Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hael November 2026 Geert -13 minutes ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -34 minutes ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -10 hours ago
30% November 2026 Geert -17 hours ago

Desember 2019 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Die laaste maand van 2019 het aan gebreek. Hierdie jaar het vinnig verby gevlieg.

Ons het meestal goeie tye beleef. Mag elkeen 'n rustige Sondag geniet. 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 09/12/2019 - 06:58

Goeiemôre almal!  'n Nuwe week het aangebreek en dit reën nogsteeds en al amper 'n hele week sonder ophou!

Julle moet die dag geniet en soet wees!

Groete smiley

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 09/12/2019 - 10:39

Nou ja, hier is dit ook nat en reën van ons hier gekom het Vrydag.

Merk gister die badkamer is sop nat, het by die stort oop gemaak maar dit lyk stowerig daar so dit kom nie van daar nie.  Surette se klein haardroër loop nonstop om te hoop ek kry dit uitgedroog voor enige hout swel.

Geniet jou Maandag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 10/12/2019 - 03:17

Goeie môre almal. 

Dit reën nog steeds hier by ons. Ons beleef nou 'n lang beurt krag. Dit is vanaf 21h00 af en is nog steeds af. 

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 10/12/2019 - 06:44

Goeiemôre!   Ja Stoffel, dit reën nogsteeds sonder ophou!    Ek is bevrees dat die vloede weer vandag sal voortduur hier in Centurion en omgewing - dalk nog erger as gister?

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 10/12/2019 - 09:10

Goeie môre !

Dis vandag windstil hier by ons, die suidoos het gaan rus  -  dus julle valies se baie reën behoort eersdaags deur sonskyn vervang te word.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 10/12/2019 - 10:40

Hier het dit ook rof gereën deur die nag.

Wijan se kamer het ook water gekry, sal maar by Jurgens hoor of hulle sal help.

.

.

Dit is aan altwee kante.  Het die dak gelig want gister het hy water bakke gemaak.

Hoor ons kan van môre af son sien.  4 Nagte van reën is nie so lekker nie.

Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 11/12/2019 - 00:54

So tussen welkome reen en loadshit skink daai koffie waar jy ook al is en geniet vrede

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 11/12/2019 - 08:49

Goeiemôre mense.  Lyk vir my die reën is vir nou verby en die son is uit, so nou kan die wasgoed weer droog word en die worsie kan buite op die gras poef.

Geniet julle dag! smiley

0

Nog drie dae oor van werk vir die jaar dan is ek op verlof!!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 11/12/2019 - 11:28

Dit is wonderlik om weer die son te sien.  Nou weet ek hoekom is ek nie van plan om oorsee te gaan bly nie want daar sien jy maar min son en ek is baie lief vir die son.

Geniet jou Woensdag voluit in vrede.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 12/12/2019 - 04:18

Goeie môre almal.

Tee is gemaak en koffie is aan die gang. Wie drink vanoggend saam?

Die pad begin nou stiller raak in die oggende.

Lekker dag vir elkeen

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 13/12/2019 - 04:20

Goeie môre almal.

Tee is gemaak en koffie is amper reg.

My laaste werksdag vir die jaar.

Mag elkeen 'n lekker dag en naweek geniet. die wat op reis gaan wees ry veilig en versigtig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus