Ek dink dit is defnitief iets om na uit te sien ![]()
JURGENS STEELWORX FABRIEK
Reg langsaan is nog 'n groot fabriek waar al die staalwerk gedoen word.
Hierdie gedeelte is ook lekker bedrywig met vele modelle se onderstelle wat onder produksie is. Ek is baie beindruk!



HERSTEL AFDELING
Herstelwerk op vorige modelle ...

DIE STAND VAN SAKE
Na my toer deur die fabriek het ek 'n kansie gekry om rustig te sit met 'n paar vrae en kan ek namens die eineaar van Jurgens die volgende deel:
Deur die vorige eienaars sedert 2006, het die kwaliteit van Jurgens produkte agteruit gegaan en het vele uitdagings die maatskappy betree. Die probleme met personeel stakings, laer kwalitiet van produkte en onrealisitese produk ontwerpe was iets wat die nuwe huidige eienaar van Jurgens Ci oorgeneem het. Hierdie uitdagings word deur nuwe eienaarskap en huidige herstrukturering van Jurgens Ci aangespreek.
Die tent fabriek in Pinetown ook meer bekend as Howling moon is nog in vol produksie en voorsien tente aan die woonwa fabriek en die kampeer Industrie.
Die veselglas fabriek in Rosslyn bestaan nog en produseer, maar 'n keuse is gemaak om die fabriek oor te skuif na die hoof fabriek in Ga-Rankuwa. Die bykomstighede afdeling (accessories) skuif na Tulisia Park Alberton vir logistieke redes en om die middelpunt daarvan meer sentraal te kan maak.
Wat handelaars aanbetref is die gerugte dat Jurgens Ci net aan hulle eie handelaars voorsien onakuraat en voorsien die fabriek tans produkte aan enige handelaar wat belangstel om 'n verspreider te wees.
Comet in Boksburg is tans onder besigheidsredding. Ander handelaars ooreenskomste is besig om onderhandel te word en sal voorlopig binne die volgende maand of twee bekend gemaak word d.m.v verskeie publikasie kanale. Prestige Safari Centre / Sunseeker handelaars is almal nog in orde en verkoop Jurgens Ci produkte soos normaalweg.
Wat die hofsaak om voorlopige likwidasie aanbetref. Die hofsaak geskied die 6de Febraurie en Jurgens sal dit verdedig om 'n meerderheid ten gunste te verklaar.
DIE TOEKOMS
Die toekoms van Jurgens lyk vir my baie belowend en ek sien 'n maatskappy wat beslis luister na sy verbruikers om 'n produk te kan lewer wat saak maak en gesog is.
Die visie is om 'n groot verskeideneid produkte op die mark te kan plaas d.m.v die Jurgens, Sprite en Gypsey handelsmerke . Ja, Gypsey is weer op die kaarte!
Woonwaens beloof om groter en gemaklike eiland beddens te voorsien saam met groter yskaste en baie pakplek!
Dankie Jurgens dat julle my toegelaat het om julle fasiliteit te besoek en om vir myself te kon vasstel wat die waarheid is agter julle huidige situasie asook julle vooruitsigte.
Alles van die beste vir julle en ek hoop om binnekort weer 'n besoek af te lê om julle vordering waar te neem.
Groete - Anton Louw anton@kampforum.co.za

Ek het.....
Ek het wel opgemerk hier by Tygerberg Karavane staan 'n splinternuwe (ou vorm) Jurgens Exclusive te koop. Tygerberg Karavane het 'n jaar of wat gelede hulle Jurgens-agentskap opgesê en is nou 'n "multi-brand" verkoper van karavane en boswaens.
Dankie Len
So dit se die fabriek begin skouer aan die wiel sit did regtig goeie nuus
Pretoria Woonwa het ook daai…
Pretoria Woonwa het ook daai pad gevat maar met Jurgens wat weer aan die gang is het hulle weer terug gegaan onder Jurgens.
Met my laaste onderhoud het…
Met my laaste onderhoud het hulle duidelik gestel dat hulle oop is om met enigiemand 'n agentskap ooreenkoms te bevestig, geen suurdruiwe nie....
Comet Boksburg
Ek gehoor dat comet in boksburg sy deure dalk gaan toe maak weet julle van so n rumour
Shaun, soos ek verstaan, is…
Shaun, soos ek verstaan, is hulle reeds toe, maar, sal graag wil weet wat is die waarheid. De ouens in Alberton Sunseeker, is glo ook op die af draende pad?
Dit is erg hoe besighede vou
.
Anton, dankie, dit is nou…
Anton, dankie, dit is nou nie goeie nuus nie. Ek was redelik seker van Comet, maar was onseker van Sunseeker.
Our capability to produce…
Our capability to produce and sell the quality products you have become accustomed to....
NE!
Be a jolly site better if there was a commitment to IMPROVING the quality "we" have become acustomed to....
So what are they Saying? Comet & Sunseeker (Alberton) no longer exist? I've been going to those two for years and years.... Caswell @ sunseeker's almost a Legend.....
So Warren ...
I've been going to those two for years and years.... Caswell @ sunseeker's almost a Legend.....
So Warren, jy het vir jare na plekke gegaan wat "bad quality products" verkoop ?
Willem, waren is baie…
Willem, waren is baie hartseer dat Jurgens toe nie bankrot gegaan het nie.
Dalk voel hy nou beter na twee plekke hul deure moes sluit?
Dink ek nou skielik, Warren…
Dink ek nou skielik, Warren het seker nie daar gekoop nie, net gekyk?
Hy koop mos eintlik net op die vuilgoed hope, daar is mos al die kwaliteit produkte!
Haha nice try....
Nope.....
I go there to inspect the what?-quality of the new releases to see if anything has changed..... ![]()
I also keep up with current prices of camping junk so that when I see the same thing at a second hand shop / Gumtree / facebook marketplace / flea-market...... I know what's a bargain or not..
Last thing I bought at Seeker, a couple of weeks ago, was a "shoe-bag"a draw string bag for hiking boots... For 30 bucks, couldent be bothered to look for a cheaper alternative.... At the price not too much of a "quality risk"....![]()
Hy koop mos eintlik net op die vuilgoed hope, daar is mos al die kwaliteit produkte!
For free is the best quality ever....
Dalk voel hy nou beter na twee plekke hul deure moes sluit?
Actually, believe or not, I'm unhappy about Caswell who worked there... A jolly decient fellow indeed
En die hout lepel vir die…
En die hout lepel vir die dag gaan aan........
Warren.😂
Warren laat my nou dink aan…
Warren laat my nou dink aan my Joodse kollega Adam. Hulle was eenkeer by ‘n konferensie waar spektoebroodjies voorgesit is. Toe iemand hom vra wat hy gaan doen sê hy; “This is any Jew’s biggest dilemma. It’s bacon, but it’s free. Bacon...free, bacon...free”. Hy vat toe ‘n broodjie en sê; “Free always wins.”
Net so.....
Warren laat my nou dink aan my Joodse kollega Adam. Hulle was eenkeer by ‘n konferensie waar spektoebroodjies voorgesit is. Toe iemand hom vra wat hy gaan doen sê hy; “This is any Jew’s biggest dilemma. It’s bacon, but it’s free. Bacon...free, bacon...free”. Hy vat toe ‘n broodjie en sê; “Free always wins.”
Presies... AT LAST!!!!!! Someone who "get's" me.....
Wonder waarom dit nou so…
Wonder waarom dit nou so stil is hier?
Ek het so gehoop Jurgens loods 'n "Wen 'n Penta" kompitisie waarvan ek die wenner was😂
Droom maar net.







Enige nuus julle
Enige nuwe nuus julle