Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Double cheese burger November 2026 Geert -3 hours ago
30% November 2026 Geert -10 hours ago
see water November 2026 Geert -10 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -18 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago

Desember 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Die laaste maand van 2019 het aan gebreek. Hierdie jaar het vinnig verby gevlieg.

Ons het meestal goeie tye beleef. Mag elkeen 'n rustige Sondag geniet. 

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 06/12/2019 - 07:54

Môre. Wind waai weer als plat hier, sweetcorn, pampoene, ai tog ek kla by ouma  dat ons  maar liefs net hoendertjies aanhou. Vanoggend saam die kleidogters Krokodilplaas toe, Croc diving is op my, maar dink nie daar gaan takers wees nie. Mooi dag vir ieder en almal.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 06/12/2019 - 08:03

Goeiemôre mense, of soos Neef sê "al julle verlepte ou maters" laugh

Hier by ons is dit lekker koud.   Flappie ons jong worsie suffer vreeslik en poef skelmpies in die huis want hy hou nie van die koue en nat gras nie.    Die reën het nou afgeneem en ek het vanoggend 20mm uitgegooi, maar dit lyk of daar dalk nog oppad is.  Dit voel soos 'n Kaapse winter hier en dit maak my lus om die rugsak te pak en die berge in te vaar - enigste probleem is dat daar nie berge hier is nie. smiley

Ek sal maar later vandag my Grondpad fiets opsaal en 'n draai gaan trap en bietjie nat word.

Geniet julle dag!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 06/12/2019 - 08:52

Ford is gePAK.  Wag nou eers vir Surette, sy moet bank toe want een-of-ander Uber het mal gegaan op haar rekening gister, so R2,000 +.

Geniet jou Vrydag voluit in vrede.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 06/12/2019 - 11:19

.... 'n bietjie vir hierdie 'stupid' vent wat die terme 'croc diving' en 'takers' beteken. 

Croc diving is op my, maar dink nie daar gaan takers wees nie

As alles volgens plan verloop, gaan wys ek vir my kleindogter uit Roemenië ook op 11 Januarie die krokodilplaas daar buite Veldskoendorp. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 06/12/2019 - 16:11

Chris, hulle doen Krokodilduik soos in Haaiduik, en "takers" is net neef wat sleg skryf, moet wees, belangstellendes. Ons kom nou net terug, en daar was toe wat geduik het, of eintlik net in die kas gestaan het wat met n kontrepsie in die Krokodilpoel gedompel word. Stukkies vleis word naby die kas gegooi, en dan skrik die duikers....

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 06/12/2019 - 18:35

... ek sal maar die krokodille van buite hul blyplek bekyk. Maar dankie vir die verduideliking.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 07/12/2019 - 04:11

More almal lekke dag vir koffie en pannekoek dit wat jy doen geniet dit vrede

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 07/12/2019 - 08:42

Amuer middag Antonwink

Ek het vanoggend 7mm uit gegooi, is nou al verby verlede jaar se seisoen tot datum👍

Verlede jaar 160mm

Die jaar 242 mm.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 07/12/2019 - 09:09

Goeie môre Kampforum-maters en die Kampforum-geoloë/wetenskaplikes onder ons !

Ons skroei hieronder in die Kaap die afgelope klompie dae en lyk vir my nog ook die klompie komende dae.  En dan verdra ons maar die suidoos sodat julle daarbo darem lekker reën kan kry.

Ek sien Pretoria verwissel darem vinnig van burgemeester en speaker en as jy die speaker is, moet jy jou sit ken want die EFF pluk sommer jou stoel onder jou uit !

En asof die politieke gebeure in die land (en die wêreld) nie erg genoeg is nie, verwar my kampmaters my met gesprekke oor ginekoloë of is dit nou geoloë  -  maak ook nie saak nie, albei werk in grotte !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 08/12/2019 - 10:30

Ons was laat met Surette se gespartel by die bank.  Eers 15:00 hier gekom, kon darm opslaan voor dit weer begin reën het.  Die sein is swak by die staanplek, sit nou hier by die swembad met free WiFi en opvang.

Geniet jou Sondag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 09/12/2019 - 04:16

Goeie môre almal. 

Weer lekker gereën deur die nag. Ek het so 4 neerslae gehoor wat geval het en dit was harde reën. Gaan nou die nat pad kantoor toe aan at.

Lekker dag en week vir elkeen 

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 09/12/2019 - 04:58

More Stoffel.

Lekker nat hier in V-Town.

Ek is al gatvol vir die krag onderbreekings hier in ons buurt. Seker 5 n dag, elke dag. Dit is nie loadshedding nie. Duur plus minus n uur elke keer. Dit gaan nou al vir maande so aan. Het al so baie elektroniese goed verloor. Dit "trip" dan gaan sit hulle maar net weer aan. Hulle soek nie vir die oorsaak van die probleem nie.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 09/12/2019 - 06:31

Goeie môre Stoffel, Harry, en ander wat nog gaan kom in loer, geniet jul dag.

Liewe ouers Harry, gaan oor na solar back up, of baie groot ups, of dalk selfs van die grit af,. Dit maak mens se bloed kook sulke patetiese dienste,  waarvoor jy betaal, maar nie ontvang nie. Geen wonder die ander mense staan saam en toy-toy nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus