Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 06/09/2017 - 06:34

Nee, dis nie General Motors in die opskrif nie, dit is Goeie Môre !

Ons het darem gister so 3mm reën gehad met nog 'n bietjie voorspel vir Donderdag en Vrydag.

Ja OK, ek weet dis vervelige nuus, maar darem beter as die Cyril-kapperjolle of die DA se massiewe flater met hul flop-mosie of die EFF/UDM se flop-poging in die Konstitisionele Hof

'n Meer interessante nuusdag word julle almal toegewens !

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 06/09/2017 - 06:40

Dankie Len!   Wel ek het BAIE goeie nuus!

Elke persoon wat vanoggend weer sy oe oopgemaak het en die sonlig en dag ervaar, jy is nog 'n dag van LEWE  gratis gegee!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 06/09/2017 - 08:01

Anton, dit is so waar. Ek het 'n vriend gehad wat gese het elke oggend om wakker te word is 'n wonderwerk. Die res is luukses

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 06/09/2017 - 08:32

Ja, ons is almal dankbaar vir nog 'n dag.   Maak die beste daarvan.

Ja, Len, ongelukkig spandeer die leiers (van alle partye) deesdae meer tyd en aandag aan ondersoeke oor korrupsie, oortredings, wangedrag, ens. ens. as aan die bestuur van die land.  Dit is alewige hofsake, verhore en 'n stryery in die parlement.

Geniet julle dag en maak soos Dusty sê:  Steek 'n vuurtjie aan en braai!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 07/09/2017 - 05:34

Goeie more almal.

Die dae word nou elke dag warmer. Besig om tee te drink en die koffie masjien is aan die gang.

Amper naweek. Lekker dag 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 07/09/2017 - 06:43

Ek hoop julle het almal heerlik geslaap en is lekker uitgerus vanoggend.   Kyk, as jy nog jonk is, slaap jy dwarsdeur en sukkel om wakker te word met opstaantyd.   Die slaap van die dode!  Maar as jy nou al by my jare stap, is dit jou nie meer beskore nie.   Jou blaas dring daarop aan om een maal gedurende die nag geledig te word.   Dan kan jy nog so nou en dan skielik 'n pyn of 'n kramp iewers kry.   Laasnag het ek dwarsdeur geslaap, so ek is darem nog nie te oud nie!  laugh

Hoop die koffie smaak lekker.  Geniet julle dag.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 07/09/2017 - 07:19

Mag julle almal n groot dag he die koffie loop soos stroop

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 07/09/2017 - 08:16

Goeie more vrinne!    Dankie Dusty vir daai oulike prentjie (-;

Mag jul almal 'n geseënde dag hé en mag jul grootste bekommernisse soos molshope word.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 07/09/2017 - 08:26

Ek stem saam met die tannies op daai prentjie.   Die lekker daarvan, jy kom nie so erg in die moeilikheid soos voorheen nie. wink

Voortrekker, moenie van molshope praat nie!   Ons het vir 2 jaar gereeld en aanmekaar molshope in ons tuin gekry.  Met die droogte het dit opgehou.  Nou het ons mos reën gehad en sowaar, vanoggend is daar twee vars molshope op die gras!!!  Ons het drie weke gelede 'n stuk van die plaveisel laat oorlê omdat dit op plekke gesak het, as gevolg van die molle.   Die pestilensies is erger as die ape wanneer jy kamp!!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 08/09/2017 - 05:32

Goeie more op hierdie heerlike Vrydagoggend.

Nog 'n lekker warm dag word vir ons voorspel. Hulle verwag 32° vir Pretoria.

Tee gemaak en is besig om dit te drink. Kollega ry vanoggend na die drakensberg hotel vir die naweek. Glo hy gaan die geniet.

Lekker dag en geniet die naweek. Die wat gaan kamp ry versigtig en kamp 'n hond uit 'n bos

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 08/09/2017 - 07:10

More julle almal geniet die naweek die wat by huis kamp geniet die wat regtig gaan kamp geniet dit ook ons beurt kom en ja die koffie loop soos stroop

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 08/09/2017 - 07:15

Ooh nee!  Gister was ek uit in die voertuig teen 1pm en dit was WARRRMM  30  grade.   Ek gaan nou weer 10 am uit tot 2pm.   Ek gebruik mos nie aircon nie, behawe as dit hier by die 36 +  kom of as vrou en kids saam ry.

Inelkgeval -  lekker dag vir almal  en 'n lekker naweek!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 08/09/2017 - 10:23

Ek hoop julle gaan lekker naweek hou en die Saterdag geniet.

Ons het gaan verf koop en het mense wat vandag ons grensmure verf.   Teen die prys wat verf deesdae kos, sou mens sweer ons gee dit 'n goudlagie.laugh   Hier in ons kompleks mag ons ook net 'n sekere verf gebruik en presies die regte kleur.   Ongelukkig kom sulke uitgawes nie op 'n einde as jy op pensioen gaan nie. wink

Dit is 'n heerlike dag buite, ek sal maar gaan plante natmaak met die gieter.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus