Sal interesant wees om te weet hoe gereed is mense se karavane, of wat jy ook al mee kamp, om enige tyd te haak en gaan kamp.
Ons het ons met die jare al so ingerig, dat dit minder as 'n uur neem van besluit om te gaan kamp, tot gehaak te wees.
Die woonwa het al sy eie "uitrustings" klere, beddegoed, eet gereedskap ensomeer, al wat gedoen moet word, is die bederfbare goed soos vleis en groente ens. te pak.
Binne word die karavaan skoon gehou en altyd op krag, so die batery is altyd vol en die yskas koud.
Gas bottels word hervul sodra dit onder half "voel" wasgoed word na elke kamp gewas en stryk, en gaan dadelik terug karavaan toe.
Die ekstra dinge soos tent, grondseile en die goed wat nie in die wa gestoor word nie, word in die sleep waentjie gereed vir pak gebêre.
Wat die meeste tyd vat, is om die karavaan uit te haal, en om te draai.
Daai bed ding
Freda, dis nou 'n ander ding daai bed wat op gemaak moet word.
Al is ons kooi altyd reg, maak ek hom weer op voor ons gaan slaap, ek slaap nie in 'n bed wat net reg getrek is nie.
Die meeste nie-bederfbare items soos sekere medisyne, kruie ens. word net gereeld na gegaan, en aan gevul soos nodig.
Wa gereed
Myne was altyd gereed net reg om te haak en ry, maar nadat ''Rondloper Kopers'' so 2 weke gelede besoek afgelê het by my huis het dit ons nou met geen keuse gelaat om maar eerder alles uit te haal wat oor was en dan met vertrek weer alles terug te pak.
Ek het nou 'n alarm stelsel instaleer, maar vir ''TA'' sal jy nie weg kan hou nie.
Die karavaan was alreeds reg vir volgende week se vertrek, maar ''Hulle'' het besluit om my ekstra werk te verskaf asook ekstra skool geld te laat uithaal wat nie deel van die ''Budget'' was nie.
Wa amper gereed
Wa is altyd 80% klaar gepak. Die goed wat ons gebruik op die ander manier van kamp is in kratte en kan baie vinnig in gelaai word
Meeste van die tyd koop ons die nodige bederfbare goed naby of by die bestemming.
Sal reken binne n uur nadat ons besluit het om te gaan kamp sal ek kan haak en ry.
As ons met die tent gaan is als klaar in die sleepwa en kan daar net gehak word en die kratte gou agter in die bakkie gooi.
Off Grid vat so n bietjie langer omdat ek nie permanent met die daktent en water tenks ry nie. Dit neem so n uur om reg te kry
Die meeste van die tyd beplan ons reeds lank voor die tyd vir n kamp en is dit maar selde die geval dat en nie die vorige dag reeds als gereed het nie.
Toe ons nog tydelik gaan kam…
Toe ons nog tydelik gaan kam het was die boswa altyd reg om te hak en te ry, Petra het net die bederfbare kos ingepak en binne 'n halfuur kon ons ry, klere en al die ander goed was permanent in die wa.
Ons het nogal gereeld sommer op die ingewing van die oomblik vir 'n naweek weggebreek, as ek vrydag by die huis kom na 'n moeilike week by die werk het ons sommer besluit om weg te gaan, ek onthou hoe ons een naweek binne 'n uur wat ek van die werk afgekom het op pad was.
Ons doen nou nog dinge sommer so skielik sonder om veel te beplan, sal sit en koffie drink en dan besluit kom ons ry, dit is dan waneer ons by die groot kremetart boom of by 'n mooi waterval kom en bessef ons het geen kamera nie.
Ons moet net klere en kos…
Ons moet net klere en kos pak... die basiese kos is ook alreeds in.. die koffie suiker en daai tiepe goed...
Kleintjie dood.
As daar een ding is wat my grensloos frustreur, is dit goed wat in die pad lê soos tent in die karavaan en jy moet oor goed klim om by iets te kan kom.
Soos my vrou altyd sê "'n plek vir elke ding, en elke ding op sy plek" en van daar, dat die sleepwa reg langs die karavaan staan met die tent, stoele en grond seiltjies in. Net voor ons haak, word dit in volgorde van opslaan in die kar gepak.
Ons doen dit ook
Ons doen dit ook Johann. Dit word in ons stoorkamertjie weggebêre. In elk geval, met elke kamp moet jy besluit gaan jy met die tent of die rally kamp, so jy kan nie alles in die karavaan los en onnodig saamkarwei nie. Ons vervoer dit ook in ons voertuig.
Kan amper sê, …
Kan amper sê,
As Elma inwillig om te kamp is die wa binne minute reg, dans dit net kos, pille en sommige klere. Meeste klere is klaar innie wa.
Dit kom voor almal is altyd…
Dit kom voor almal is altyd gereed, net in geval,![]()
Dit kom voor almal is altyd…
Dit kom voor almal is altyd gereed, net in geval,![]()
Oops, dubbel plasing?
Tente en kos word in die…
Tente en kos word in die voertuig gepak. Beplan gewoonlik 'n ruk voor die kamp. Vrou maak 'n lys en spyskaart en dan word alles gepak en gehaak om te ry.
Reg vir sleep
My trailer is gepak net kos, bedegoed inpak dan kan ek haak en sleep ek mis my XT140 so baie maar my beurt kom om daai Swing uit te trek
Ons krag was af gisteraand
Ons krag was af gisteraand en ek het doodeenvoudig my wa se kragdraad in die huis ingeprop en die wa se krag oorgeskuif na die huis, so ons kan enige tyd haak en gaan.
Soos gebruiklik......................
Soos gebruiklik is ons kampeerdery nou weer anders as die meerderheid mense. Dis maar in die gene, ek hou van beplan en sal nooit sê "kom ons ry vanmiddag "nie. Op die vinnigste sal ons miskien 'n week vooraf besluit op 'n langnaweek (meestal 'n selfgemaakte langnaweek) weg breek.
Ons meerderheid goed bly ook in die karavaan en ons hoef net kos en klere in te pak. Na gebruik was ons alles wat nodig is en maak die wa binne en buite silwerskoon, slaggereed vir 'n volgende kamp.
Reg vir sleep
Ons wa is ook gewoonlik klaar gepak en moet ons net die bederfbare kos, 'n paar Germaanse drankies en vrug van die druif drankies en klere pak. Dan kyk ons net of al die nie bederfbare kos reg is en dan kan ons ry. Die battery bly op charge
Soos vandag
My trailer alles in om te kamp tas gepak innie trailer gesit more oggend net my snowmaster weekender afsit in pak en daar ry ons
Shaun, julle moet veilig ry…
Shaun, julle moet veilig ry en geniet die wegbreek.
Die paaie is nat, die solo mense kan nie bestuur nie en en en...
My wa moet net gewas word en…
My wa moet net gewas word en klere in gepak word. Die kos en tente kom in die voertuig.





Raventjie is altyd reg om te gaan kamp
Na 'n kamp word die Raven ordentlik skoongemaak en alles wat normaalweg binne bly word teruggepak, reg vir die volgende kamp. Colin sorg dat die mandinge altyd reg is, geen laaste minuut krisisse nie. Klere, bederfbare produkte en sekere kruideniersware word soos benodig aangevul voor 'n kamp. Die eerste ding wat ek doen as ons begin pak, is om die bed vars op te maak. As die bed nie opgemaak is nie, voel ek nie reg nie. :-)