Goeie môre mede forumiete.
Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink.
Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal.
Goeie naand. Het laat…
Goeie naand.
Het laat vanmiddag weer so 'n buitjie reën gekry. Ek is bly oor elke mm wat ons kry. Glo dat die damme ook effens voller is.
Vanoggend ry ADT oor 'n rooi verkeerslig reg voor 'n motorfiets. Gelukkig het die fietsryer nie baie seer gekry nie. Dit het reg voor my skoondogter gebeur. Sy was net agter die motorfiets gewees. 'n Mens moet deesdae so versigtig, wees op die pad.
Lekker aand en, naweek vir elkeen
Goeie môre mede forumiete. …
Goeie môre mede forumiete.
Mag elkeen 'n wonderlike Saterdag geniet.
Hallo almal! Hallo Stoffel…
Hallo almal! Hallo Stoffel - ja ek het myself gistermiddag teen die reen vasgeloop toe ek gaan fietsry het en daar by Laudium to kry ek te doen met harde reen en sterk wind. Teen die tyd wat ek teruggekom het in Clubview was die reen verby.
Geniet julle dag, hier by ons is dit vandag weer kinder partytjie by 'n maatjie ![]()
Goeie môre forum, geniet jul…
Goeie môre forum, geniet jul dag.
Ek sien die noordelike dele van Kruger kry goeie reen.
More julle
Die koffie loop soos stroop lekke gereen in petrol dorp geniet jou sondag voluit vrede
Goeie môre Shaun en ook die…
Goeie môre Shaun en ook die res.
Hier ook gisteraand lekker gereën.
Mag elkeen 'n rustige Sondag geniet.
Goeie môre kampforum, geniet…
Goeie môre kampforum, geniet jul Sondag voluit.
Ons het 64mm reen gehad gister, ek sukkel met die skoon vars lug, nie meer gewoond aan skoon lug hier in die Vuil 3hoek nie😂
Môre sê Kampforum
Moetnog gaan kyk wat is in die meter.
Geniet jou Sondag voluit in vrede.
Goeie môre. Daai mannetjie…
Goeie môre.
Daai mannetjie wat die sand gooi bly van my af weg. Sukkel om te slaap.
Lekker dag vir elkeen
Sien vanoggend oppad kantoor…
Sien vanoggend oppad kantoor toe dat daar minder voertuie op die pad is. Ek dink dat dit elke dag nou stiller sal word
Goeiemôre mense! Dit voel…
Goeiemôre mense! Dit voel na 'n heerlike dag wat op ons wag. Geniet hom!
Laaste week van skool vir die kinders en dan moet hulle besig gehou word vir 'n hele maand ![]()
Môre sê Kampforum
Wag nog vir Jurgens om my te laatweet wanneer ek my wa moet gaan haal. Hoopnie dit gaan 'n moerse verrassing wees soos by Villiers nie. Die Territory joet ook ge-asseseer word vandag.
Geniet jou Maandag voluit in vrede.
Goeiemiddag
Wag, laat ek darem vir 'n slag weer kom groet hier! Lyk of dit goed gaan met almal en die forum gaan mooi aan.
Dusty, ek het ook altyd so in die vroeë oggendure wakker geword, dan kan ek nie weer slaap nie. My dokter het vir my 'n pilletjie voorgeskryf daarvoor. Sandoz-Mirtazapin. Drink net een in die aand, dit is nie 'n slaappil nie en glo nie verslawend nie. Dit werk vir my, ek slaap deesdae tot 7/8 uur in die oggend. Ek vermoed dit het meer 'n kalmerende effek en vat die angstigheid in jou onderbewussyn weg oor die vroeg wakker word.
Nouja, so is ek al besig met voorbereidings vir Kersfees. Die kinders van die Kaap kom kuier vir 'n week. Ek lê al slaaie in en vries gaar gekookte disse. Mense, kos het darem nou vrek duur geword. Mens moet behoorlik mooi dink oor jou spyskaart. Maar kom Kersfees dan kom die tafels wat kreun onder al die kos. Nee wat, ons moet begin besin daaroor.
Ek courier ook vandag my dokumente vir die visum na New Zealand. Wat 'n gedoente!! Al wat hulle nie oor vra nie is tent opslaan!
Die weer is nou so lekker in die Baai. Ek moet erken ek verlang baie na 'n kamp. Ek dink gereeld daaraan, mis die karavaan.
Lekker dag vir almal. Hou die blinkkant bo!
so in die vroeë oggendure…
so in die vroeë oggendure wakker geword
Antie, dit is nie wakker word nie, ek kon eenvoudig nie aan die slaap raak nie. Alta het om 12:00 vir haar iets gaan maak om te drink.
Ek het iets by die dr gekry maar dit laat my weer te veel en te lank slaap. Dan is ek moeg wanneer ek wakker is so deur die dag.
Naand Freda, dit is lekker…
Naand Freda, dit is lekker om weer van jou kant af iets te lees. Stetjte met daai onttrekkingsmanangieters (spelling) simtome👍





GM
Goeie môre al die ouens wat so aan hulle waens torring en ook goeie môre ons ou klompie wat maar tuis-gebonde is - ook goeie môre aan die oupas wat hulle kleinkinders so bederf en ook goeie môre aan ons annerhelftes wat omtrent nooit hier gesels nie.
Ek hou my (onder andere) besig om al die chaotiese en verstommende dinge wat in Suid-Afrika afspeel, dop te hou - dis die een riller na die ander ! So tussenin karring ek ook maar hier in en om die huis rond, maar steeds baie dankbaar vir al my daaglikse seëninge.
Anton, hoe kom jy in Bulawayo uit - is daar 'n direkte vlug tot daar of moet jy eers Harare toe ? Mag ek vra, watter redery het jy gekies ?