Goeie môre mede forumiete.
Die eerste dag van die nuwe jaar. Mag elkeen 'n geseënde jaar beleef en hope kampe geniet. Mag elkeen se drome waar word.
Lekker dag vir elkeen.
Goeie môre almal. Lekker…
Goeie môre almal.
Lekker bui reën geval nounet. Die paaie gaan lekker nat wees. Ry maar versigtig.
Lekker dag vir elkeen
Môre sê Kampforum
Ja hier in Daspoort het dit ook lekker gereën, skat so 20mm ?
Geniet jou Donderdag voluit in vrede.
Môre al die goeie mense, ons…
Môre al die goeie mense, ons Karoo is sopnat !!! en dit reen nog steeds.
Nuus van Karoo N Park gekry,…
Nuus van Karoo N Park gekry, meer as 50mm gekry afgelope 2 dae !!!! Sodra die veld n groenigheid wys, is ons daar.
Uitstekende nuus...
Uitstekende nuus Herman - baie bly vir die reën daar by julle ! En natuurlik wonderlik die reën by Karoo N Park. Hoop daar is nog opvolg reën want op 29/4 is ons daar !
Goeie môre almal. Vrydag…
Goeie môre almal.
Vrydag het weer aangebreek. Die wat gaan kamp die naweek moet dit geniet en veilig ry
Lekker dag vir elkeen
Whoop whoop!!!!!
Ek het wonder bo wonder hierdie eerste werksweek van 2020 oorleef!!!
Nou kan die res van 2020 maar kom en ek is vandag 176 dae rookvry na 32 jaar se rokery!!
176 dae rookvry Frik, dit…
176 dae rookvry
Frik, dit is 'n prestasie. Baie mooi.
Baie goed Frik Rook is…
Baie goed Frik
Rook is eintlik maar vergiftiging van 'n mens se liggaam, so dit is ' n goeie ding as mens dit kan stop.
More Almal,
..hier vanuit 'n nat en bewolkte Boesmansriviermond.
Ons het, na die lang en uitgerekte droogte, meer as 60 mm reën gehad! Vriende van ons wat hier op die Grahamstadpad uit boer het 80 mm gemeet terwyl hulle op hul plaas by Salem selfs 90 mm gekry het. Ons is so dankbaar. Ons watertenke (15000 l) loop oor. Ek is reeds besig om nog 10000 l (1 x 5000 en 2 x 2500 l) tenke te installeer. Ander dele van die droogtegeteisterde Oos-Kaap het blykbaar ook goeie reën gehad het. Nou bid ons net vir opvolgreën.
Hoop dat julle 'n heerlike dag gaan beleef
Môre sê Kampforum
As jy gaan kamp ry veilig.
Geniet dié Vrydag voluit in vrede.
Len,
daardie tenke het ons basse gered gedurende die seisoentyd. Ons dorpswater was tussen 10 vm en 4nm wn dan weer 10 nm tot 4 vm afgesny en in daardie tye het die tenke ons deurgehelp. Die mees hoogliggende straat was vir 11 dae sonder enige dorpswater. Dis waarom ek nou ten minste nog 10000 l stoorplek gaan opsit. Miskien dalk 15000 l. Volgende Des gaan ons maar weer dieselfde probleme ondervind. Die infrastruktuur hier kan net genoeg water produseer vir ons locals. Des/Jan vervierdubbel die getalle.





Goeie môre hier van natal af…
Goeie môre hier van natal af, geniet die dag voluit👍