Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -1 hour ago
Jan Meyer Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -1 hour ago
Huur Help met kamp beddens en… Geert -5 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -7 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago

Augustus 2020 met of sonder koffie

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan ek dalk vir iemand 'n heerlike beker tee aanbied?  Ek hoor van Augustus af gaan die drink van koffie nou sterk verban word? wink

Geniet die Augustus maand - ons het die jaar darem al sovêr oorleef en oor 'maand is dit alweer lente!   Dan gaan ons lekker kamp! 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 21/08/2020 - 07:47

Goeie more vriende, geniet die naweek.

More Arie, ek sien jy is aanlyn, baie sterkte vorentoe. Ons weet dat daar nou 'n groot leemte in jou lewe is, maar jou geloof sal jou jou deur dra.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 21/08/2020 - 12:29

Ai tog, die mense wat so lekker kamp maak 'n mens jaloers !  Ek het toe maar iets anders aangepak om my lus te demp.  Sal elders vertel wat ek gister gedoen het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 21/08/2020 - 15:07

Ja, ek weet dit is Vrydag middag, was net besig vandag.

Geniet die res van jou naweek voluit.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 21/08/2020 - 20:05

Daai broodjie het geloop soos stroop wink​​​​​​, het vandag n braaibroodjie gemaak saam n stukkie lende skyf (mooi afrikaans). My hele gesin kan brood bak en is altyd n wenner. Dié ene is in n oop pan binne die braai rooster gebak en die skottel braai as deksel gebruik om hitte binne te hou soos n miershoop oond

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 22/08/2020 - 07:10

Dankie Lappies.

Daai brood laat my mond sommer water. Net so met lekker plaas botter of n lekker vye konfyt met so bietjie kaas by smiley

Ons het gister oggend so 8 uur gery en dit het so 2.5 ure geneem. Die voordeel is, dit is weer naweek. smiley Kan klaar voel hoe verskil die skoon lug teenoor die vuil lug. Voel sommer al klaar siek.

Geniet julle dag en bly veilig.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 22/08/2020 - 08:28

Môre môre, bly ek kon julle prikkel met die vars gebakte broodjie. Maak maar plan daar by die huis en bak ene. Ons sal volgende week weer ene bak terwyl ons nog hier staan. Geniet die naweek uit jul sokkies uit. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 23/08/2020 - 06:19

Son is nog nie uit nie, maar dit lyk belowend vir 'n heerlike dag voor ons weer reën kry in die week.

Ek verstaan by Mammie skaapboud is op die spyskaart vandag en ek gaan dus 'n heerlike dag hê en is vol vertroue jy gaan jou dag ook geniet. En dan, 'n rooi KWV Shiraz staan ook gereed wat vooraf gegaan sal word deur 'n koue Black Lable.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 23/08/2020 - 06:35

Goeie more Len en almal op ons gawe forum,  lekker rustige dag vir julle.

Ek sien hier gaan dit ook warm word vandag, met nog hier temperature vir die week. 

Ek glo Lapskag gaan hierdie week heerlik kamp by Eastco Parys met die in die 20° vir die week.

Len, hire hier die son so paar oomblikke terug oor die horizon begin loer, so mooi goue pink skynsel.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 23/08/2020 - 07:07

Môre. Lê nog en koffie drink, hele bed vol katte, ouma haal rustig asem. Gaan ñ entjie stap, verlede week was die weer darem net te erg.

Die skaapboud klink heerlik, hier sal seker ook iets lekker voorgesit word. Nou ja laat ek my ou lui gedaante aan die beweeg kry. Mooi dag vir almal.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus