Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -38 minutes ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -3 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -13 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -15 hours ago

Waar kamp julle eerskomende lang naweek?

Pretoria
Submitted by Dylan on
Forums

Waar kamp julle eerskomende lang naweek? Wil nou nie kamp en na die tyd agterkom ons het n lid misgekamp nie!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 22/04/2017 - 07:46

Ons staan huidig by Manzi tot 2/5/2017 waneer ons Richards Baai toe ry.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 22/04/2017 - 08:07

Ons het nou 'n maand gekamp by Cannon Rocks maar vertrek Maandag van hier af na Willows in die Baai vir 9 nagte.   Daar is dinge wat ons moet doen in PE voor ons  3 Mei vertrek na Hartenbos en Plettenbergbaai vir 2 maande.  My seun word volgende week 40 en sal ons sommer sy viering ook kan bywoon.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Sat, 22/04/2017 - 11:25

n Paar van ons skool vriende het besluit dit is tyd dat ons weer opvang met die "onthou jy nog" die "ken jy vir's" en die "weet jy van's". 

Gaan so n bietjie "OFF GRID" kamp op n plaas naby Dundee

Ons het almal nog kontak maar het van hulle so 37 jaar laas gesien.  Sien baie uit na die naweek.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 13/12/2019 - 08:00

Môre vriende

Ek sleep ook van vanmiddag af. Ek sleep;

die tuingereedskap rond, dan die lere en verfblikke en laastens die inkopiesakke en braaihout.

Groete

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/12/2019 - 11:25

Ons bly ook maar tuis die lang naweek, ek spaar vir TO Strand.

Die mense wat weg gaan, wees veilig en geniet die verdiende weg koms.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 13/12/2019 - 11:46

Ons bly maar hier in Kleinmond waar die vakansiegangers ons reeds spreekwoordelik plattrap. Hierdie ou klein dorpie van ons is 'n miernes van bedrywigheid - en die groot toeloop word eers oor die naweek verwag. Ek vermy maar die besige paaie hierdie tyd van die jaar. Terloops - is daar nog voertuie in Gauteng, Vrystaat en Noordwes  oor? Mens kry die indruk dat hulle waaragtig almal hieronder is.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 13/12/2019 - 12:06

Middag Chris

Jy moet mooi oplet, die mense met Toyotas is nog oppad, ons sal net later daar uitkomlaugh

Groete

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 13/12/2019 - 15:22

Ek kamp by Dinokeng wink

Vanoggend het die oord leeg geloop maar is al amper weer vol.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 14/12/2019 - 06:07

More Willem, die groot gekamp sou na gister begin, die peak. Julld mense wat nou kamp gaan dit beleef.

Dit is duur, maar lekker gees wat heers onder die kamp gemeenskap👍

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 15/12/2019 - 20:31

Yzerfontein karavaanpark is so te sê vol maar dis baie lekker hier. Hier en daar iemand wat doef doef musiek speel en toe ek gisteraand lees voor ek insluimer hoor ek een van die laaities langs ons die jong osse inspan van te diep in die bottel kyk maar die stranddiens hou daagliks poppekas vir die kleintjies en strandspele in die middag, die laerskoolseuns speel krieket, die kleintjies baljaar in die 20 grade seewater, die ouers braai en vat ietsie ter versterking en almal is gelukkig. Die GP karre en karavane het ook vandag begin intrek. Ek sal langer kan staan, maar ons moet Dinsdag weer huiswaarts keer. 
A

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 16/12/2019 - 07:29

Môre Chris, lekker, geniet die laaste oomblikke van kamp daar.

Daai Sprite wat so lekker in die koelte staan, (op jou foto regs)  man daai ou het 'n top staanplek gekry👍

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 16/12/2019 - 11:36

Vanoggend is hier ook weer klomp staanplekke oop, sal seker weer later gevul word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus