'n Ou oom staan in 'n trein en kyk hoe 'n pragtige, jong volborstige vrou sit en probeer borsvoed. Die babaseuntjie weier om te drink en sy dreig hom: "As jy nie drink nie, gaan ek my boobie vir die oom gee!". So gaan dit aan en aan, elke keer weier die baba en sy dreig weer. Die oom staan half vererg nader en sê: "Daai baba beter nou sy mind opmaak, ek moes al 4 stasies terug afgeklim het".
Wat van 'n Brakpan enetjie?
Hoe weet jy, jy is by 'n begrafnis in Brakpan? As daar onder op die begrafnisbrief staan: "Moet asseblief nie die lykswa dice nie".
Spesiaal vir Len.
Nou weet ek nie waarom dit so stil is op die forum nie.
ek hoor die op radiox5…
ek hoor die op radiox5
wat is die verskil tussen brandewyn en kasterolie?
met brandewyn rik en rol jy, met kasterolie knyp en hol jy!
Oom en tannie..............
Oom en tannie is oppad huis toe en stop net gou by die apteek sodat die omie gou Viagra kan koop. Terug in die kar ry hulle verder en die tannie ontwikkel 'n geweldige hoes bui.
Tannie sê : "Sjoe, ek het 'n padda in my keel "
Oom : "Sorg dat daardie ding op sy plek kom voor ons by die huis is !"
Lekker gelag nou, mooi man…
Lekker gelag nou, mooi man Len, so ou kêrel kan vinnig dink.
G'n mens.............
G'n mens kan sê ek probeer nie baie hard om reaksie uit die forum te kry nie !
My bank is bankrot. Toe ek…
My bank is bankrot. Toe ek vanoggend by die OTM wou geld trek se die masjien "no funds available"
Ware storie…
Ware storie.
Ek was tydens die Kalfie Fees hier by Onrus by 'n "show" by ons Burgersentrum. Vooraf was daar koffie en eet goedjies in die ingangsportaal gewees en terwyl almal daar rondstaan en gesellig verkeer, kom 'n bekende ginekoloog, (sal nie name noem nie) ingestap en vra so in die algemeen "het iemand my beter-helfde" gesien. Een van die drie dames wat langs my staan haak toe af en sê toe kliphard "nee jong, as ons jou sien dink ons net aan ons onder-helfte".
Len is defintief besig om te…
Len is defintief besig om te bot, (Lente bot, hy is vol streke sien ek).





Of die.