Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hael November 2026 Geert -11 minutes ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -32 minutes ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -10 hours ago
30% November 2026 Geert -17 hours ago

Januarie 2020 - Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Die eerste dag van die nuwe jaar. Mag elkeen 'n geseënde jaar beleef en hope kampe geniet. Mag elkeen se drome waar word.

Lekker dag vir elkeen. 

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 09/01/2020 - 06:54

Ja hier in Daspoort het dit ook lekker gereën, skat so 20mm ?

Geniet jou Donderdag voluit in vrede.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 09/01/2020 - 15:40

Uitstekende nuus Herman  -  baie bly vir die reën daar by julle !  En natuurlik wonderlik die reën by Karoo N Park.  Hoop daar is nog opvolg reën want op 29/4 is ons daar !

0

Ek het wonder bo wonder hierdie eerste werksweek van 2020 oorleef!!!

Nou kan die res van 2020 maar kom en ek is vandag 176 dae rookvry na 32 jaar se rokery!!

 

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 10/01/2020 - 07:41

..hier vanuit 'n nat en bewolkte Boesmansriviermond. 

Ons het, na die lang en uitgerekte droogte, meer as 60 mm reën gehad! Vriende van ons wat hier op die Grahamstadpad uit boer het 80 mm gemeet terwyl hulle op hul plaas by Salem selfs 90 mm gekry het. Ons is so dankbaar. Ons watertenke (15000 l) loop oor. Ek is reeds besig om nog 10000 l  (1 x 5000 en 2 x 2500 l) tenke te installeer. Ander dele van die droogtegeteisterde Oos-Kaap het blykbaar ook goeie reën gehad het. Nou  bid ons net vir opvolgreën.

Hoop dat julle 'n heerlike dag gaan beleef

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 10/01/2020 - 09:20

Goeie môre Kampforum !

Sarel, baie dankbaar en baie bly vir die lieflike reën wat julle ook gekry het !  Ek glo ook reën-oes is een van die beste en maklikste vorme van water opgaar om ander bronne van water te help bewaar.

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 10/01/2020 - 10:54

daardie tenke het ons basse gered gedurende die seisoentyd. Ons dorpswater was tussen 10 vm en 4nm wn dan weer 10 nm tot 4 vm afgesny en in daardie tye het die tenke ons deurgehelp. Die mees hoogliggende straat was vir 11 dae sonder enige dorpswater. Dis waarom ek nou ten minste nog 10000 l stoorplek gaan opsit. Miskien dalk 15000 l. Volgende Des gaan ons maar weer dieselfde probleme ondervind. Die infrastruktuur hier kan net genoeg water produseer vir ons locals. Des/Jan vervierdubbel die getalle.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus