Kleurfilms
Middag vriende
O gaats, kyk julle ouens nie kleurfilms nie??
Groete
My gunsteling....
My gunsteling "aktrise" is Nkosazana Dlamini-Zuma, sy is tog te oulik met haar goed deurdagte politiese standpunte, soos byvoorbeeld die gevaar van die draai van zolle om te rook !
Swart & wit.....?
Wessel, verwys jy nou na swart/wit argumente wat deesdae deur veral onder die EFF populêr is of na Peter Marais wat voel gekleurdes word oor die hoof gesien ?
Hier op eie bodem, Minki…
Hier op eie bodem,
Minki van der Westhuisen
Net 'n vraag, bedoel Shaun …
Net 'n vraag, bedoel Shaun "comedy" of werklike flieks😂
My gunsteling "aktrise" is Nkosazana Dlamini-Zuma
Johann, ek glo hy bedoel…
Johann, ek glo hy bedoel werklike flieks - dis sommer ek wat 'n bietjie stroom-op met hom mors.
Wow, maar ons hier op Kampforum is darem lekker verveeld met die "lockdown"-storie dat ons nou al oor flieks en "meisies" van jare terug praat (uitgesonderd M vd W)!
Niks fout met gesêls oor…
Niks fout met gesêls oor meisies nie, ons kan mos nie kamp nie😁
Julle gaan dalk dink neef is…
Julle gaan dalk dink neef is n pedofiel, maar Hellin Mirren gee my hoendervleis !!
Kleur verwysing
Môre Len en ander verveelde kampeerders
Ek het eintlik 'n strik gestel, maar jy het NIE daarin getrap nie. Ek wag om te sien wie gaan Arie klop, en eerste in die sponsdoring trap.
Jy is natuurlik korrek, daar is baie ervare politieke akteurs. Ek is bekommerd dat die president moontlik die mees ervare akteur is, synde dat hy al vanaf die Callagher-onderhandel dae die NP en ander hedendaagse partye ore aansit.
Op die internasionale front, sekerlik Donald Trump.
Groete
O gits natuurlik Wessel, ou…
O gits natuurlik Wessel, ou DT-jie lyk darem op 'n haar na daardie steak-profiel van hom wat op sosiale media rondgestuur word, veral daardie boonste stuk wit vet lyk netsoos sy gedaaide hare wat soos 'n bosbreker sy voorkop beskerm.
En terwyl ons nou van internasionale akteurs praat, Boris lyk of hy vergeet het om sy hare te kam nadat hy dit droog geblaas het.
Ten slotte : ek hou nie van een van hierdie twee akteurs nie.
Môre "Oom" Len
Goeiedag Ammal,
Len, ek sien jy probeer steeds die standaard van elektroniese kommunikasie hier op die blad redelik hoog hou, maar ek dink in die geval het jy die vraag verkeerd gelees.He He.
Sleep nou het gevra - Wie is jou gunsteling AKTRISE.
Nou karring jy hier rond met NARRE - hoe nou, - vra ek jou mooi???
Groete aan almal en mag die vervelentheid nie te groot raak vandag nie.
Wessel, nee ek trap nie in…
Wessel, nee ek trap nie in die slagyster nie
Ek lees die draad baie vinnig en opervlakig. Gasn mos glad nie in vir Afrikaanse flieks, sepies, of musiek nie! O ja, ook nie boeke nie.
Hellin Mirren
neef, Is dit van haar wat jy voel soos 'n "pedofiel" ?
Einste daai een Willem,…
Einste daai een Willem, classy... Gaan nie saam gesels as dit oor PW se wange en hoedjie gaan nie, gee my die horries as daai gesig in my gedagtes opkom.
My maggies André, baie…
My maggies André, baie lekker om van jou te hoor en dankie vir die reghelp - jy's reg die twee is narre en beslis nie aktrises nie.
Hoe gaan dit met die pensioentyd ? En is die Amarok se laaisisteem toe al voltooi ? Wat hou jou so besig dat jy so min hier gesels ?
Hellen Mirren...vir oom Neef…
Hellen Mirren...vir oom Neef.
Het oom al die RED (Retired and Extremely Dangerous) Movies waarin sy speel gekyk. Sy is `n bietjies Psycho daarin. Excellent action flieks.





Jana Cilliers, nie net mooi…
Jana Cilliers, nie net mooi op die oog nie, maar ook 'n uitstekende aktrise.
Internationaal, is dit Sandra Bullock, en Julia Roberts, hulle laat my asem min raak.