Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -8 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -8 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -8 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -8 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -9 hours ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Goeie Hout -9 hours ago

November 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink. 

Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 22/11/2019 - 09:44

Goeie môre al die ouens wat so aan hulle waens torring en ook goeie môre ons ou klompie wat maar tuis-gebonde is  -  ook goeie môre aan die oupas wat hulle kleinkinders so bederf en ook goeie môre aan ons annerhelftes wat omtrent nooit hier gesels nie.

Ek hou my (onder andere) besig om al die chaotiese en verstommende dinge wat in Suid-Afrika afspeel, dop te hou  -  dis die een riller na die ander !  So tussenin karring ek ook maar hier in en om die huis rond, maar steeds baie dankbaar vir al my daaglikse seëninge.

Anton, hoe kom jy in Bulawayo uit  - is daar 'n direkte vlug tot daar of moet jy eers Harare toe ?  Mag ek vra, watter redery het jy gekies ?

0
Centurion

Dusty

Fri, 22/11/2019 - 19:56

Goeie naand. 

Het laat vanmiddag weer so 'n buitjie reën gekry. Ek is bly oor elke mm wat ons kry. Glo dat die damme ook effens voller is.

Vanoggend ry ADT oor 'n rooi verkeerslig reg voor 'n motorfiets. Gelukkig het die fietsryer nie baie seer gekry nie. Dit het reg voor my skoondogter gebeur. Sy was net agter die motorfiets gewees. 'n Mens moet deesdae so versigtig, wees op die pad.

Lekker aand en, naweek vir elkeen

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 23/11/2019 - 05:41

Hallo almal!   Hallo Stoffel - ja ek het myself gistermiddag teen die reen vasgeloop toe ek gaan fietsry het en daar by Laudium to kry ek te doen met harde reen en sterk wind.  Teen die tyd wat ek teruggekom het in Clubview was die reen verby.

Geniet julle dag, hier by ons is dit vandag weer kinder partytjie by 'n maatjie smiley

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 24/11/2019 - 04:21

Die koffie loop soos stroop lekke gereen in petrol dorp geniet jou sondag voluit vrede

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 24/11/2019 - 06:49

Goeie môre kampforum, geniet jul Sondag voluit.

Ons het 64mm reen gehad gister, ek sukkel met die skoon vars lug, nie meer gewoond aan skoon lug hier in die Vuil 3hoek nie😂

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 25/11/2019 - 06:43

Goeiemôre mense!   Dit voel na 'n heerlike dag wat op ons wag.  Geniet hom!

Laaste week van skool vir die kinders en dan moet hulle besig gehou word vir 'n hele maand surprise

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 25/11/2019 - 07:26

Wag nog vir Jurgens om my te laatweet wanneer ek my wa moet gaan haal.  Hoopnie dit gaan 'n moerse verrassing wees soos by Villiers nie.  Die Territory joet ook ge-asseseer word vandag.

Geniet jou Maandag voluit in vrede.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 25/11/2019 - 13:27

Wag, laat ek darem vir 'n slag weer kom groet hier!    Lyk of dit goed gaan met almal en die forum gaan mooi aan.

Dusty, ek het ook altyd so in die vroeë oggendure wakker geword, dan kan ek nie weer slaap nie.  My dokter het vir my 'n pilletjie voorgeskryf daarvoor.  Sandoz-Mirtazapin.   Drink net een in die aand, dit is nie 'n slaappil nie en glo nie verslawend nie.   Dit werk vir my, ek slaap deesdae tot 7/8 uur in die oggend.   Ek vermoed dit het meer 'n kalmerende effek en vat die angstigheid in jou onderbewussyn weg oor die vroeg wakker word.

Nouja, so is ek al besig met voorbereidings vir Kersfees.  Die kinders van die Kaap kom kuier vir 'n week.  Ek lê al slaaie in en vries gaar gekookte disse.   Mense, kos het darem nou vrek duur geword.   Mens moet behoorlik mooi dink oor jou spyskaart.   Maar kom Kersfees dan kom die tafels wat kreun onder al die kos. Nee wat, ons moet begin besin daaroor. 

Ek courier ook vandag my dokumente vir die visum na New Zealand.   Wat 'n gedoente!!   Al wat hulle nie oor vra nie is tent opslaan!

Die weer is nou so lekker in die Baai.  Ek moet erken ek verlang baie na 'n kamp.   Ek dink gereeld daaraan, mis die karavaan.

Lekker dag vir almal.   Hou die blinkkant bo!

0
Centurion

Dusty

Mon, 25/11/2019 - 13:49

so in die vroeë oggendure wakker geword

Antie, dit is nie wakker word nie, ek kon eenvoudig nie aan die slaap raak nie. Alta het om 12:00 vir haar iets gaan maak om te drink.

Ek het iets by die dr gekry maar dit laat my weer te veel en te lank slaap. Dan is ek moeg wanneer ek wakker is so deur die dag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus