Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -2 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -15 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -23 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -23 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Beplanning vir 2020 / 2021

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Hoe lyk jou beplanning vir 2020 ?  Ek sit 2021 by a.g.v. COVID-19.

.

.

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 14/05/2019 - 15:51

Ek het nou navraag gedoen oor wanneer maak die KNPark se besprekings oop vir die Junie/Julie skoolvakansie 2020.

" Dit maak 24 Julie oop vir die Junie/Julie skool vakansie 2020 " was die antwoord.

Nou wonder ek of ek dalk moet plan sien om by Satara te gaan kamp.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 15/05/2019 - 07:26

Willem my en Berdien se vakansie planne met een oogwink 360 grade verander dis n storie vir later

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Fri, 17/05/2019 - 07:53

Ek dink nog nie aan 2020 se kampe nie. Ek het net een in gedagte ek weet ons toer Swaziland in Wintervakansie maar nog geen info wat vas gemaak is nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 10/04/2020 - 13:53

Het reeds my Serengeti kamp van April gemis, nou antwoord hulle nie my e-pos nie, verstaanbaar.

Die volgende een is/was beplan vir die Junie skool vakansie 15-30 Junie.

  • 16-06-2020, Safari Park Phalaborwa
  • 17-22 Junie, KNP - Letaba (50% deposito betaal)
  • 22-30 Junie, Forever Resort - Tshipise (ten volle betaal)


Gister kry ek 'n SMS wat sê ek moet my deposito vereffen voor 16/04/2020 vir my bespreking by KNP - Letaba.  Sal maar e-pos stuur.

Nou wonder ek ???

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 10/04/2020 - 14:49

Ek sit ook en wonder oor die beplaning?

Ek moet 1Mei 2020 by Moreson intrek.

Maar hulle is nou toe en wat ek van een van die aandeelhouers verstasn gaan hulle dalk die hele winter toe bly?

Dan sukkel Petra ook erg, kan amper nie loop nie, het pal erg pyn. So dat sy soms sit en huil.

So ek kan nie sien dat sy gou ons kamp sal kan oppak nie.

Het intussen maar gereel dat ons onbepaald sal staan?

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 10/04/2020 - 15:42

Ek het dit gestuur, die eerste deposito is betaal maar nou soek hulle die laaste deel ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 10/04/2020 - 17:02

Willem, as ek in jou skoene gestaan het sal ek liewer nie die balans nou betaal nie.  Noudat die inperking verleng is tot einde April, is ek vas oortuig die Junie/Jule skoolvakansie gaan verval. Ek is verder oortuig dat jy nie jou betaalde deposioto sal verloor nie en jy kan vra dat dit oorgedra word na 'n later besoek.

Jy hoef dit ook nie nou te doen nie, want die personeel is almal in "lock down".

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 10/04/2020 - 17:07

Ek het "auto" e-pos gekry.

"Kindly be inhormed ...... trying our best .... to attend to queries ...."

Nou het ek bewys van my navra.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 10/04/2020 - 19:55

Ons sou 2 Mei by Natalia vir 15 dae kamp by staanplek 114 wat ons lank na vry nou het hulle ons boeking geskyf na November baie gelukkig daar mee

0

Met n kind in matriek het ek op die stadium met die Corona situasie geen planne vir 2020, behalwe ons Desember vakansie in die Tuinroete.

Sal baie graag as ons die tyd gegun word wil kamp in Marakele vir n dag of drie.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 14/04/2020 - 09:17

Ek kry die gevoel dat die winter skool vakansie  

A toe is.

Wonder of KNParke my bespreking sal oordra na 2021 toe ?

Ek wonder net hoe gaan die skole werk met maskers op (as ek kyk na die gesondheids verslag)

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 14/04/2020 - 09:27

Die opskrif van hierdie draad het duidelik sy gat gesien.  En voor ek weer oor my taalgebruik aangespreek word, ek verwys na die gaatjie op Willem se foto hierbo.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 14/04/2020 - 09:37

Het jy tussen die lemmetjies geslaap ?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 14/04/2020 - 10:16

Met Wijan op skool moet ons maar beplan.

Ek het 2021 se kalender ook by gesit.

Hoop die Namib trip gaan bly Desember 2020 / Januarie 2021, miskien moet ons hom maar rek op op te maak vir 2020 se verlore skool vakansies.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 14/04/2020 - 11:46

Middag gees

Ekskuus vir die spelling, maar daar is net een Gees wat met 'n hoofletter gespel word.

Ek kon nog nooit net hak, sleep en by 'n plek opdaag in die hoop dat daar vir my plek sal wees nie.

Ongelukkig by gewilde oorde soos KNP en ander SANPARKE, moet mens maar lank vooruit bespreek.

Groete

 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 15/04/2020 - 07:50

Hehehe, oom Wessels kan my enigiets noem, maar kan ek mooi vra, moet my net nie diep in die oe kyk en darling noem nie.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus