Hoe lyk jou beplanning vir 2020 ? Ek sit 2021 by a.g.v. COVID-19.
My planne met een
Willem my en Berdien se vakansie planne met een oogwink 360 grade verander dis n storie vir later
Ek dink nog nie aan 2020 se…
Ek dink nog nie aan 2020 se kampe nie. Ek het net een in gedagte ek weet ons toer Swaziland in Wintervakansie maar nog geen info wat vas gemaak is nie.
Willem vir 2020 ?
Het reeds my Serengeti kamp van April gemis, nou antwoord hulle nie my e-pos nie, verstaanbaar.
Die volgende een is/was beplan vir die Junie skool vakansie 15-30 Junie.
- 16-06-2020, Safari Park Phalaborwa
- 17-22 Junie, KNP - Letaba (50% deposito betaal)
- 22-30 Junie, Forever Resort - Tshipise (ten volle betaal)
Gister kry ek 'n SMS wat sê ek moet my deposito vereffen voor 16/04/2020 vir my bespreking by KNP - Letaba. Sal maar e-pos stuur.
Nou wonder ek ???
Ek sit ook en wonder oor die…
Ek sit ook en wonder oor die beplaning?
Ek moet 1Mei 2020 by Moreson intrek.
Maar hulle is nou toe en wat ek van een van die aandeelhouers verstasn gaan hulle dalk die hele winter toe bly?
Dan sukkel Petra ook erg, kan amper nie loop nie, het pal erg pyn. So dat sy soms sit en huil.
So ek kan nie sien dat sy gou ons kamp sal kan oppak nie.
Het intussen maar gereel dat ons onbepaald sal staan?
Willem, stuur vir hulle jou…
Willem, stuur vir hulle jou beeys van betaling weer, per kerende e-pos.
17-22 Junie, KNP - Letaba (50% deposito betaal)
Johann ...
Ek het dit gestuur, die eerste deposito is betaal maar nou soek hulle die laaste deel ?
Willem...
Willem, as ek in jou skoene gestaan het sal ek liewer nie die balans nou betaal nie. Noudat die inperking verleng is tot einde April, is ek vas oortuig die Junie/Jule skoolvakansie gaan verval. Ek is verder oortuig dat jy nie jou betaalde deposioto sal verloor nie en jy kan vra dat dit oorgedra word na 'n later besoek.
Jy hoef dit ook nie nou te doen nie, want die personeel is almal in "lock down".
Met n kind in matriek het ek…
Met n kind in matriek het ek op die stadium met die Corona situasie geen planne vir 2020, behalwe ons Desember vakansie in die Tuinroete.
Sal baie graag as ons die tyd gegun word wil kamp in Marakele vir n dag of drie.
Junie 2020
Ek kry die gevoel dat die winter skool vakansie
toe is.
Wonder of KNParke my bespreking sal oordra na 2021 toe ?
Ek wonder net hoe gaan die skole werk met maskers op (as ek kyk na die gesondheids verslag)
Die opskrif....
Die opskrif van hierdie draad het duidelik sy gat gesien. En voor ek weer oor my taalgebruik aangespreek word, ek verwys na die gaatjie op Willem se foto hierbo.
Len as ek reg verstaan praat…
Len as ek reg verstaan praat jy dan van die gat in Willem se nut?
Wees spontaan mense, moenie…
Wees spontaan mense, moenie altyd so beplan nie, gaan kamp op die ingewing van die oomblik!
Wees spontaan ...
Met Wijan op skool moet ons maar beplan.
Ek het 2021 se kalender ook by gesit.
Hoop die Namib trip gaan bly Desember 2020 / Januarie 2021, miskien moet ons hom maar rek op op te maak vir 2020 se verlore skool vakansies.
Spontaan
Middag gees
Ekskuus vir die spelling, maar daar is net een Gees wat met 'n hoofletter gespel word.
Ek kon nog nooit net hak, sleep en by 'n plek opdaag in die hoop dat daar vir my plek sal wees nie.
Ongelukkig by gewilde oorde soos KNP en ander SANPARKE, moet mens maar lank vooruit bespreek.
Groete
Hehehe, oom Wessel kan my…
Hehehe, oom Wessels kan my enigiets noem, maar kan ek mooi vra, moet my net nie diep in die oe kyk en darling noem nie.





Willem vir 2020
Ek het nou navraag gedoen oor wanneer maak die KNPark se besprekings oop vir die Junie/Julie skoolvakansie 2020.
" Dit maak 24 Julie oop vir die Junie/Julie skool vakansie 2020 " was die antwoord.
Nou wonder ek of ek dalk moet plan sien om by Satara te gaan kamp.