Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -5 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -5 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -6 hours ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 12/09/2017 - 19:29

Kan ek 'n inset lewer?

Jy mag maar 'n inset lewer, ek toets gou die "aanhaal" knoppie, op my panado.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Wed, 13/09/2017 - 05:29

Goeie more almal.

Ek luister vanoggend weer vir die voels se geluide. Dit is asof hulle vanoggend uithaal wat hulle in die winter verloor het. sing baie meer en harder vanoggend.

Koffie is aan die gang. Tee klaar gemaak

Voorspoed vir die dag

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 13/09/2017 - 06:50

Goeie more almal.  More Dusty.  Van die voels gepraat, ja ek het dit ook vanoggend opgemerk.  Nogal so 5am toe ek opstaan, toe dink ek by myself....  hene maar hierdie voels sing darem hard so vroeg!

Ek dink dit is omdat dit Woensdag is en hulle weet vannaand word daar ge-BRAAI!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 13/09/2017 - 08:25

Dagsê mense !

Nie koffie of tee vir my nie, dankie.

 

Ns.  Hoekom sê ek so ?

0
Bosveld
Profile picture for user Gryswater

Gryswater

Wed, 13/09/2017 - 08:47

Ns.  Hoekom sê ek so ?

 Omdat dit Woensdag is en al wat julle op 'n Woensdag inneem is ... BRAAIVLEIS! ??

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 14/09/2017 - 05:29

Goeie more.

Die weke snel nou verby. Kan ook nie meer byhou nie. Sit nou en tee drink. Koffie is ook gemaak.

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 14/09/2017 - 12:09

Bietjie laat in die dag.   Tot Arie my nou behoorlik wakker geskud het op 'n paar ander drade!  Hy vertel ons tot wat hy van drade styftrek geleer het en toe ook van .....   Of nee wag, los eerder.    Gaan lees eerder self! angel

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 15/09/2017 - 05:35

Goeie more op hierdie heerlike Vrydagoggend.

Alles klink vrolik vanoggend. Het terwyl ek was my vervoer gewag het tot 'n hoenderhaan hoor kraai nie ver van my huis af nie. Het my weer laat terug dink aan my kinder dae. My ouers het altyd hoenders gehad terwyl ek nog in die huis was.

Koffie is gemaak en sit en tee drink. 

Wil die naweek my kamera agter die karavaan afhandel sodra ek die monitor moreoggend gaan optel het.

Lekker dag en naweek. die wat gaan kamp moet versigtig ry en dit geniet

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 15/09/2017 - 07:15

Ek hoop almal het 'n lekker Vrydag en sien uit na die naweek.

Lennie, moes jy narkose kry Woensdag?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 15/09/2017 - 08:04

Môre sê

Dankie vir die troos.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 15/09/2017 - 09:53

Goeie môre almal !

Freda, nog steeds nie tee en koffie vir my nie dankie, maar ek sal rooibos-tee wel neem. Nee, ek het nie narkose gekry nie.  Ek moet 'n bietjie wegkom van kafeïen-inname.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 16/09/2017 - 06:50

More more.  Sleep nou jy is vroeg aan die gang vanoggend?  Is dit rugby senuwees wat jou so wakker hou?

Lekker dag vir almal!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 16/09/2017 - 06:58

Vandag wag die swart gevaar met hul haka vir ons.   Mag daar iewers oor daai veld Springbok engeltjies sweef.

Dit reën lekker in die Baai.  Gedurende die nag begin.  Nie baie hard nie maar dit val al vir ure aanmekaar.   

Ek het al 5 uur vanoggend my seun in Auckland gebel.  Toe is hy en sy seuntjie per trein oppad na die rugby toe.   Albei met hul Springboktruie aan.   Sal dit nou nie lekker wees as ek hulle op die pawiljoen kan raaksien nie?   Hulle verwag duisende Bok ondersteuners daar.

Wel, ek hoop die reën hou aan en ek hoop die Bokke wen.  Dan sal my Saterdag perfek wees.  Ek hoop julle s'n is ook perfek.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 16/09/2017 - 07:04

Sit ek hier op die stoep met n moewiese beker koffie en suig aan n dooie pyp.

Maar hier is wragtag nie n jonge dame van Belgiee, of Frankryk, Holland of NIKS nie, nee wat as my oggend so begin raak ek opgewonde oor die rugby.

Meen nou met so slegte begin kan dit mos net beter gaan?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus