Net vir interesantheid, ek het my Silwer seil op sy eie verstelbare pote op gestel, dit help baie vir die trek van lug tussen die tent dak en die sel self.
Nou gebruik ons nie meer die pool noodles vir daai doel nie.

Johan, ek glo dit maak 'n…
Johan, ek glo dit maak 'n verskil, want daar is nou beter ventilasie.
Die hoof rede was ook maar om vir die koelte, of droog as dit reen, te werk, nou word niks nat nie as ek op slaan of pak op in koelte "come rain or snow"?
So span DK sy silwer seil…
So span DK sy silwer seil net teleskopiese verf stokke,

Verf roller extensies
Ek gebruik dié pyppe ook om die kantseile en die wielcover seile deur die reklussies te ryg en vas te slaan. Dit verhoed dat ongewenste viervoetige gediertes die tent binne dring.
Johan, goeie idee daai om…
Johan, goeie idee daai om die pyp deur die draft skirt te voer, en ook deur die sy- en voor panele.
Dit gaan baie ape uit hou.??
Silwer Seil
Ek stem saam, dit help om die silver seil te lig.

Al die pale vir die silver seil is verstelbaar.
Al probleem wat ek met Camp…
Al probleem wat ek met Camp World se goed is hulle maak nie volgens my mates nie.
Dankie vir waarskuwing
Thanks Willem ek hoor jou ek sal my huiswerk goed moet doen of seil laat maak
Ek het sketse vir ons…
Ek het sketse vir ons Exclusive, Dieter Lubbe op die CP forum het vir hom een laat maak volgens my mates.
Ek moet nog vir my een laat maak by SA Shade.




Hoeveel grade Celsius…
Hoeveel grade Celsius verskil maak so seil? Ek oorweeg dit om die stormseil van my Kavango met so silwer seil te vervang. Dis natuurlik as die silwer seil waterdig is ook en beide doele (van stormseil en insulasie) kan dien.
Omdat die Kavango ‘n sonpaneel op die dak het, gaan dit in die son moet staan by kampeerplekke sonder elektrisiteit. Die karavaangedeelte is egter koeler as die tent voor op. Ek sal dus kan doen met beter insulasie vir die tent sodat ek ook ‘n middagslapie kan geniet.
Die stormseil is in blou omkring hier onder.

Kavango silwerseil
Middag Chris
Dink eerder daaraan om 'n silwerseil oor jou stormseil en tentdak te span.
As jy die stormseil, wat vasmaak aan jou tentdak, gaan vervang met silwerseil, kan jy sterkte inboet. Ek sal nie my tentdak aan flimsy silwerseil wil vassit nie.
Groete
Hallo Chris, ek neig om saam…
Hallo Chris, ek neig om saam met Wessel te stem wat die sterkte van seil betref.
Jy kry wel vandag se dae baie goeie kwaliteit silwer seil, maar ek kan nie dink dat dit by die regte ding gaan kom kers vas hou nie.
Hoop maar Willem Brits, en ander ouens met kennis lees hier raak, Willem het goeie kennis van vervaardiger van silwer seile in Pretoria iewers.
My voorstel sou wees, kry vir jou 'n apparte silwer seil wat jy bo oor jou tent span, so min of meer 50mm plus tussen dak en seil. (Jy soek mos 'n ventilasie spasie tussen die dak en seil)
Ek het al gehoor van mense wat noem dat hulle meer as 5°C verskil meet by mense langs hulle sonder die seil?
Dankie vir die raad julle…
Dankie vir die raad julle. Nou moet ek uitwerk hoe ek die silwer seil gaan staanmaak oor helfte van my karavaan en steeds die nodige ruimte laat tussen die seil en wat onder dit staan.






Johann ja, sou jy se dit…
Johann ja, sou jy se dit maak n verskil teenoor dít en/of direk op die tent. Maak makliker vas,
Myne le sommer oppie tent, help beslis, as ek na my statistieke kyk waar ons hom gebruik het.