Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -2 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -13 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -17 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Paasnaweek

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Paasnaweek is 'n slapie of twee weg.   Wie gaan kamp en waar is die trek heen?   Of wie bly eerder by die huis?

Ons is by Cannon Rocks en verstaan hier gaan net so 20 karavane/tente wees.  Hier is omtrent 90 staanplekke.   Vriende van ons kom met 2 karavane vir die naweek.

My seun en sy familie kom Sondag kuier om my kleinseun se verjaarsdag by Ouma te kom vier.  Hul bestelling vir middagete, Ma se boerekos.  So, dis skaapboud in die weber, gebraaide aartappels, rys, pampoen en groenbone.   Ons het nou die dag R118 betaal vir 4 groot skouertjops (R160 per kg)  en hou toe asem op vir wat 'n groot skaapboud gaan kos.  Toe heel verbaas toe ons by die slaghuis 'n 2kg boud kry vir R270.   

Die weervoorspelling sê ons gaan baie reën kry die naweek, veral Saterdag.  Ons sal maar sien of dit gaan gebeur want die voorspellings was nie juis akkuraat vir ons die afgelope maande nie.

Ek hoop almal het 'n baie aangename Paasnaweek.   Die wat op die pad gaan wees, reis veilig.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 12/04/2017 - 10:57

Ons is hier by De Voetpadkloof. Vriende kom môre vir die Paasnaweek. Vir die naweek 'n Mosselpot en moontlik ook 'n Skaapboutpot.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 12/04/2017 - 11:18

Bly maar by die huis, maar ons huis nou by Manzi Maningi.

Wat n leker plek! Ons geniet dit gate uit. Wel nogal heelwat drama en sports gehad, maar is gelukig nou amper verby, dis die wat ons sobrekie gevat het en ver gaan wegkruip het!

Dogter en skonerige seun met hul drie kinders kom die Paas naweek kuier, sien baie uit daarna!

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 12/04/2017 - 12:10

Ons bly ook maar by die huis. Het baie werk om klaar te maak voor en die laaste naweek in April gaan kamp.

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 12/04/2017 - 12:41

Ons doen ook maar die tuinroete die  langnaweke en die een tussenin, en die 5de Mei begin ons pak vir 2 weke plus wegbreek na Glentana, (alternatiewe verblyf)!!, dalkies 3 weke, afhangende van  omstandighede. 

So behalwe vir Vrydag (en die Sondae), werk ons ook maar, en loop rond in die tuin!!!

Daarna sal dit LANNNNGGG skof wees na Septembermaand voor ons weer kans gaan kry vir weggaan, AS Ma sal kan sit in kar na die beplande rugoperasie die 1ste Junie.

0

Gaan ook hierdie keer by die huis bly. Beide my dogters kom vir ons kuier en ons gaan 'n fees hê. Die een kom van die Kaap af en die ander een ry more 10h00 vanaf Aggeneys. Beide dogters sing ook pragtig met die gevolg dat daar hierdie naweek musiek gemaak gaan word.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 13/04/2017 - 06:59

Ons gaan na ons kaia by Constantia. Is gelukkig genoeg om seun en kleinseun saam daar te kan hê. Eerste vakansie saam kleinseun vandat ek oupa geword het.Kleinseun Alex

0
Kloofendal
Profile picture for user Andries Pretorius

Andries Pretorius

Thu, 13/04/2017 - 07:10

Ons het pas teruggekom na meer as 'n maand innie Kaap (hoofsaaklik Hartenbos) en in Mei gaan ons weer vir 'n maand  Engeland toe om vir die kinners en kleinkinnes te gaan kuier. 

Ons bly dus maar Paasnaweek by die huis. Ons is in alle geval so gewoond daaraan om buite seisoen te kamp, dat enige spitstyd kamp geen aantrekkingskrag het nie. Ons onderwerp ons  glad nie vrywillig aan  skopfietsies om 06:00 nie.

0

Dylan, dit hang van persoon tot persoon af, party ouens is vrek bang vir grondpad ander weet hoe om te ry.

Baie mense het my ten sterkste afgeraai om hierheen te kom, die een ou ry 'n Pajero en het nie eers tot hier gekom toe hy omdraai nie. Hy het solo gery om te kom kyk, en my vertel hy sal sy Pajero breek op die pad.

Ek het die karavaan tot hier gesleep met geen skade nie, en dit was net na 'n so jong wolkbreuk.

Ja moes plek plek deur so 300mm water ry, maar dit is beslis nie off road nie!! Baie ouens het my vertel dit is 'n off road roete om hier te kom??

Ons het besluit om maar te kom, as die Penta dan uit mekaar val dan is dit maar so, maar soos genoem niks skade nie, nie eers 'n kas wat oopgegaan het nie.

Glad nie spyt ons het gekom nie, teen R1500 per maand is dit vir my 'n moewiese bargain, stil rustig, so bietjie wild wat hier rond loop en dan natuurlik die mooi bosveld! Groterige onderdak warmwater swembad, baie mooi "rock art"buite swembad, baie mooi speelpark vir die kinders, en dan die groot ding - stil en rustig!!

Ons sal beslis weer kom.

O ja die pad is intussen geskraap na al die reen en is nou eintlik nogals heel mooi, bietjie sinkplaat plek plek, maar niks ernstig nie!

Ek wil nooit iemand aanbeveel na 'n plek toe nie, elek ou het sy eie idee en my smaak is beslis nie almal se smaak nie. Baie mense het 'n manie oor sekuriteit, hier kan mens nogal eensaam wees en diep in die bos, niemand sal weet as hulle ons wegdra nie, vir ons is die mooi meer werd as die sogenaamde "sekuriteit"wat ek meestal maar met 'n sak sout neem. weereens elke ou se siening oor sekuriteit is anders, baie mense glo aan soekligte om hul kamp vir sekuriteit, ons weer hou van totale donkerte, dan slaap ek lekker.

So ja ons is mal oor die plek, maar jy moet self besluit, wil nie he as jou wa breek of jy word beroof hier [het nou onlangs twee gevalle gehad waar mense hier beroof is, snaaks genoeg al twee van hulle se kampe is helder verlig?] dat jy se ek het die plek aanbeveel nie?

0

Danie, sorry man sien nou eers die inskrywing!

Ek neem aan dit is ivm die yskas storie? Dankie vir die aanbod, maar ons is doodreg, nuwe yskas in en werk soos 'n bom, almal wat kom kyk het se dit is baie mooi en profesioneel gedoen, en dit hier in die bos met omtren geen tools nie.

Amper soos die nuwe as wat ons ingesit het laasjaar in Richards Baai, nie eers my tent afgehaal nie, net penne losgemaak en toue geskiet, die wa opgelig op bokkies gesit en die nuwe as ingeskuif, 3 ure later was alles klaar.

moet se ek sit liewer weer 'n nuwe as in as om al die houtwerk re verander om 'n ander groote yskas te maak pas.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus