Waar kamp julle eerskomende lang naweek? Wil nou nie kamp en na die tyd agterkom ons het n lid misgekamp nie!
Willows in die Baai
Ons het nou 'n maand gekamp by Cannon Rocks maar vertrek Maandag van hier af na Willows in die Baai vir 9 nagte. Daar is dinge wat ons moet doen in PE voor ons 3 Mei vertrek na Hartenbos en Plettenbergbaai vir 2 maande. My seun word volgende week 40 en sal ons sommer sy viering ook kan bywoon.
Reunie
n Paar van ons skool vriende het besluit dit is tyd dat ons weer opvang met die "onthou jy nog" die "ken jy vir's" en die "weet jy van's".
Gaan so n bietjie "OFF GRID" kamp op n plaas naby Dundee
Ons het almal nog kontak maar het van hulle so 37 jaar laas gesien. Sien baie uit na die naweek.
Seker te laat om die draad…
Seker te laat om die draad sf te stof, maar wel, wie kamp waar die lang naweek?
Almal weet al waar ons heen…
Almal weet al waar ons heen gaan. Ek werk gou halfdag dan is dit sulke tyd.
Ry veilig as julle weggaan en geniet die langnaweek!
Ek sleep ook....
Môre vriende
Ek sleep ook van vanmiddag af. Ek sleep;
die tuingereedskap rond, dan die lere en verfblikke en laastens die inkopiesakke en braaihout.
Groete
Ek gaan maar tuis bly. Net…
Ek gaan maar tuis bly. Net Sondag vir die dag na Parys, Vrystaat.
Ons bly ook maar tuis die…
Ons bly ook maar tuis die lang naweek, ek spaar vir TO Strand.
Die mense wat weg gaan, wees veilig en geniet die verdiende weg koms.
Ons bly maar hier in…
Ons bly maar hier in Kleinmond waar die vakansiegangers ons reeds spreekwoordelik plattrap. Hierdie ou klein dorpie van ons is 'n miernes van bedrywigheid - en die groot toeloop word eers oor die naweek verwag. Ek vermy maar die besige paaie hierdie tyd van die jaar. Terloops - is daar nog voertuie in Gauteng, Vrystaat en Noordwes oor? Mens kry die indruk dat hulle waaragtig almal hieronder is.
Kleinmond verkeer
Middag Chris
Jy moet mooi oplet, die mense met Toyotas is nog oppad, ons sal net later daar uitkom![]()
Groete
Lang naweek
Ek kamp by Dinokeng ![]()
Vanoggend het die oord leeg geloop maar is al amper weer vol.
More Willem, die groot…
More Willem, die groot gekamp sou na gister begin, die peak. Julld mense wat nou kamp gaan dit beleef.
Dit is duur, maar lekker gees wat heers onder die kamp gemeenskap👍
Yzerfontein karavaanpark is…
Yzerfontein karavaanpark is so te sê vol maar dis baie lekker hier. Hier en daar iemand wat doef doef musiek speel en toe ek gisteraand lees voor ek insluimer hoor ek een van die laaities langs ons die jong osse inspan van te diep in die bottel kyk maar die stranddiens hou daagliks poppekas vir die kleintjies en strandspele in die middag, die laerskoolseuns speel krieket, die kleintjies baljaar in die 20 grade seewater, die ouers braai en vat ietsie ter versterking en almal is gelukkig. Die GP karre en karavane het ook vandag begin intrek. Ek sal langer kan staan, maar ons moet Dinsdag weer huiswaarts keer.

Chris, dit klink en lyk…
Chris, dit klink en lyk lekker. Geniet dit.
Môre Chris, lekker, geniet…
Môre Chris, lekker, geniet die laaste oomblikke van kamp daar.
Daai Sprite wat so lekker in die koelte staan, (op jou foto regs) man daai ou het 'n top staanplek gekry👍





Manzi Maningi
Ons staan huidig by Manzi tot 2/5/2017 waneer ons Richards Baai toe ry.