DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 674 views
Dankie Len! Wel ek het…
Dankie Len! Wel ek het BAIE goeie nuus!
Elke persoon wat vanoggend weer sy oe oopgemaak het en die sonlig en dag ervaar, jy is nog 'n dag van LEWE gratis gegee!
More Almal. Gaan groot
More Almal. Gaan groot
Anton, dit is so waar. Ek…
Anton, dit is so waar. Ek het 'n vriend gehad wat gese het elke oggend om wakker te word is 'n wonderwerk. Die res is luukses
Goeiemore
Ja, ons is almal dankbaar vir nog 'n dag. Maak die beste daarvan.
Ja, Len, ongelukkig spandeer die leiers (van alle partye) deesdae meer tyd en aandag aan ondersoeke oor korrupsie, oortredings, wangedrag, ens. ens. as aan die bestuur van die land. Dit is alewige hofsake, verhore en 'n stryery in die parlement.
Geniet julle dag en maak soos Dusty sê: Steek 'n vuurtjie aan en braai!
Goeie more almal…
Goeie more almal.
Die dae word nou elke dag warmer. Besig om tee te drink en die koffie masjien is aan die gang.
Amper naweek. Lekker dag
More maters!
Ek hoop julle het almal heerlik geslaap en is lekker uitgerus vanoggend. Kyk, as jy nog jonk is, slaap jy dwarsdeur en sukkel om wakker te word met opstaantyd. Die slaap van die dode! Maar as jy nou al by my jare stap, is dit jou nie meer beskore nie. Jou blaas dring daarop aan om een maal gedurende die nag geledig te word. Dan kan jy nog so nou en dan skielik 'n pyn of 'n kramp iewers kry. Laasnag het ek dwarsdeur geslaap, so ek is darem nog nie te oud nie! ![]()
Hoop die koffie smaak lekker. Geniet julle dag.
Dag vol dinge
Mag julle almal n groot dag he die koffie loop soos stroop
More sê, mag julle dag loop…
More sê, mag julle dag loop soos stroop.
Freda, spesial 'n prentjie…
Freda, spesial 'n prentjie vir jou.

More Almal..... Gaan groot…
More Almal..... Gaan groot
word stout!
Goeie more vrinne! Dankie Dusty vir daai oulike prentjie (-;
Mag jul almal 'n geseënde dag hé en mag jul grootste bekommernisse soos molshope word.
Net so Dusty!
Ek stem saam met die tannies op daai prentjie. Die lekker daarvan, jy kom nie so erg in die moeilikheid soos voorheen nie. ![]()
Voortrekker, moenie van molshope praat nie! Ons het vir 2 jaar gereeld en aanmekaar molshope in ons tuin gekry. Met die droogte het dit opgehou. Nou het ons mos reën gehad en sowaar, vanoggend is daar twee vars molshope op die gras!!! Ons het drie weke gelede 'n stuk van die plaveisel laat oorlê omdat dit op plekke gesak het, as gevolg van die molle. Die pestilensies is erger as die ape wanneer jy kamp!!
Goeie more op hierdie…
Goeie more op hierdie heerlike Vrydagoggend.
Nog 'n lekker warm dag word vir ons voorspel. Hulle verwag 32° vir Pretoria.
Tee gemaak en is besig om dit te drink. Kollega ry vanoggend na die drakensberg hotel vir die naweek. Glo hy gaan die geniet.
Lekker dag en geniet die naweek. Die wat gaan kamp ry versigtig en kamp 'n hond uit 'n bos
More almal. Gaan groot.... …
More almal. Gaan groot.... Die naweek is hier
More
More julle almal geniet die naweek die wat by huis kamp geniet die wat regtig gaan kamp geniet dit ook ons beurt kom en ja die koffie loop soos stroop
Ooh nee! Gister was ek uit…
Ooh nee! Gister was ek uit in die voertuig teen 1pm en dit was WARRRMM 30 grade. Ek gaan nou weer 10 am uit tot 2pm. Ek gebruik mos nie aircon nie, behawe as dit hier by die 36 + kom of as vrou en kids saam ry.
Inelkgeval - lekker dag vir almal en 'n lekker naweek!
More sê almal, geniet die…
More sê almal, geniet die lekker dag en gooi koffie.
Hello almal
Ek hoop julle gaan lekker naweek hou en die Saterdag geniet.
Ons het gaan verf koop en het mense wat vandag ons grensmure verf. Teen die prys wat verf deesdae kos, sou mens sweer ons gee dit 'n goudlagie.
Hier in ons kompleks mag ons ook net 'n sekere verf gebruik en presies die regte kleur. Ongelukkig kom sulke uitgawes nie op 'n einde as jy op pensioen gaan nie. ![]()
Dit is 'n heerlike dag buite, ek sal maar gaan plante natmaak met die gieter.
Hello Freda! Dankie en…
Hello Freda! Dankie en dieslfde vir julle!






GM !
Nee, dis nie General Motors in die opskrif nie, dit is Goeie Môre !
Ons het darem gister so 3mm reën gehad met nog 'n bietjie voorspel vir Donderdag en Vrydag.
Ja OK, ek weet dis vervelige nuus, maar darem beter as die Cyril-kapperjolle of die DA se massiewe flater met hul flop-mosie of die EFF/UDM se flop-poging in die Konstitisionele Hof
'n Meer interessante nuusdag word julle almal toegewens !