Ek wonder hoe maak julle julle grondseile skoon ? Sê ook hoe groot is die seile.

Grondseile wasprosedure
Middag Willem
As julle ouens nou so perfeksionisties is soos ek, dan maak julle so;
1]dra versigtig om nie modder en klippe op matte te mors na die 1ste badkamer
2] week die grondseile vir 3 dae in versagmiddel, spoel water gereeld uit
3] plaas versigtig oor in wasmasjien, en voeg seeppoeier by, so 100gram/vierkante meter en laat was
4] stop die siklus voor die finale uitspoel en voeg Sta Soft by, ongeveer 200ml/vierkante meter
5 spoel tot geen seep uitkom.
6] plaas oor in tuimeldroer, en droog teen 45grade Celsius om uitermate krimp te keer
Ek hoop nie julle glo alles vir soetkoek nie----ek spuit dit bloot skoon met tuinslang.
Groet
Dag sê Willem,
Dag sê Willem, ek was myne sommer so op die plaveisel van my oprit. Spuit seep oor al die kolle, spuit nat met tuinslang en skrop so 'n bietjie met sagte besem. Spuit skoon en los sommer net daar om droogte word. Myne so +- 4 x 5 meter.
Jou manier van was klink baie goed behalwe die swaar optel en oor n tou of draad gooi. Werk nie so lekker as jy alleen is nie. Ek glo die hoë druk spuit sal op die plaveisel ook werk.
Groete
Willem ek gooi myne, 1 van 2…
Willem ek gooi myne, 1 van 2.4 x 6m, en 1 van 5 x 6m op die plaveisel oop, dan spuit ek "All Purpose cleaner" met 'n spuit kannetjie oor die seil, "was" dit met 'n besem en emmer seep water, en daarna spoel ek dit met tuinslang en skoon water. Dit bly so op die plaveisel lê tot dit droog is, na 'n paar minute.
Ek het nou gesien met die…
Ek het nou gesien met die groot een na ek hom getrap en skoon gespuit het was daar nog sand (min) toe ek hom opgevou het.
Ja daai 8m een is nie maklik nie want ek moet hom dubbel vou en dan oor die tou kry wat so 2m bo die grond is.
Water is maar skaars hier in Pretoria en daarom wil ek hom nie net op die plaveisel met die tuinslang af spuit nie.
Het nou gehoor Klaus wat die woonwaens stoom skoon maak was ook die grondseile.
Myne is altwee 2 x 2.5 m …
Myne is altwee 2 x 2.5 m so hulle kan sommer in die wasmasjien gewas word.
Gooi dit oop op die…
Gooi dit oop op die plaveisel, skrop 'n bietjie met 'n besem en waspoeier op dele wat dalk 'n vetkol toon, spuit skoon (weerskante) met hoë-drukspuit en gooi op grasperk oop om droog te word.
Ons gooi die grondseile oop…
Ons gooi die grondseile oop en los dit vir n ruk. Skud dan al die grond en ergste stof uit, vou op en bere vir volgende gebruik.
Skud dan al die grond en…
Skud dan al die grond en ergste stof uit, vou op en bere vir volgende gebruik.
My benadering ook. Dis grondseile so hulle gaan net volgende keer weer stof optel.
My benadering ook. Dis…
My benadering ook. Dis grondseile so hulle gaan net volgende keer weer stof optel.
Klink vir my alteveel van n modder spul om daai seile nat te maak en nog te was ook.
Ek skat die manne met soolvratte was hulle seile so verwoed of die wat loop en brannas mors...
Ek het 'n ou sinkbad wat ek…
Ek het 'n ou sinkbad wat ek gebruik. Sit die grondseil daarin met water en voeg dan so 'n halwe koppie BXM by trap dit so 'n bietjie en laat staan vir 2 dae. Dan trap ek dit met my voete en spoel dit dan 2 keer met skoon water. Ek hang dit sommer oor die sykantse grens muur om droog te word. Dit is 'n 6x4 grondseil as ek reg raai
Ons gooi die grondseile oop…
Ons gooi die grondseile oop en los dit vir n ruk. Skud dan al die grond en ergste stof uit, vou op en bere vir volgende gebruik.
My benadering ook. Dis grondseile so hulle gaan net volgende keer weer stof optel.
Kamp vir 3 maande in Eiland Spa se stof, voorafgegaan met 'n maand en 'n half in die wildtuin - dan praat ons weer.
Soos Lappies
Soos Lappies, was ek myne op die plaveisel en laat dit daar tot dit droog is. (Ek gebruik reënwater uit my reënwatertenk).
Grondseil was
Ek was dit ook nie elke keer nie. Maar dié Desember kamp ons op 'n geplaveide staanplek daarom wil ek die meeste grond uit kry. My delema is seker die 8m seile wat ek gebruik maar gelukkig doen ek fit nie na elke kamp nie.
Ek dink so 210L drom wat kan draai soos 'n sement menger sal die antwoord wees. Ek dink nou aan die baie ouens wat nie die spasie het nie, kan dit dalk 'n besigheids opsie wees ? Of vir die lui gatte
.
Nou kry ek bietjie skaam,…
Nou kry ek bietjie skaam, moet ek regtig my grondseil was?
Die manne wat hul…
Die manne wat hul grondseille in die wasmasjiene sit, weet julle wyfies daarvan? Myne sal n drie dubbelle moervloer gooi as sy dit sien.
Kamp vir 3 maande in Eiland…
Kamp vir 3 maande in Eiland Spa se stof, voorafgegaan met 'n maand en 'n half in die wildtuin
Ek sal julle almal se grondseile was vir so vakansie!
Ek huur ñ betonmenger. Gooi…
Ek huur ñ betonmenger. Gooi die grondseil in met water en seep.
Laat die menger vir ń uur of so loop.
Gooi die water uit gooi skoon water in en laat weer ń uur loop. Herhaal die proses so vyf keer en siedaar seile pragtig skoon!
Dan skrik ek wakker en gaan koop maar nuwe grondseile.
Oom Arie, ek verstaan nie,…
Oom Arie, ek verstaan nie, wanneur het oom begin masjiene huur om tannie Petra se werk te doen?
Skerp Gees😂😂 Oom Arie, ek…
Skerp Gees😂😂
Oom Arie, ek verstaan nie, wanneur het oom begin masjiene huur om tannie Petra se werk te doen?





Grondseile Skoonmaak
Ek het 3 wat ek gebruik met die lang voltent kamp. 3 v 8m, 2.4 x 8m en dan dink ek 6 x 2.4m .
Ek het 'n redelike plastiek bad wat ek vol warm seep water maak en dan een-een daar in lê vir so 3 dae. Dan sukkel ek om daai groot seil oor 'n tou wat ek gespan het te hang sodat ek hom met die hoë druk verder skoon spuit. Los hom dan tot hy droog is en vou hom op.