Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 seconds ago
Maurits Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -1 hour ago
Veilig tuis ??? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -4 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

Hier is die fb skakel.

 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 10/12/2019 - 10:24

10 Desember 2019
Lankstaanstraat 1928
Steynsrus.  

Dagsê vriende,
   Dit is met genoeë dat ek hierdie brief aan jul rig. Ek vertrou dat dit goed gaan met almal.
   Onthou ek wil jul iets vra.
    Kom ons sit ons gedagtes in trurat,vir die meeste van ons,my ingesluit tot voor my geboorte.
    Vir die ouens wat meer hou van rewind,druk daai knoppie.
     Nou die dag maak iemand op my plasing op n kampgroep die opmerking en wys my daarop dat ek iets verkeerd gespel het, ek maak dit dadelik reg,vra verskoning,en vra ook of ek my verwysing na "google" in die plasing moet verander na "soektog". Hy merk op dat dit hom baie bly sal maak.
   Terwyl die ou tape terug gaan na 1928,wil ek solank dan aan Google (Soektog) krediet gee vir die Brylcreem skerm foto.Die ander een is my eie.
      Daar is hy nou,Stop en Play.1928 by County Chemicals, Birmingham in Engeland, begin hul Brylcreem maak en verkoop. 
    Het daai goed nou gemaak dat die vrouens se knieë lam raak in die Ducktail tyd in die vyftiger jare.
     Ek dink hier behoort n paar ouens te lees wat hul hare so gedra het.Plastiek kam in die gatsak of in die kous.
    Man was jy darem nou in n ander klas as jy n aluminium kam gehad het in my jare.
     Lekker windgat sou die ouens,so arm op die venster by hul motors se venster uithang,al kouende aan chewing gum (uitgespreek cwiengum) 
    Was n roadhouse nou vir jou n gewilde plek daai tyd.Daar is baie tyd spandeer.n Milkshake het net anders geproe na n vrysoen daar in die motortjie.
   Daai skinkbordjie moes sy staan ken waar hy so wydsbeen aan die venster  gehang het.
   Rondom payday was hy vol,middel van die maand dalk net iets om te drink.
   Dan het die Chefs, Fords,Zodiacs,alle make en modelle hul whitewall tyres daar kom staanmaak.
     Na n inryfliek het die manne en hul girls die aand daar kom afsluit.
     Ons het gister gepraat van modes en haarstyle en dat ek nie lief is vir malls nie.
    Net môre gaan ek poskantoor toe,ek gaan vir n paar winkels telegramme stuur,ek wil weet of hul vir my Brylcreem,safaripakke en bellbottom broeke het.Dit is nou as ek voor by die toonbank kan uitkom.
     Miskien moet ek eers bel om uit te vind hoe besig hul is,dit is nou as die sentrale my sal deursit as hulle nie te besig is met hul "Goeie môre,nommer asseblief" nie. 
    Die lyne is ook so besig deesdae,jy sal n hele kardoes sweets opeet voor jy n lyn kry.
   Ek moet sommer terwyl ek in die dorp is by ou Whity die haarkapper n draai maak en my hare laat kap,ek wonder nou nog hoekom haarsnyers hul skêrre so laat,clip,clip,clip,clip het as hul hom weggevat het van jou kop af. Dink jul dit was maar net vir die show.
  Aan die stoele het so lang leerbeld gehang. Met lang hale het hul,hul skeermes met sy ivoor hef se lem oor hom skerp gemaak,en dan die lang nekhare met hom kort gesny.
    Met n poeierkwas die los hare af gevee.Jy kon kies,Brylcreem of haarolie,met dit ingevryf en jou hare gekam is jy klaar. 
     Met die uitskud klap van die doek,wat oor jou gegooi was sou hy sê, "volgende" en jou shieling in die blik laat val.
    Maar eintlik het ek die brief vir jul geskryf en gepos om jul iets te vra.
   Die vrou sê ek moet weer die kar aan die gang kry,sy wil weer vir oulaas see toe.(foto in koevert) 
  Het een van julle nie vir my n plan met die boom nie?
    Groete,
      Jors.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 11/12/2019 - 11:11

Môre vriende,
      Vanoggend praat ons besigheid.Nou nie vir jouself nie,vir iemand  anders.Meer spesifiek,vir jou dokter en vir jou apteker.
   Op ons ouderdom is ons mos op pyne en skete ingestel.
     Boer omtrent by die dokters en die apteke.
     Party ouens het n permanente afspraak op n sekere dag by die dokter.Of amper so iets. 
    Ek weet nie van julle nie,maar in my geval sit ek met n rug wat my met tye opkeil.
     Party dae is hy gaaf, ander dae minder gaaf.Dit hang net af wat ek die vorige dag aangevang het.
     Dit is so asof hy vashak.Een oggend loop hy soos n horlosie,te lekker.
     Staan jy die volgende oggend op dan hak hy op kwart oor twaalf vas.Daai dag neuk jy die heel tyd regs,dit voel op so dag ook sommer of jou politiek ook regs is.Die regste party is dan vir jou nog te links. 
   Die volgende dag hak hy op kwart voor twaalf vas,nou neuk jy weer links.
    As jou linker oog die swakste van die twee is moet jy nou baie versigtig wees, jy bly oor goed links van jou val.
    Hy trek jou wheel alignment heeltyd links.
    Maar ou broer,hak hy op twaalfuur vas het jy moeilikheid.Links en regs was nog OK,jy kan mos nie te ver sywaarts oorhel nie.
    Maar op twaalfuur het jy moeilikheid.Nou loop jy so vooroor.Jou kop bly jou vooruit gaan.Jou bene sukkel om by te bly.
   Van die kant af lyk jy nou soos n gebreklike Z wat iemand probeer reguit trek het.Die kort beentjie soos n l op die grond.Die lang been (ruggraat) soos n / bo op die kort beentjie en dan weer die l van jou nek en kop bo op die skuins been van die uitgerekte Z.
    Jy trek mos dan jou kop en nek soos n kropduif agtertoe om te kan sien waar jy loop.
    Boonop glo jy dan dat as jy jou kop bokant jou voete kan kry,jy jou rug sal kan reguit trek.Wat nie heeltemal so werk nie.
   Maar as hy ses uur toe vashaak,dit is nou agtertoe dan het n man die grootste moeilikheid ooit
   n Man loop mos dan so agteroor.Jou voete bly so tree of wat voor jou bo-lyf.
   Die posisie is ook die een wat die grootste verleentheid vir n man kan veroorsaak.As jy so begin rondloop en die vrou vra wat het jy gedrink dan weet jy dit lyk nie goed nie.
     Bly weg uit die dorp. Die dames gaan jou skeef aankyk.
     As jy nou moet gaan, moet dit nie eers oorweeg om by n apteek in te gaan op so n dag nie.
   Net aan jou liggaamshouding gaan hul vir jou die verkeerde pille gee.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 12/12/2019 - 09:58

Môre vriende,
   Kom ons praat oor iets wat nogal vir sekere mense n sensitiewe saak kan wees.
    Mans is minder daaroor gepla,maar o wee,vrouens!
  Hulle kan nou n issue daarvan maak.Sal derduisende rande daaraan spandeer en nog steeds nie tevrede wees nie. 
   Eers sal hul n klomp geld vir die versorging daarvan spandeer.
   Sodra dit gedoen is sal hul n wavrag geld spandeer in die winkels om hulle nog beter te laat lyk.
   Ek het geweet jul gaan reg raai.
    Ons praat vandag n bietjie oor voete.
   Daar is nogal n paar goed wat ek nie heeltemal verstaan van vrouens en hul voete nie.
   Hul kan spandeer om hul voete te versorg.Dit is goed.Maar is dit regtig nodig om n fortuin aan dosyne skoene te spandeer.
   Jy kry vrouens wat dit doen.Ann sal sê, jy moet al haar skoene sien as sy vertel iemand het vir haar hul skoene gewys. 
    Of sy sal vir n vriendin van haar sê, het jy al weer nuwe skoene, hulle is so mooi. 
    Jy kry vrouens wat absoluut n liefde vir mooi skoene het.Hul sal maklik vyf of ses pare vir elke uitrusting hê.
     Ons mans,nee ou swaer.Ons sal dalk vra, bruin of swart skoene by hierdie broek.Dit is dit.
     Een paar swart en een paar bruin skoene.n Paar stewels en n paar plakkies.Dan het ek een paar tekkies,wat ek jare laas gedra het.
    Hulle hou ek vir eendag.Nou dat ek daaraan dink,ek het nogal baie klere ook vir daai dag,eenkant toe gesit.
   Hulle spaar ek nou al vir n klompie jare vir daai selfde dag as ek weer in hul sal kan pas.
    Maar ek dwaal af.My vrou sal aantrek en dan vra, wat dink jy, hierdie skoene,of hierdie skoene, terwyl sy hul wissel.
    Ek weet nie hoekom ek altyd verkeerd is nie,sy kies altyd die ander paar.
    So nou en dan is sy ook verkeerd,dan pluk sy n ander paar uit die kas uit.
    Nou kom ons by die versorging.
    As hul sê ek gaan vir n "Pedicure" moet jy weet, jy gaan n rukkie wag.
   Nou hier kry jy twee soorte.Jy kry die normale een, week,skuur, naels en so aan.Dan kry jy die duurder een by n spa.Daar moet die gebou mooi wees, daar moet blomme wees met mooi meubels.
    Die aroma in die vertrek moet reg wees en is dikwels gekoppel aan die tipe room en aroma wat hul op jou voete gaan gebruik.
    Die drankie is ook so.As jy "Peach" gekies het dan is alles peach.Die kerse gee n peach reuk, selfs in die voetspa dryf skywe perskes.Wat die drankie met jou voete te doen het weet net hulle.
     Ons mans dink nie so daaroor nie.Jy drink tog nie n disprin vir ingroei toonnaels nie.
    Dit is ook n dag trippie.Wat hul daar met jou aanvang weet ek nie.Ek dink hul breinspoel die vrouens daar.Gewoonlik gaan hul spoedig terug vir nog n ander behandeling.
   Maar kom hul daar uit na so n "pedicure" moet jy hul dophou.Dit lyk kompleet of hul sweef.Dan is daai voetjies gepolish en hulle is baie happy.
    Dit is ook met sulke tye wat jy maar vir haar kan sê jy het n nuwe jag geweer gekoop. 
     Dan kry jy nog ook "Reflexology"
  Nou hier draai hul nou weer die dinge om.Nou druk hul weer op jou voete om jou keel reg te kry.Van jou voetsole af fine-tune hul nou jou hele liggaam en al sy parte.
   Op so n dag as alles ge-tune is kan jy maar vir haar sê van die sportmotor wat jy bestel het.
   Voet grootte is ook vir hul n ding.Hulle koop altyd een grootte kleiner.
   As jy nou alles wil spoil en vir n week self kos wil maak,sê haar voete is groot.Jou jaggeweertjie gaan vir jare net in die kluis bly staan en jy kan maar daai ou sportmotortjie se bestelling ook kanselleer.
  Ja, nee ou maat. Vrouens,hul voete en skoeisels.n Moelike ding jong, n moelike ding sê ek jou. 
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 13/12/2019 - 10:39

Môre vriende
    " Wat is die slaap jou wondersoete ding" D.F. Malherbe.
   Vanoggend het ek nou n vroeë oggend gehad.n "Probeer nog n bietjie slaap"van die vrou wou nie eers help nie.
  Rol ek hierdie kant toe, dink ek aan n klomp dinge,rol ek na die anderkant toe, dink ek aan ander dinge.
  " Rolbos tolbos" gaan die liedjie mos.Dronk in die kop van al die rond tollery of rollery staan ek naderhand half vier op.
     Waar gaan jy nou heen,kom dit van die vrou.Ek gaan vir jou koffie maak,sê ek.
    Met n "Is jy nou laf,ek wil nie nou al koffie hê nie" is ek daar uit die kamer uit.
    In die kombuis gekom loop ek my vas in n baksel anys beskuit.
  Toe weet ek hoekom ek nie meer kon slaap nie.
       KOFFIE EN BESKUIT.
    Koffie en beskuit jul wondersoete ding.
    Blink skyn jou kors,en diep lê jou smaak.
    Staan jy o koffie en brou,met jou koffiepitte deur n meule fyn gekou.
  Vir my gemaak andermaal. 
  Blinke soete kors, word jy gedoop in soete boeretroos.
  Dit maak ander boos.
Ja,jou lekkerte lei na jaloesie.
  Elke hap,elke sluk
n Meesterstuk.
  
Vreude en vrede vir julle.

.

.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 14/12/2019 - 10:48

Môre vriende,
      Vanoggend praat ek meestal met die manne.
    Ons het nou baie oor die vrouens gepraat met hul pedicures en al hul dinge.
    Nou versorg ons eers n bietjie die wa.
   Voor jy begin, maak die karavaan se yskas vol bier. 
    Ons seel eers die wa.Sikaflex,Sticks Like Sh*t of Carbond is die produkte wat jy hier kan gebruik.Verwyder ou verseelaar,versigtig dat jy nie die wa beskadig nie,vee met parafienlap skoon.Plak met masking tape verlangde  breedte en seel.Vee met vinger oortollige verseelaar af.Om n gladde afwerking te kry, drup dishwash op vingerpunt en vryf glad.Los vir 24 ure om droog te word en verwyder maskeerband.
    Waarskuwing.Dit vat baie langer as wat dit klink. 😁
     Baie ouens vra op groepe hoe kry hul weer hul voor en agter kante, dit is die plastiek of veselglas gedeeltes,weer mooi blink.
 Jy poleer dit met L-100 in sirkels bewegings.Vat ook maar tyd.
  Die kante asook die dakrondings van n wa.Hier moet jul versigtig wees.Die verf is bitter dun gesprei.Maak skoon met BliXem met n sagte naelborseltjie by die bubble kante en n lap op gladde oppervlaktes.Weereens gaan jy tyd nodig hê.
    n Vraag wat ook baie gevra word is, hoe maak jy swart vlekke skoon wat by laste uitloop.Parafien en n naelborsel is die antwoord.n Ou sien dit dikwels om die venster rubbers.
   Met die wa nou geseël en mooi skoon is dit nou die tyd om hom met politoer te seel en te beskerm.Politoer die karavaan ligweg met Liqued Car Polish, onthou, hy is klaar skoon.Hierdie is slegs n wax lagie wat jy aanwend.Vryf blink.
  Maak nou jou wiele mooi skoon en politoer.Daar lyk jou wa nou weer splinter nuut.
   Daarna was ek hom net met Wash and Wax en hy bly vir lank mooi.
  Hierdie is my manier van doen, ander ouens doen dit dalk anders.

Vreugde en vrede vir julle

.

.

.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 16/12/2019 - 11:26

Môre vriende,
     Dink ek vanoggend sommer aan my grootword jare.
   Toe ons nog kinders was.Kyk ons kon darem jol.Nou praat ek toe ons so voorskools was.
    Ons kinders het elkeen n overhall gehad wat ons gedra het.Was ons lief vir daai goed.Op van hulle was Pilot geborduur as ek reg onthou. 
     Hul knië het naderhand deurgeskuur op die grond onder die appelkoosboom waar ons somtyds n hele plaas uitgelê gehad het.
   Trekkers,waens,lorries bakkies en karretjies uitgepak.
    Opstal,store,paaie, wenakkers en landerye.
  Dan speel ons laat die stof staan,so al op ons knië.
   Ek het so n geel tipper lorry gehad,daai lorry het seker maklik n ton grond in sy lewe heen en weer karwy.
    So levertjie langs die kant gehad wat jy vorentoe druk dan tip hy.
     Hy en die padskraper het menige paaie gebou en in stand gehou.
     As jy honger geword het, het jy daar in die tuin iets gekry om te eet.Granate,apelkose,kaalgatpeskes,vye,jy noem hul op, vrugte in oorvloed.
   Was jy lus vir groente, stap jy soontoe, boontjies so afgepluk en daaraan geknibbel.Vars tamaties afgetrek en jou tande so ingeslaan in n kraakvars tamatie. 
    Weer terug onder die boom op die plaas drink ons tee by Sus wat dit skink in haar teestelletjie.
   Oros koeldrank wat sy uit n botteltjie in die teebekertjie in gegooi het, dit was ons tee.
   Laatmiddag eers is ons geroep om te kom bad.Bruin van die stof.
    Die oumense het mos ook anders gekuier as nou se dae se mense.
  Vanaand gaan ons vir oom Barbie Nel kuier wat so ses myl anderkant die dorp boer.
   Daar het hy alleen geboer.Musiek instrument word saamgevat.My pa kon hawaise kitaar en gewone kitaar speel.My broer kan kitaar speel.
    Oom Barbie,op konsertina en hy kon n saaglem speel.En kon hy lekker sing. 
   Dan word daar musiek gemaak.O Ryperd klink in die aandstilte van die plaas op.
   Ons is moeg gespeel en kry n lêplek,onder die kombuistafel was ons gunsteling plek.
  Daar lê ons na die musiek en luister,kort kort word daar koffie gedrink wat op die koolstoof staan en prut.
    Dan word instrumente geruil en n nuwe lied gesing.Tussen liedjies word daar gelag en gesels.
   So raak jy dan aan die slaap.Aanvanklik wil jy nie, jy wil nog hoor.Dan raak jy weg en kom weer so n bietjie by om weer te luister, net om weer weg te raak.
  Ounag word jy wakker gemaak,ons gaan ry,julle moet gaan inklim.
  Met n totsiens oom Barbie is ons daar weg in die Chef Fleetline.Met die reuk van die leer sitplekke  wat so eie is aan ou karre raak jy weer aan die slaap.
     Ons kindwees jare was darem maar lekker.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 18/12/2019 - 12:09

Môre vriende,
    Nou se dae is daar mos nie meer eintlik iets wat n dorp se mense opgewonde maak nie.
   Ek praat nie net van n deel van die dorp se mense nie, ek praat van die hele dorp se mense.
    Weke voor die tyd kom hul al en sit plakate op in al wat n winkelvenster is.Die winkel eienaars kry sommer n komplimentêre kaartjie of twee gratis.
     "Boswell en Wilkie Circus" in vet swart letters gedruk.Met die kleurvolste foto's.
  Die kinders verkyk hul aan die plakate.Kyk daar is Tiekie met sy nar uitrusting,en die oom met stokbene met nog n nar suit. 
     By die skool is sirkus op almal se lippe.
   Nou om by die ouers verby te kom,is n ander storie.
   Een een begin ons drie seuns eers by ma.
"Ma kan ons seblief sirkus toe gaan".Eers later het ons geleer dit is asseblief.
   Ons sou egter almal wegstap met n "gaan vra jou pa" as antwoord.
  Nou herhaal ons die vra proses met pa,een een. By hom n versekerde "Nee, dink jy geld groei op my rug,gaan vra jou ma" 
   Intussentyd is ons troefkaart,Sus,die wit broodjie en jongste,met haar spesifieke instruksies van die broers af nou besig met ma.
   Met haar glimlag en smeekstemmetjie sal sy nou voor ma gaan staan en met haar ingeoefende lyn vra "Ma,kan ons groot seblief sirkus toe gaan, ons sal eeenige iets doen, ag toe ma, groot seblief"
   Met n "kom ons gaan vra vir Pappie" het ons geweet die stryd is halfpad gewonne.
    Nou is ons almal bymekaar en die seblief, seblief klink nou herhaaldelik rondom hul op. 
    Nou goed dan,maar julle moet dit, en dan volg n ellelange lys van goed wat ons moet doen.Van ons sakgeld bly ook in die slag,so asof dit op ons ruê groei.Maar ons het maar liewer oor daai een stil gebly.
    Met al die take uitgedeel sal ons dan jubelend wegtrippel met n koor van "ons gaan sirkus toe, ons gaan sirkus toe"
     So word die dae nou omgewens.
      Môre is die sirkus hier. Daar word sommer ook by die stasiemeester uitgevind hoe laat kom die sirkustrein die nag aan.
    Met opgewondenheid klim ons daai aand in die kooi.
   Môre gaan ons sirkus toe.
   Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 20/12/2019 - 10:46

Môre vriende,
      Vanoggend praat ons sommer net oor n paar onthou dinge wat ek hier in my "kan jy nog onthou boksie uitkrap."
        Ons was gister so n bietjie sirkus toe.Kom ons praat n bietjie oor hul hoof vervoer middel, treine.
      Ons grond was aan die buitewyke van Ventersdorp en die Ventersdorp Coligny spoorlyn het by die grond verby geloop met selfs een land anderkant die spoor.
     Daardie jare was n stasie n bedrywige plek.Die treine het gehardloop en stiptelikheid was n groot ding vir hulle.
     Ek kan myself net indink met so n groot netwerk,sou daar oor watter rede ookal n trein laat wees hoeveel ander treine daardeur geaffekteer sou word.
     Hoeveel melk en room sou suur word.Hoeveel passasiers daardeur verontrief sou word.
     Tydtabelle sou aangepas moes word.
   So, Nee,hulle was op tyd ingestel.
    Kom die treine van Coligny se kant af gaan hul oor n staalbrug wat oor Schoonspruit loop so twee myl voor die stasie.
    n Stoom lokomotief met sy vrag wat oor daai brug gekom het,het n spesifieke klank gehad.
    Die klap van die wiele op die spoorlaste en die gedruis van die trokke tussen die staalbalke van die brug deur,met die water van die spruit wat al hierdie klanke soos n klankversterker uitbasuin.
     Van daar af was dit opdraande stasie toe en ek kan sommer sien hoe die stoker seker moes bondstaan om kole te gooi.
      Sou jy by die crossing met die trekker en wa staan en wag vir die trein om verby te kom van die brug af,was dit darem mooi om te aanskou.
    Hierdie masiewe masjien wat aangestoom kom teen die bult uit.
    Die dik stroom swart rook wat by sy skoorsteen uitkom met al die wit stoom wat op sy kante uitgeblaas word.
    Dit lyk kompleet asof hy kwaad is en stoom afblaas. 
  Hy blaas sy fluit toe hy so aankom, sou die drywer sien daar is mense by die kruising het hy hom sommer n paar maal geblaas om seker te maak jy is bewus van sy aankomende trein.
    Kom hy naby,sien jy die drywer by sy sitplek regs in die enjin sit,die stoker seker besig met sy lang graaf en kole.
   In die verby gaan sien jy hom toe wel met sy graaf doenig voor die vuurkas. 
  Waai jy vir hulle,waai hul terug of gee so kort vinnige fluit in erkenning.
    Was altyd lekker om die trokke te tel en met die guard sê wa by die totaal te kom.
   Hy het dikwels met sy swart pak en keps so by die deur gestaan.
    So stoom hy dan daar teen die bult uit stasie toe waar die stasiemeester hom inwag met sy volgende instruksies wat in so n hoefring patent (waarvan ek nie die naam ken nie)vir die drywer uitgehou word.
     Die drywer vang/gryp hom so in die verby ry en gooi weer die vorige stasie se ring op die perron uit.
     Sou hul moes stop en dalk eers water tap, was dit ook mooi om te sien as hul met die enjin onder die oorhoofse watertenk stop en water intap.
      Op Coligny waar ek op skool was, was n groot spoorweg werkswinkel.
      Dus was dit ook n groot spoorweg gemeenskap.
    Daar het ek maar eers gehoor van n roepman.Dit was nou weer n ou wat die drywers en stokers moes gaan wakker maak vir hul skofte,alles maar net om die horlosie mooi te laat loop.
    Ek onthou van die kere wat ek met die trein huistoe gegaan het.
   Ek het agter in die guardtrok (kondukteurswa) gery,waar n paar passasiers kon ry met die goedere treine.
    Ek onthou van die roet wat in jou oë ingewaai het as jy by die venster uitleun.Van die sidings waar gewag moes word vir n trein van vooraf. 
    Ek onthou ook die ou wat die wiele so loop en tik het met sy langsteel hammer om te kyk of die vellings nog vas is aan die wielnaaf. 
    Ek sien weer die drywer en stokers oppad werk toe met hul blinkgepoetste kosblikke en skoene wat blink soos spieëls.
    Hul oorpakke met die twee bandjies oor die skouers,kepse op die kop.Trotse,hardwerkende SAS lede. 
    Maar ek sien hul ook sou hul terugkom van die werk af,moeg, afgemat en swart van die roet.
    En ek word terug geruk na die hede en ek hoor Richard van der Westhuizen se lirieke van sy liedjie wat hy geskryf het. "Tussen Treine" en ek sing die woorde. 
  "Tussen treine.
    Tussen stasies.
    Lê daar basies,net die leë spore.
    Tussen treine.
    Tussen stasies.
     Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore." 
     Vreugde en vrede vir julle.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 20/12/2019 - 11:31

Hi Willem, vat jy my ver terug hoor. My oorlede ouboet was een van daai drywers gewees, nou nie op Coliny nie maar in Kroonstad en toe in Richards Baai. Ek het die voorreg gehad om saam met hom te kon ry daar voor in die enjin, stoom en die diesel eenhede later van tyd. Baie trotse mense gewees daai. Ek onthou hy het n vlekvry staal beker gehad wat ook so gepoets was en het op 'n nat lap gestaan en geen lepel roer binne nie. En daar stoom hulle voort.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 21/12/2019 - 10:27

9......8.......7.......6......5.....4......3.......2.......1
Grrrrrrrrrrrrrrrr
Goeie môre vriende,
     Vandag gaan ons fliek toe.Man was dit nou weer vir jou n ander lekkerte.
   Saterdagmiddag drie uur was dit fliektyd in Ventersdorp se stadsaal.     
    Lank voor die tyd weet al die kinders as Tarzan die skerm gaan kom besoek.
    Johnny Weissmuller,oftewel Tarzan,die ape en Jane is op die plakate.
    Daar was n paar van sy flieks daai jare. "Tarzan of the Apes", Tarzan and the Amazons", Tarzan:The lost Adventure"
   Almal van julle het tog seker vir Tarzan geken.Maar kom ek vertel jul in iedergeval.
      Sy Pa en verwagtende ma  word vanaf Engeland op n sending na Afrika gestuur.Daar ontstaan n muitery aan boord en hul word verplig om aan land te gaan en die skip met hul besittings te verlaat.
 Sy pa het vir hul n boomhuis gebou en meubels gemaak en die huis toegerus met dit wat hul  van die boot af kon red.
    Daar was n versameling boeke ook in die boomhuis waarmee sy ma hom in Afrika wou gaan onderrig.
    Tarzan is toe daar op die eiland gebore. 
  n Jaar na sy geboorte sterf albei sy ouers aan een of ander koors en n aapwyfie in die oerwoud hoor hom huil en neem hom aan en gaan maak hom groot.
    Jare daarna kom Tarzan en sy aapfamilie,weer op die verlate boomhuis af en Tarzan ontdek die boekversameling daar.
    Diep binne sy menswees het hy geweet hy is anders as sy aapfamilie.Nou het hy prentjies en foto's om dit te staaf.
    Onder die prentjies en foto's was daar goed wat vir hom soos goggas gelyk het, die was al die tyd letters en woorde 
    Hy wat net kan aaptaal praat leer homself toe engels lees met die hulp van die boeke.
   n Franse skip kom verby en Tarzan ontmoet n Fransman wat hom toe leer Frans praat.
    So het hy naderhand vir Jane ontmoet met sy "Me Tarzan..... You Jane"
    Daai man kon tussen die bome deurswaai met sy rottangtoue. 
   Dit terwyl hy so Tarzan HAAAAIIIJJJJAAAAAII...... HAAAAIIIJJJAAAAII... gille gee.Hy kon die hele oerwoud se diere vinnig vinnig bymekaar roep.
   As hy so geskree het het hy olifante in hul spore laat omdraai om te gaan doen wat hy hul voor geroep het. 
     Net as die fliek nou lekker aan die gang is breek die film en met n rooi gloed op die skerm kan jy sien hoe brand die hitte van die kragtige gloeilamp die filmpie.
    Skielik is dit stikdonker as die operateur die projektor afskakel.Net sy projektorkamer se flou liggies skyn deur die drie vierkantige gaatjies in die agterste muur van die saal.
  Dan kom die saal se ligte aan en ons wag ongeduldig.
       Kom hy weer net lekker aan die gang dan stop hy met die vet letters "POUSE" op die skerm.
     Nou word daar n kardoes sweets gekoop,glas cokebotteltjies wat klingel as hul uit die plat Coke yskas uitgehaal word, dan hoor jy as die tannie die plat yskas se glydeur oop skuif na die anderkant om by die Fantas uit te kom.
   Die saal se ligte word so geflikker, dan weet jy POUSE is verby.
     Suigstokkie suigend sit ons nou die tweede helfte en kyk.In spanningsvolle oomblikke byt jy jou suigstokkie middeldeur.
     Sy flieks eindig darem gewoonlik met n mooi einde.
           THE END
  Oppad huistoe hoor jy hoe Tarzan daar bo in die dorp HAAAAIIIJJJJAAAAII..... HAAAAIIIJJJAAAAAAII.... 

Julle moet n skreeulekker Saterdag hê.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 23/12/2019 - 10:04

Môre vriende,
     Ek kyk na my horlosie,en ek draai hom so omtrent 58 jaar terug.
   Ons vier kinders is soos orrelpype tussen vier en elf jaar oud,drie seuns en die jongste n sussie.
    Kyk kersfeestyd was n groot tyd in ons huishouding.
     Ouma het lankal die vrugtekoek gebak vir nagereg met sy versteekte tiekie binne in.       
      Tot vandag toe weet ek nie hoekom net een nie, hulle kon mos sommer n klomp ingesit het om almal happy te hou.
   Die koekblikke is stampvol met klein koekies gebak.
     So plus minus twee weke voor Kerfees word die sitkamer mooi gemaak. 
     Die leer word ingedra,Callie wat die oudste was beman die leer.Daar word versierings gedraai met stringe en stringe crinkle paper.
    Rooies,geles,pienk, wit,blou,groen,alle kleure van die reënboog is in rolle en rolle aangekoop.
   Van hulle was breed, ander smal.Hulle word so paar kleure in mekaar in gevleg en gedraai.
     Uit die vier hoeke van die vertrek,word een punt bo in die hoek van die hoë plafon vasgeplak met sellotape.Die ander punt word aan die ligkandelaar net bokant die ligte vasgeplak.
     Elke hoek kry so een asook in die middel van elke muur.
      Almal moet min of meer met dieselfde ronding hang.
    Met die hoë versierings,agt van hulle,wat nou almal van die hoek van die muur en die plafon afhang na die kandelaar word daar nou oorgegaan na die volgende stap.
   Dit is die wat van die portretlys af op dieselfde manier gehang word.
   Hulle is smaller as die hoës.Onder aan die kandelaar word n klok gehang wat ook van crincle paper gemaak was.Voor jy hom oopvou is dit net n halwe klok,draai jy hom oop,trek hy soos n trekklavier oop in die ronde om n klok te vorm.
    So was daar ook sulke halwe balle met die buitekanste kante van n harder karton.Oopgevou is die twee harder kartonne met n speld aanmekaar geheg.Dan het jy so n geriffelde bal. 
     Aan die bokant was n toutjie waarmee jy hom dan kan ophang.
     Die showpiece kas se koper ornament word vir eers afgehaal,hul moet plek maak vir al die Kerskaartjies wat al per pos aangekom het.
     Daar staan hul dan so halfpad oopgevou regop op die blad.Raak hy vol word daar in die een hoek skuins oor n toutjie gespan van die een portretlys na die ander portretlys.
    Hierdie Kerskaartjies hang nou so oop bo-oor die toutjies.
    Hoe meer kaartjies, hoe meer hoeke kry toutjies vir hulle.
     In die een hoek is daar klaar plek gemaak waar die kersboom gaan kom.Die hope kersgeskenke word al klaar daar neergesit soos wat ons nader aan Kersdag kom.
     Menigmaal het ek skelm myne gaan uithaal uit die hoop geskenke,gevoel en bekyk.Selfs geskud om te probeer agterkom wat is binne.
    Drie dae voor Kerfees is ons kinders dan daar na die denne bome om n geskikte jong boompie te gaan saag.Die word dan versigtig huistoe gebring en in n vyf gallon oliedrom vol grond geplant.Die drom word met rooi crinkle paper oorgetrek. 
   Die geskenke word uit die hoek gehaal en die boom word op sy plek staan gemaak op die plankvloer.
   Nou word die boom opgemaak. Blink balletjies.Klein kersvadertjies.n Groot goudkleurige ster heel bo in die boom.Orals in die boom kleiner silwer sterretjies.
    Klein rooi kersvaderstafies word opgehang.Wit sneeu mannetjies met swart hoedjies, rooi strikdassies met swart knopies op sy baadjie.
  Stringe veelkleurig blink tintsel word tussen die takkies gespan.
    n Groterige kersvader word sit gemaak onder die boom en die geskenke word weer terug gepak.
    Nou raak dit nogal vol in daai hoek en die bal en klou sitkamerstel word n bietjie uit hul normale plekke weggeskuif.
     Teen die mure tussen die portrette hang hier en daar sulke rottang krone wat ook met blink goed versier is.
    Die mure was met muurpapier geplak daai jare, wat opsigself mooi was.
    Die plankfloer het n los 12x9ft mat in.Die was ook mooi met sy rooi maroonkleurige sirkels. 
     Langs die kersboom teen die muur hang n doring kroon en n kruis.
     In die aand brand daar kerse wat oral op tafetjies staan.Dit lyk pragtig.
    Ons dryf ons ouers en ouma teen die mure uit om te probeer uitvind wat is alles in ons geskenkpakkies.
     Die gemmerbier wat vir n paar dae al in n 10gallon plastiek kan gestaan en brou het word nou deur n doek gegooi en met n paar rosyne in hul bottels in die yskaste gesit om koud te word.
   Daar is klaar n geslagte skaap in die vrieskas en n groot skaapboud en vleis om te braai word uitgehaal om te ontdooi.
  Oukersaand word geskenke uitgedeel.Ons kan nie meer wag nie.

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 28/12/2019 - 09:22

Môre vriende,

    Jors en die Prof. 

   Kyk,ek het nou net gister gepraat oor groepe en hul mense.
    En toe gebeur dit gister sommer weer.Op die groepe sê hul jy mag nie name en shame nie.
    So ek sal maar liewer nie sê waar het wat op watter groep gebeur nie.
    Ek kry so die idee dat baie ouens nou kamp en nie baie het om te doen nie.
    Wat ookal die geval is, die fight het oor diere kinders en eie kinders gegaan,oor landmyne en oor skopfietse.
    Moet diere saamkamp,of nie.Snedige op en aanmerkings.Dierevriendelike oorde en nie vriendelik nie. 
    Oor hoe om katpie uit seile te kry en nog talle derglike dinge.
    Dan stop die admin die comments,net om deur iemand anders weer met n nuwe plasing begin te word.
     Wat interessant is, dieselfde persoon wat die eerste fight aan die gang gesit het begin hom op die volgende groep met dieselfde gevolge.
   Word dit by dié groep gestop,weereens deur die admin.
    Wat gebeur toe? Ja, jul het reg geraai,dieselfde persoon plaas n soortgelyke plasing wat reaksie gaan uitlok op n derde groep.Ek dink n paar ouens was lus en sê vir hom "ek kry jou na skool agter die fietsloots"
   Maar dit is nie waaroor ek wil praat nie.Ek wil jul van my en die Prof.vertel.
    Ons oudste seun en hul dogter het mekaar kort na hul studies ontmoet,die pragtigste paartjie.
    Nou al n klompie jare getroud en het n vyftien maande woelwater seuntjie.
    Maar om n lang storie kort te maak kuier ons nou weer saam by die kinders vir n week of wat oor Kerstyd.
    Hulle is Kaapenaars,en Kaapenaars kan mos lekker kuier.Hul leer ons van wyne,snoek en patats en ons leer hul van krummelpap,braaivleis en mampoer.
    Ons gaan almal een van die dae saam op vakansie,ons gaan kamp.
Ons seun sê sy karavaan se yskas vries alles en ek en die Prof besluit ons twee sal hom fix, die seun moes gaan werk. 
    Maklik man sê,ek.Die ou wat so rukkie terug my karavaanyskas kom regmaak het,het gesê dit is maklik om n nuwe termostaat in te sit.
   Ek bel hom waar hy by Devoetplaat Kloof kamp.Ja man,Jors beduie hy,dit is maklik,ek het die foon op speaker gesit dat ou Rob kan hoor.Groen op no.soveel en bruin op no.soveel.So is daar n hele paar drade.Maak daar los en trek hier.So gaan die gesprek.Ons lui af.
    Nou Google ons n verskaffer van onderdele.Ja hul is oop maar net tot twee uur.
   Ek het voor die tyd besluit ek gaan die Prof wat n biologiese wetenskaplike is die operasie laat doen.Hy is n kenner in die tuberkulose veld.Hierdie probleem met die yskas is mos so half en half n longrobleem.Ek gaan hom net assisteer en narkose gee.
   Nadat ek seker gemaak het die pasiënt is uit en die krag is af sê ek ons kan maar voortgaan.
    Begin ons die ou yskassie strip om die termostaat uit te haal. 
    "We need to take this out",sê hy terwyl hy die stel knop uithaal.
   Dan sê hy "Pliers" en ek gee dié aan.
    Op n stadium het ek so bietjie bekommerd geraak toe hy vra "how are we going to get this out" en so na die termostaat sê sensorbuis wys waar hy agter die verkoelingsplaat wegraak.
    Sover ons gaan neem ek foto's van die drade en hul posisies.Ons wil darem nou nie hê die ou yskassie moet in reverse loop as ons haar weer opstart nie.
      Met behulp van n spieël kon ons toe darem gelukkig agter die organe sien waar die blink dermpie vasgemaak is met n hegting-stuk,aan die plaat.
   Soos n wafferse teatersuster lig ek met my selfoon torch hier by sy kop verby waar hy halflyf binne die pasiënt lê, besig met die operasie. 
    So het ek die "pliers, screwdriver,sidecutters en starpoint" en wat hy ookal nodig het,vir hom op aanvraag aangegee tot ons hom uit het. 
      Met die oue nou as voorbeeld ry ek en die Prof nou om die nuwe een te gaan kry.
     Terug in die operasiesaal word alles nou in reverse gedoen.
   Op n stadium sê hy "Screw" en ek dink dit goed om die ou skroefie sommer klaar op die skoewedraaier se magnetiese punt te sit en aan te gee.
     Hy draai die skoewedraaier horisontaal en kaplaks,daar val die skroefie op die teatervloer.
     Het jul al n skroefie gesoek wat net so wegraak.Wel ons het.Hy is weg soos in weg. Nie op die vloer nie,nie onder die yskas nie, weg.
    Krap ons naderhand n soortgelyke skroefie in die toolbox raak.
     Met alle organe weer terug en toegewerk kon ons toe die pasiënt weer bybring.
     Maak die ou yskassie nou weer lekker koud, amper soos n nuwe een.
     Gisteraand het ons n wyntjie geklink op n suksesvolle operasie. 

Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 30/12/2019 - 09:58

Môre vriende.
      Ai,dit bly darem lekker om saam met familie te kuier.
    Vanoggend is dit nou weer n geskarrel.Prof Rob en Debbie vlieg netnou weer terug Kaapstad toe en ons moet ook weer later vanmiddag terug Bethlehem toe.
    Kom ek vertel jul sommer so n een en n ander wat het die naweek gebeur.
     Saterdag het ons gaan uiteet by n plek hier naby, langs die Vaalrivier,ek sal maar liewer nie sy naam sê nie. 
   n Pragtige plek.Die oomblik wat jy by sekuriteit inry en deur hul met n Franse aksent begroet word voel dit al of jy binne die Provénce is en nie in die Vrystaat nie.
  Die argitektuur is ook pure Frankryk.
    Kyk,dit is nou n grand plek.Die heerlikste kosse.Dan word die geregte boonop so mooi aangebied.Elke bord is nou regtig skilder materiaal.
    Ons kelner het selfs sy Sotho aksent verruil vir n Franse aksent.
     Kom ek vertel jul gou van iets wat gebeur het wat wel so n effense wrang smaak in die mond gelaat het.
    Oorkant ons sit n groep mense,seker so ses vrouens,geen mans,met hul kinders.
  Die kinders wissel van n baba tot so sewejariges. 
    Het ek darem vir jou daar n  ordentlike steak in my bord.Net soos ek van hom hou.
   Was ek nog met hom doenig, nou ek weet nie of dit hierdie heerlike kosreuke was wat in die restaurant rondgehang het of wat nie.Maar toe word die baba ook honger.
     Sal die Sotho sprekende dame waaragtig die baba daar borsvoed.
   Skielik het my steak n ander smaak.Gelukkig was dit seker net die baba se "starters" want voor ek nog n kelner daarop kon wys het die dame die baba se tafel afgedek en was die eetgerei weer veilig in hul omhulsel gebêre.
     Ek is egter oortuig hul sou haar aangespreek het sou hul dit gesien het.
     Maar dit nou daar gelaat.Na ete het ons die nagereg buite onder die massiewe bloekombome geniet.
    Langs die rivier af is daar pragtige huise op die landgoed gebou.
     Merk ons by die huis naaste aan die restaurant n automatiese grassnyer op.Ek het nog net van hul gehoor, nog nooit een gesien nie.Ja,hy loop op sy eie.Bult op en bult af sny hy die eienaar se gras.
   Ons mans stap nader, seker omdat ons altyd op die uitkyk is na goed wat ons werk ligter kan maak.
   Daai masjientjie werk met n GPS.Die grense is seker met hom geplot. Hy sny tot by die paartjie, reverse soos n wafferse robot draai in die volgende baan in en begin weer sny.
    Hy moet seker vol sensors wees om alles te kan doen.Wat basies gebeur is hy loop dag en nag en die gras word kort gehou,hy sny net so n milimeter of wat af op n slag.
   Met ons wat toe naby staan kon ons hom lekker dophou.
    Ek besluit toe net daar ek wil julle van die masjientjie vertel,en as hy nou weer terugkom gaan ek n mooi foto van hom neem.
   Hy kom toe weer daar bult af en toe maak ek n groot fout.Ek besluit ek gaan op die gras lê en sodra hy naby is,hom mooi "opline" met die imposante woning in die agtergrond.Dit sal mos n mooi fototjie vir julle wees.
  Julle het seker al opgelet ek dra so n drie vier dae oue baard.
   Nou,ek weet nie,die bloemen ding se sensors moes seker gedink het hy het n patch gras oorgeslaan want die volgende oomblik kom hy uit sy baan uit en daar word ek toe deur n grasnyer aangeval.
    Hoe verdedig jy jouself as jy lê? Jy stoei !
    Dan is ek bo en dan is die grassnyer bo.Daai ding klou soos n Kreepy Krauly hier aan my baard.
    Ou Rob hulle probeer hom aftrek van my gesig af.Ek het net gehoor ou Rob hulle sê pasop vir die lemme.
    Toe my baard mooi gesny is,het hy my laat los.Hulle wou hul doodlag vir die petalje.
   Weer terug by die vrouens wou hul weet waar was ons so lank.
   Dadelik het hul opgemerk my baard is getrim.
   Tot nou toe wil hul my nie glo dat ek deur n grassnyer aangeval is nie.
    Hul beskuldig ons dat ons skelm na die Spa toe was. 
   
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 31/12/2019 - 08:57

Môre vriende,
                  Jare. 
    Nog n dag
    Nog n nag
    Nog n week.
    n Nuwe week
    n Nuwe maand
    Twaalf van hulle. 
  
     Tye wat mooi was
     Tye wat sleg was.

      Dae wat vir ewig onthou sal wil word
      Dae wat vergeet sal wil word.

    Blydskap dae
     Hartseer dae.
    Sonskyn dae
    Dae wat met onweerswolke oortrek was.

     Mooiweer dae
     Ander dae gelaai met donderweerslae.
     
   Dae wat windloos is
   Dae wat ons rondgeruk word deur die winde van verandering.
    Dae met die wind van voor
    Dae van seil saam met die wind.
 
    Dae waar ons spore vervaag
   Dae waar ons diep spore getrap het. 

  Dae waar begin treetjies gegee word
  Dae waar spore doodgeloop het.

    n Ou jaar, n verlede
    n Nuwe jaar, n toekoms. 
 
Vreugde en vrede vir julle, O ja,ek het nie gister gejok oor die robot automatiese grassnyer nie, hulle bestaan wel.Oor die baardsny,ek weet nie so mooi nie. 😁

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 01/01/2020 - 09:49

Môre vriende,
   n Baie Geseënde en n voorspoedige 2020 word jul toegewens.
      Ek gaan jul vinnig vertel hoe ons familie dit vroeër jare, dit is nou in die sestiger jare,gedoen het.
   Ons grond het aan Schoonspruit gegrens in Ventersdorp.
     Nuwejaarsdag was piekniekdag.Voor die tyd word n plek skoongemaak onder die wilgerbome.
   Die Van Heerden's van heinde en verre gaan saamtrek vir n piekniek.Dit is nou alle broers en susters en hul gesinne. 
    Voor die tyd is gebak en kanne vol gemmerbier is gebrou.
    Na middernagdiens is daar nie veel geslaap nie.Vroeg vroeg is alles aangery piekniek plek toe.
    Die Johannesburgers, Vredeforters, Potchefstroomers, Ventersdorpers, Lichtenburgers,Setlagoolieërs en hul gesinne is op pad.
      Soos almal aankom word die groep groter.So veertig of wat van ons kuier dan onder die wilgerbome.
    Die kinders speel, cowboys en crooks,wegkruipertjie,touches,kennetjie,kleilat en ons swem in n swemgat.
    Resies word geharloop, kort kort hoor jy,laaste daar is n vrot pampoen. 
    Daar word staaltjies en grappies vertel.Strepe word getrek.Dit lag en dit gesels.n Ware fees. 
    Daar word vragte vleis gebraai.Trifle poeding en tuisgemaakte icecream, bakke en bakke vol met vars room gemaak word verorber. 
  Die wat wil krieket speel kom bymekaar.Die kinders wil hul doodlag soos wat die oumense veldwerk doen en duik vir balle.
   Later word die waatlemoene wat in nat sakke gelê en koud word het opgesny.
    Die kinders kry die skrywe en die groot mense die krone.
   Met familiebande nou weer goed gesmeë gaan almal laat middag weer uitmekaar.Reg vir n nuwe jaar.

Vreugde en vrede vir jul elkeen.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/01/2020 - 09:45

Môre vriende,
     n Nuwe jaar,nuwe dinge.Ons word oud maar ons vergeet darem nie waar ons vandaan kom nie.
    Wel,ek hoop nie so nie.Ek is lief vir dit wat was.
    Anton Goosen het n liedjie geskryf "Vergeet om my te vergeet,onthou om te onthou" 
    Party kere, moet ek erken,vergeet ek nogal maklik.Veral daai skielike "wil jy nie sommer oppad terug by Mini Pick en Pay stop en vir ons brood,melk,botter en......., kry nie" 
    Weg is hy.Dan staan ek nou daar voor die rakke.Ek het hul getel,vier goedjies, brood,melk, botter en  ..... Om de dood kom ek nie by die vierde ding uit nie.
     As ek hom sien sal ek onthou.Dan is ek op en af in die rakke.Hulle moes seker die rakke geskuif het,want ek sien hom nie.
     Eers dan sal ek uit radeloosheid my foon uithaal en vir Ann bel.Pure verniet,sy kan ook nie onthou nie,nee, ek spot sommer,sy maak my dood as sy hierdie raaklees.
    Room my man,room, sal sy dan sê.Ek het geweet dit het iets met melk te doen.
    Maar wat ek jul eintlik wil van vertel is Alzheimers oftewel Dementia.Dit is dus meer n bewusmaking. 
   Dit is n verskriklike siekte.Hoe vinniger dit gediagnoseer kan word, hoe beter.Gaan lees maar op.
     Ek wil jul egter oor die ligter kant van die siekte vertel.My oorlede skoonpa het daaraan gely.
   Ek moet egter bysê,ons het net die stertkant van die siekte beleef,hy het nog baie helder oomblikke ook gehad voor sy dood.
  Kom ek vertel jul van n paar komiese gevalle. 
     Eendag kom ons daar na kerk by hul aan huis.Ma maak tee en koekies reg.
     Hy sê,terwyl hy so behaaglik terug lê teen die bankruglening, "Ou swaer, hou ek en mammie darem nou vir jou lekker vakansie". Ek dog my skoonma val van haar voete af.Sy het maar net haar kop geskud van verbasing.
    Hul het naby die vliegveld gebly.Die vliegtuie het dan oorkant hul huis oor n oop stuk veld laag ingekom om te land.Een middag kom ons daar en in die middel van die gesprek tjip hy in en sê "Mammie kry jou tasse,die vliegtuig staan hier voor in die teerpad vir jou en wag, jy gaan op vakansie" Weereens moes sy spook om haar balans te hou.
   By n ander geleentheid stap ek en Ann n bietjie, hul het so n kilometer van ons af gewoon.Ons gaan wys oë.
     Hy sê,"Ou broer,het ek darem nou vanoggend hier gespook met drie donkies wat hier in my studeerkamer was,kyk hoe het hul my geskop" dan wys hy so na sy bors en arms.Ann vra, donkies soos in esels,hy sê "Nee man,donkies.Donkies,daai met die strepe"  
    Eendag het hy die polisie en ons op hol gehad.
   Ann bel my en vra of ek na ons mediese sentrum kan gaan wat naby my is.Iemand wat haar ken het haar gebel en gesê, Pa is daar en sy bakkie is gesteel.
     Daar gekom vertel hy aan die polisie wat toe al opgedaag het hy het sy bakkie hier reg voor die ingang gestop en nou is hy gesteel.
   Hulle maak die karwag bymekaar en ondervra hom.Nee beduie hy, die oubaas het daar aagestap gekom en wys ook sommer van watter kant af.
     Twee blokke verder kry ons sy bakkie voor die apteek waar hul hul aankope altyd doen.
    Oor twee parkerings gestop,oop vensters met die sleutel in hom.
    Dit is regtig n siekte wat ons stilweg kan bekruip en n ou moet maar werk maak daarvan.Hoe vinniger hoe beter. 
   Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 03/01/2020 - 09:55

Môre vriende,
   Gister sommer n bietjie gepraat oor Alzheimers.Ek gaan n paar goedjies vertel van mense wat reageer het daarop.Nie almal lees die comments nie.
    Alida Barnard wat sê haar man het altyd gesê iemand wat Alzeimers kry gaan tweemaal dood, eers vir hul naaste en dan as hul die aardse lewe verlaat vir die ewige.Baie  waar Alida.
   Dan vertel Eugenie Jones dat sy as matrone van n verswakte versorgingseenheid haar eie ma moes versorg.Vir haar ma was sy party maal Matrone, dan haar sister en weer later selfs haar tannie.En dat dit die beste is vir die ander om maar in so n persoon se werêld in te beweeg, hoe moeilik dit ookal is.So hartseer Eugenie.
    Ons moet so dankbaar wees vir ons gesondheid.
    Hierdie is n sprekende voorbeeld van mense wat mooi oud geword het.
   Sanet Els vertel haar ma is nou 83 en pa is 90. Sou hul êrens heen ry sal sy vir hom sê "Ek sal onthou wie ons is, dan onthou jy waarnatoe ons oppad is"
  Sanet,dit is vir my so mooi as mense altyd nog die ligter kant raaksien, selfs op hul pragtige hoë ouderdom.
   Sanet het ook vir my toestemming gegee om die volgende storie in sy geheel net so te plaas.Dit het rondom Black Friday gebeur wat sy dit al vir my gestuur het. 
   Ek nooi jul dan nou om saam met Sanet en hierdie merkwaardige paartjie winkels toe te gaan. 

Jors, jy't nou die dag vertel van steekse winkeltrollies wat vir ons opdraende gee, so nou moet ek jou net hierdie vertel!
Ek't vandag al my make-up afgelag in Checkers.
Ek het my ouers gevat om kruideniers te koop.
So vat Oupa (90jr) n trollie en stoot hom met my en my ma (83jr) se handsakke voor in wat hy vashou. Die trollie word swaar gelaai. By die till parkeer hy die trollie agter in n tou van omtrent 2 mense wat wag om te betaal. Ek dog, terwyl ons wag, wys ek solank v hom n snaakse video op my foon. So skuif die tou aan en my ma besluit sy gaan solank die trollie aanskuif, maar hier tiep die trollie!! Ek gryp hom voor als omval en wonder hoe dit gebeur het, het sy dalk geval dat sy aan die trollie gegryp het of wat? Ek kry hom regop en toe sy aan hom vat tiep hy weer. Weer gryp ek hom regop. Los Vrou! Sê Oupa. Jy gooi hom om! Nee sê sy, ek gooi hom nie om nie hy val self!
Ek loop voor om die trollie om te kyk wat verkeerd is, hier het die trollie net 3 wiele!! Die regter voorwiel is skoonveld! O dinges! Sê ek, sy wiel het afgeval! Nou soek ek waar is die wiel, nee sê oupa, los maar ... hy is laaaaankal so!!! 🤣😂🤣😂🤣😂🤣😂. Ek begin histeries lag! Hy balanseer hom toe al dwarsdeur die winkel met al die swaar goed in,op 3 wiele! 😅. Ek lag so histeries dat al die mense in die tou, die kassier en die pakker begin lag dat die trane loop!!
Buite die winkel kom n ou dame (88 jr) na my toe wat by die till langsaan was, sy sê julle lag so, jy moet hoor wat gebeur vanoggend met mý ... ek het al my dokumente agtermekaar gekry vir as ek doodgaan en so reël ek dat ek bo-op my man se graf begrawe word. Ek bel AVBOB vir n kwotasie, hulle sê R1000. Ek dink dis duur en bel die begraafplaas. Hy sê dis R850, maar die oumies moet goumaak, die prys hy gaan op!!! 😅😂🤣. Ek sê vir haar dis seker n Black Friday Special!
 
 Baie dankie Sanet.
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 04/01/2020 - 10:04

Môre vriende,
    Ek gaan nog so n een en n ander met jul deel oor lede se ondervindinge met hul geliefdes wat Alzheimers het.
   Die reaksie op my aanvanklike plasing was oorweldigend. 
    Iemand het vertel dat hul moeder daaraan ly en dat hul nou een aand moes bontstaan toe beurtkrag hul skielik oorval.Ouma was in die kamer en gil "Kom help my, ek het blind geword"
     Hulle moes mooi paai om weer vir ouma rustig te kry.
     Ek het ook hierdie pragtige,uit die hart uit, gedig van Louis Boshoff gekry,en ek plaas hom met sy toestemming.
      Jors, hiermee n stukkie wat ek geskryf het en meer van die siekte.
R.I.P. Roy Boshoff,mis pa nog baie.
Ek skryf hierdie geskriffie in die na-nag van 5 November 2010. Ek skryf oor my pa wat ek aan Alzheimers verloor het en ................myself. My pa het op 5 Oktober 2010, 80 jaar oud geword. Ons het probeer om vir hom iets spesiaal te doen saam met familie........ maar die pa wat ek ken was nie teenwoordig nie.
                                                      Alzheimers.

My pa........die harde werker,
My pa .......die sterk gesonde man, 
My pa........die glo in HOM man,
My pa........die gesins man,
My pa........die omgee en gee man,
My pa........die raadgewer en vertrooster,
My pa........waar is jy nou...????

Alzheimers kom soos ‘n dief in die nag en......
steel jou stukkie vir stukkie weg van my !!!!!
Elke keer as ek jou sien.........
of met jou praat is daar minder van my pa.....!!!
Jy is nie meer my pa nie............!!!!
Jy is nie meer mens nie.............!!!!
Jy vrees nie eers meer jou SKEPPER nie......!!!!
Wie is jy.....wat is jy.....hoe vertroos ek jou...????
Ek verstaan lankal nie meer nie......?

Tervergeefs soek ek na my pa,
 en krap ek rond.......
in groot stukke vergeet..........
en klein stukkies onthou......????

.......en al wat ek vind is... 
trane.........
leë oë.......
frustrasie....
hoekom los jy my hier....
rusteloosheid......
ek weet nie.........
ek het vergeet......
waar is ek..........????
al wat oorgebly het van pa is sy liefde vir roomys.
........en sy liefde vir sy enigste dogter!!!!!

Here help my pa............
Here help dit wat oorgebly het.....
Here moet pa nie oordeel vir sy nou sondes nie.....
hy weet nie wat hy sê of doen nie....!!!!!
En Here help my om te verstaan en te aanvaar ......!!!!
Louis Boshoff.

Is dit nie pragtig nie. Dankie Louis dat jy dit met ons gedeel het.
   Dan ook n pragtige  verhaal oor die liefde wat Jeanette Bronkhorst my gister van vertel.
   Sy vertel dat haar oorlede man se stiefbroer ook Alzheimers gehad het en dat sy hom twee dae voor sy dood in die versorgingseenheid gaan besoek het.
    Sy vrou wat toe so 76, 77 was,bly ook in die aftreeoord.
  Hul ontmoet mekaar by die eenheid en stap na sy kamer.Sy vrou gaan sit langs hom by die kopenend van die bed.
    Jeanette sit by die voetenend van die bed.Hy erken nie sy vrou of vir haar nie.
    Na n rukkie vat hy sy vrou se hand, wat hy glad nie erken nie,kyk na Jeanette en sê, "Sy is darem n pragtige vrou, nê"  
   "Ja" sê Jeanette want nou op 90 is sy nog steeds n pragtige en statige dame.
     Die volgende oomblik kyk hy in sy vrou se oë en vra, "Sal jy asseblief met my trou?"
     Sy sê "Ja" en met haar antwoord rol die trane oor sy wange.
      Dit was so 13 of 14 jaar gelede en Jeanette sê sy sal dit nooit vergeet nie.Hoe lief moes hy haar gehad het dat hy op sy sterfbed en in sy deurmekaarheid nog steeds vir haar kies.
   Ook aan jou Jeanette, dankie dat jy dit met ons deel.
    Dankie aan almal wat deel was van die gesprek.My hartjie is maar klein,(ek pik maklik n traan),en dit het my hartseer gemaak om hierdie swaar en mooi ook met julle te deel. 

    Vreugde en vrede vir julle.
    Volgende week gesels ons weer in n ligter trant.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 06/01/2020 - 09:34

Môre vriende,
      Kamp ons nou een naweek.Hulle sê mos met geweld kan jy jou vinger ook afbreek.Nou ek vir een is nie n ou vir geweld nie,daarvan het ek redelik genoeg gehad in my lewe.
    Haak ons die karavaan om weer terug te kom en op een of ander manier breek ek die plug aan die motor,se flappie wat die karafaan plug moet inhou,af.Sonder geweld. 
    Julle weet mos,as jy die karavaan se 12V plug aan die motor wil koppel moet jy die motor se plug flappie oplig.Daai flappie. 
   Dog toe,hy druk stewig in,hy sal nie loskom nie.Dit is net so 150km,hy sal oraait wees.Toets die ligte,ja nee wat,hy is reg.
    Stop so halfpad.Alles reg.Kom by die huis,alles nie reg nie.Daai plug het uitgekom en driekwart van hom is weggeskuur teen die teerpad.
    Net die los afgeskuurde drade hang daar aan die laaste aliminium omhulsel.
    Die karavaan word staan gemaak en ons pak hom af.Sal net later n nuwe plug koop en aansit.
    So het vier of wat weke verloop en ek begin my kampgoedjies regkry, ons ry eerskomende Saterdag Plet toe,en onthou toe eers weer van die plug.
   Gaan koop Saterdag een en begin alles regkry vir hierdie operasie.Ek het julle so rukkie terug vertel toe ek en die Prof opereer het op n karavaanyskas. 
   Vandag is ek egter alleen in die operasiesaal.       
    Asof ek geweet het ek gaan dit nodig kry het ek eendag op FB n plasing gesien van hoe die drade gekoppel moet word en ek het die skets gesave.
    Met my kampstoel hier by die hak,kampskinkbordjie regs van my met al my operasiegereedskap mooi netjies op hom uitgepak.
   Hier neffens my stoel lê die blink nuwe plug en omdat dit so warm is staan daar sommer ook n ou ietsie om die outo eletrisiën/dokter koel te hou.
    Die foon met die skets lê hier voor my op die hak sodat ek mooi kan sien wat is wat.
    Dink nogal so by myself dit moet seker wees hoe n simfonie orkes se musikante voel as hul so sit met hul bladmusiek so voor hul oop op sy stand,en die gehoor met afwagting uitsien na n meesterstuk. 
    Vandag gaan ek n,uit die boeke uit,operasietjie doen op hierdie drade van die karafaan en ek vat n slukkie.
    Druk my bril,soos Zuma,terug op my neus laat ek lekker kan fokus.Omdat ek onderdak werk het ek soos n wafferse ginekoloog n koplampie opgesit vir hierdie delikate operasie.
    Haal die oorblywende omhulsel af,tel die drade.Een twee drie....ses van hulle.
     Vat n slukkie en bestudeer die skets,sewe drade,sewe kontak punte.
   Een draad te min.Kyk die kleure van die drade, ook nie dieselfde kleure nie.Ek begin sweet en druk my bril Zumastyl weer terug en vat sommer weer n sluk.
    Onthou van daai TV program wat hul gesê het"Do you want to phone a friend" of so iets.
     Bel ons auto elektrisiën seun in Kimberley.Hoe nou vra ek.
    Hy stel voor ek sit n los battery daar by my neer en begin die drade trace.
   Watter een is earth,gewoonlik swart sê hy.
    Nou skuif die operasiesaal bakkie toe om n battery te kry.Heen en weer stap jy om dit te kry.Dan pas die ou spannertjie nie, stap jy maar weer terug.Hoekom hul nie die bracket boute wat die battery vashou en die pole boute sê sizes dieselfde gemaak het nie weet net hulle.
    Met die battery nou ook voor die operasietafel sak ek stokflou in my stoel neer.
     Wat sit hul alles in daai swart batterybox dat hy so swaar is,dink ek by myself terwyl ek die laaste slukkie van my bier vat.As daar n teater suster was,het ek haar nou gevra om die sweet van my voorkop af te vee.
    Nou is daar nie een nie en ek vee hom maar self af.Sommer n handelap wat in die trommel lê van die vorige keer toe ek die wheelbearings gepak het.
  Swart,earth praat ek met myself terwyl ek die draadtjies koppel.Wil ek n sidecutter hê vat ek een met my linkerhand en gee klap hom so in my regterhand in net soos in n regte teater.Live op enige ander een net om te sien wat gaan aan.Staan op en gaan kyk wat brand agter die karavaan,regter park en regter nommerplaatlig.
   Dit is snaaks dink ek toe ek yskas toe stap om n varse te gaan haal.Daar is fout.Een draad,twee ligte.Probeer nog n paar drade.Raak net meer deurmekaar.
    Ann kom vra, gaan jy nie vuur maak nie,dit is al twee uur,wanneer gaan ons braai.Nou nou,sê ek. 
   Staan op en gaan maak vuur.Sit maar die charcoal geduldig terug op die hopie wat bly afrol.
    Om nou nie te laat te eet nie blaas ek hom bietjie aan tot hy vlamvat.Rooi in die gesig kom ek kort kort regop om vars asem te skep, net om maar weer neer te sak en van voor af te blaas dat die charcoal kan vat.Val daar weer kole sit ek hul maar net weer terug.
    Nou sweet ek boetie en ek vee sommer die sweet so met die hand af.
   Met die vuur wat toe uiteindelik gevat het is ek naderhand weer terug by my operasie.
   Vat n slukkie en begin weer van vooraf.
   Phone a friend,nee dan is swart nie die earth nie,probeer bruin.Niks is standaard nie. 
    Was toe ook nie bruin nie.Dit was pienk.n Pienk draad in n karavaan.So het ek hul een vir een uitsorteer en gekoppel.
    Met alles weer reg en op hul plek kom ek in die huis en sê vir Ann ons kan maar braai.
   Gaan shower sê sy,kyk hoe lyk jy.Maar dan gaan ek weer vuil word,sê ek.
   In die badkamer gekom het ek vir myself geskrik.
   My bril is vuil,voorkop vol ghrieslap en charcoalstrepe.Klere besmeer, dit lyk of ek in die oorlog was.En julle weet ek is nie een vir geweld nie. 
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 07/01/2020 - 19:19

Môre vriende,
     Man n koffietjie so vroeg in die oggend bly darem lekker.In ons huis drink ons net een maal n dag koffie,weet nie van in julle huise nie.
      Die enigste keer waar hy wel lekkerder smaak is as jy kamp.Darem maar snaaks hoe jou omgewing jou smaakkliere kan aantas.Dit doen met my.
    Seekos,byvoorbeeld prawns smaak heel anders by die see.Ek meen,Ocean Basket en John Dory's werk mos darem met n sekere resep.Eet hom hier en eet hom by die see. 
    Vis en chips van die Porra hier by ons is lekker.Maar boetie,koop hom by die see en sit hom so voor jou tent langs die see en eet.Hy smaak heeltemal anders.
     As ons op vakansie is soek ons altyd n plek wat lekker vis en chips verkoop.
    Kamp ons in Natal,eet jy jou vingers af.Kamp ons op Melkbosstrand en koop by Visvlekhuis in Laaiplek ons vis en chips, o weë,daar smaak hy op sy beste.Daar eet jy jou Natal vingertjies af tot kort duskant jou polse.
    Ek wonder of dit nie die seelug is nie.Reuke speel mos ook n groot rol, en dan natuurlik sig ook. 
    Ja,en dan natuurlik ook n ou ietsie om te drink.n Lekker wyntjie saam met ete.Ai toggie.
    Nou,ek is besig om jul te vertel dat ek alles regkry,ons gaan see toe.
   Ons,die Prof-hulle en die kinders gaan by Plet kamp.
    Ek sal maar nie na hom verwys as Rob nie.Ek meen ek moet dinge darem n bietjie interessant maak.
   Wat gaan die interessantste lyk as ek nou vir julle vertel
"Jors en Rob jaag aan"
               of
 "Jors en die Prof jaag aan"
    of beter nog
 "Jors leer die Prof om aan te jaag" 
    En kyk,ek beplan om n bietjie te gaan aanjaag daar by die see.
    n Mens wat lag is n gesonde mens.
    Dink nou sommer so,as jy kamp,n ou Omie wat nors voor sy tent sit of n jong mooi dametjie wat dalk onvriendelik met saamgeperste lippe voor jou tent verby loop.Sien jy hulle.
    Wel,lyk hul vir jou gesond.Nee,nie vir my nie.
     Daai mooi dametjie verloor haar beeldskoonheid net daar en ek sien haar in my geestesoog n paar jaar verder op n besemstok.
    Gister het ek jul vertel van my karavaan/motor se plug waarmee ek so gesukkel het.
   Ek is nou besig om te kyk wat bly en wat gaan saam.Ek is nogal n kampeerder wat kyk na gewig.
     Ek het al genoeg in my lewe goed saamgery om te gaan kamp,en net weer so ongebruik terug gebring.
    Miskien is dit dalk daai Omie se probleem,hy dra te veel bagasie.
   Môre,kyk ons wat ry en wat bly.
 
Vreugde en vrede vir julle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus