Goeie more kamp vriende, Gideon het my gister geskakel oor die waentjie wat gekoop is met die doel om nog n wa vir Andriesvale se mense te skenk. Die wa staan daar by sy huis en hy het nog nie tyd gehad om hom reg te maak nie. Die wa het houtvrot in die voorste gedeelte. Ons het daaroor gepraat dat Gideon die wa hou en dalk later regmaak, en hy kan dan vir ons n bedrag van R8000 gee wat ons vir n Charity kan gee of die mense wat hulle geld eerder wil terug he kan Gideon whats app by 074 660 0948 . Daar is net meer as R 7000 ingesamel vir die wa. Het enige iemand dalk rekord van die bedrae en persone wat die geld geskenk het asseblief. Ek wil voorstel dat ons die geld skenk aan Hanna Charity, ( Hanna Grobler), sy doen baie goeie werk vir die mense in Elandspoort wat swaarkry, en dit is n geregistreerde charity.Ons moet na ander voorstelle ook kyk asb. Laat weet ons gerus.
Ek is ook een wat geld…
Ek is ook een wat geld geskenk het en gee nie om of dit bly vir die wa en of dit iewers anders aangewend gaan/kan word nie.
Dit was en is nog steeds `n goeie voorstel om dit te skenk. Dalk moet ons iets nuuts doen om die organisasie wat Chris hier noem te ondersteun.
Op die ou forum het ons `n karevaan weggegee ,Kinders geneem om te gaan kamp ,Skoolskoene gekoop ens ens. Ek is seker ons kan weer so iets aan die gang kry hier.
Groetnis
Petrus se wa
Die geld wat ek ook gegee het, kan julle maar maak soos julle goed dink.
Dit is gegee met die doel om ander te help.
By die kinderhuis kampe het daar politiek ingesluip en ek en Yvonne het daar ontrek.
Daar is tot vir ons gesê, ons kom daar aan met "gebrande" voertuie om te adverteer. SWAK SWAK. Moet ons nou die "branding" laat afhaal of ander voertuie huur ???
Glo nie ek sal ooit weer betrokke raak by so iets nie. Te veel afguns. Ons het duisende rande geborg sonder om iets terug te verwag.
Hartlant (Kwaai stem)…
Hartlant (Kwaai stem)
Moenie dat mense met daardie tipe houding en mindset jou geluk steel nie. Terloops die klakouse wat het hulle bygedra.
Soos jy sê en ek ook oor elke keer as ek/jy `n bydrae tot iets maak is jy gee onvoorwaardelik geen bybedoelings hoe die ander dit wil sien is hulle saak.
Daar is soveel nood armoede en verdriet in hierdie land van ons en soos gewoonlik word die wat gee/help ontmoedig deur dit wat jy ervaar het en so verloor die wat dit die nodigste het die meeste.
Nee wat man dink aan iets wat ons kan doen en ons maak dit gebeur. Ek self het nog net voorheen geld geskenk maar nou dat ek en die vrou alleen in die huis is gaan ek verseker meer persoonlik betrokke raak sou ons weer so iets namens die forum aanpak
Groetnis
humanitêr sub forum is…
humanitêr sub forum is geskep onder KAMPFORUM kategorie - hierdie draad is soontoe geskuif
Betrokke raak?
Harry ek weet waarvan jy praat. Ek self sal ook nie weer betrokke raak nie.
Ek sit nou en dink hier, en…
Ek sit nou en dink hier, en dalk is 'n ander draad nodig vir dit?
Maar mens moet seker maar mooi dink en 'n visie ens neersit voordat sulke goed aangepak word. Leer uit die verlede, en beplan met die doel om die goeie daad te verrig en ook EENHEID te bou in die groep.
Ek hou baie van die gedagte…
Ek hou baie van die gedagte van help ons volk, sal die draad dop hou.?
Dankie aan almal, ek het…
Dankie aan almal, ek het Hanna charity gekontak en wag vir hulle e pos met die details, die mense is baie dankbaar oor die skenking, die dame met wie ek gepraat het was in trane wat my ook baie hartseer gelaat het. Sodra ek die besonderhede het gaan ek dit vir Gideon gee wat dan die betaling sal maak. Ek sal dan vir die mense van die charity vra om net vir ons n kort briefie te stuur wat ek dan op die forum sal plaas. Nogmaals dankie almal, daar is so baie kindertjies wat gevoed kan word met die geld.
Petrus se wa
Hallo julle, die skenking is oorbetaal aan Hanna Charity, ek gaan kyk of ek die brief van hulle kan plaas.
Ek sukkel met die brief,…
Ek sukkel met die brief, Anton ek het dit vir jou gemail op kampforum mail adres, kan jy help asb.
Ek sukkel met die brief,…
Ek sukkel met die brief, Anton ek het dit vir jou gemail op kampforum mail adres, kan jy help asb.
Enige tyd! anton@kampforum.co.za
Hanna Donasie Brief
Chris ek het sommer die brief "ge-snip" en 'n jpg gemaak. Ek het hom hierbo net onder die oorspronklike onderwerp skrywe geplaas (dan vertoon dit groter)
Dit is nou jammer om te…
Dit is nou jammer om te verneem, stetkte aan sy familie.






Petrus se Wa
Dankie Chris