Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
Wessel, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Gemsbok... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Stil pad Tulbagh toe. Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 08/09/2017 - 13:56

Goeie middag almal

Ons het darem weer 10mm reën gehad, maar die son skyn nou weer.

Freda, ek is ook 'n voorstaander daarvan om "vibacreet" grensmure te verf  -  dit skep onmiddelik 'n baie mooier en duurder atmosfeer.

So het die betonmuur gelyk voor dit geverf was :

.

En so lyk dit nadat die muur geverf is :-

.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 08/09/2017 - 14:06

Ja, Len.  Ons het net vibacrete tussen ons en die 2 buurmanne maar voor en agter is gepleisterde mure.  Reg rondom die huis is mure wat ons net van binne moet verf.  Die buitekant verf die body corporate.  Maar dit is heelwat verfwerk en benodig nogal baie verf.  Dit is dieselfde kleur as joune en het die winter streperig begin lyk maar gelukkig het dit net een laag nodig.

Maar ek stem saam met jou, vibacrete moet geverf word.  Maak 'n groot verskil.  Veral by 'n swembad, soos joune.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 09/09/2017 - 05:30

Goeie more.

Sit lekker rustig in die sitkamer en koffie drink. Luister na die voelgesang buite. 

Soos wat Hester gese het, die staar siekte. Kon nie meer slaap nie. Iemand by die kantoor het altyd gese ek maak die wekker wakker en nie anders om nie.

Moes kleinkind vandag vir hokkid gevat het maar is gekanselleer as gevolg van moontlike sinkgate by die kollege.

Geniet hierdie Saterdag. Ekself sal maar die tuinroete om die huis doen en dan die karavaan begin gereed kry vir kamp aan die end van die maand

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 09/09/2017 - 07:09

Ek geniet ook hierdie tyd van die oggend in my huis.  Colin slaap nog en ek sit rustig en luister na die geluide wat van buite af kom.   Selfs die mense wat werk toe ry klink mooi, want ek hoef dit nie te doen nie.wink

Die verwery van die mure gaan voort by ons vandag, hopelik sal dit klaarkom.  My twee-weeklikse bediende kom ook vandag huis springclean.    En ons gaan vir die Bokke kyk!

Lekker dag vir almal.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 09/09/2017 - 14:49

Ek's nie noodwendig opgewonde nie, ek groet net vriendelik !

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 10/09/2017 - 08:20

Goeie more.

Koffie en beskuit gehad vroeer va oggend. Nou oppad kerk toe.

Geniet die Sondag en rus lekker. Die wat gaan kamp het ry veilig terug

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 10/09/2017 - 08:37

Hoop julle het almal 'n baie aangename Sondag.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 11/09/2017 - 04:43

Goeie more.

Nuwe week en dit word nou lekker warm. Tee gemaak en sal so oor 10 minute gaan koffie maak.

Gister toe ek in Brits was was die temperatuur volgens my voertuig 37°.

Volgens die weerburo lyk dit of Freda se area vandag reen kan verwag.

Geniet die week en 'n lekker dag

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 11/09/2017 - 06:49

Goeie more Dusty en dan ook  al die res van die laat slapers.  Ja Dusty hierdie weer met die droë lug en hoë temperature wat ons hierbo ervaar maak 'n man darem vreeslik dors.

Ek hoop regtig die mense in die suide kan reën kry.  Ons eerste reën behoort nou binnekort hierbo te val.

Lekker dag vir almal.    Mag jou molshope hope goud word!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 11/09/2017 - 07:45

Ek gaan vir n ruk bietjie stil wees aanleg vir twee weke op Shutdown maar ek sal nou en dan inloer sterkte virrie week en die koffie loop soos stroop

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 12/09/2017 - 05:29

Goeie more.

Uitgespaar vir nog 'n dag.Sit reeds en tee drink. Koffie ook aan die gang.

Geniet ook hierdie dag

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus