DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 680 views
Goeie more Almal. Hier by…
Goeie more Almal. Hier by ons is dit so bietjie winderig en bewolkerig. Dit beteken gewoonlik dat dit reen in die Kaap.
Ek hoop almal is ok, want ons het gehoor van erge storms in gedeeltes van die kustelike gebiede?
Koffie?
Lekke koffie
More julle koffie loop soos stroop rugby loop glad nie vrot vrot vrot verby sterkte vir die dag en kampers wat skade gekry oor die wind wat so sterk gewaai het
Goeiemore almal. Ons Sondag…
Goeiemore almal. Ons Sondag het begin met nog 'n bui reën maar die son skyn nou.
Vriende van ons het vandag 'n "bring a friend" by hul Engelse kerk en ons genooi. Ons ry oor 'n rukkie.
Almal moet hul Sondag geniet, wees rustig en vol liefde.
eerste druppeltjies
Ek sit nou maar op my stoepie met koffie en luister hoe die druppeltjies op die sinkplaat dak val. Dit is lekker koel en die eerste watertjies het begin val!
Druppeltjies
Die storms en druppels moet nou lekker hard begin val. Ek kan nie meer wag vir al hierdie stof en droë lug om weg te gaan nie. Maar tot dusver terg die gedreun en druppeltjies ons net.
Goeie more…
Goeie more.
Amper gisteraand gedink dat ons lekker reen gaan kry. Die weer het 'n paar harde slae gemaak en so 'n stof natmakerkie gehad.
Lekker dag vir elkeen en geniet die week
Goeiemore
More Dusty. Hier begin die nuwe week alweer.
Ons het darem lekker reën gehad die naweek, die tuine is lekker nat.
Nouja, geniet jul koffietjie en geniet jul dag. Voorspoedige week vir almal.
Goeie môre !
Dagsê - 'n heerlike lentedag hieronder by ons in die Kaap, maar ongelukkig sonder reën.
More
Na die gelees van oneerbaarlik geval het ek nou koffie met 3 proppe KWV nodig laat hy loop soos stroop
Môre sê, ja amper het ons…
Môre sê, ja amper het ons reën gehad, die weer het mooi geklink.
Secunda Willem
Ja Willem hier in Secunda lekke donner weer gehad een drupel my my en volgende drupel by buurman
Goeie more…
Goeie more.
Lekker weer vanoggend en lekker dag vir ieder en elk
More Dusty en alle vriende,…
More Dusty en alle vriende, geniet die koffie, laat die dag loop sood stroop.
Goeie more! Koffie vir…
Goeie more! Koffie vir enigimand? Ek gaan nou enetjie skink.
Sien vandag gaan weer 'n IT dag wees. Het vanoggend my werk laptop teruggekry want al ons masjiene was oorgedoen. Nou wil die ding nie aan die gang kom ie .... laat ek kyk .... skype is missing, Chrome is missing, Google Synq is missing. Epos wil nie laai nie .... reboot!
Koffie
More julle almal sterkte virrie dag en die koffie loop soos stroop
Goeiemore
Ek hoop almal het lekker geslaap. Geniet die koffie en tee (rooibos vir Len).
Die wind waai in die Baai.....
Freda, rooibos is die…
Freda, rooibos is die enigste tee wat ek sonder melk en suiker drink. Die res drink ek net met melk.
Goeie more almal,…
Goeie more almal,
Sit nou en tee drink en dink aan verlede nag. Half elf verlede nag het ek net 'n klap geluid gehoor en toe stroom die water by 'n oorlooppyp by my kamer venster af. My watergeyser het gebars. die geyser se krag af geskakel en die stopkraan toe gedraai. Sal vandag moet reel om dit reg te kry.
Gelukkig het die woonstel sy eie geyser. Kan maar voorlopig daar gaan stort.
Lekker dag vir elkeen
More almal. Naweek is amper…
More almal. Naweek is amper hier. Moet vandag my daktent op die baie sit. Lekker Off Grid kamp die naweek.
Gaan groot





Daar nie van die jong…
Daar nie van die jong skoonmaak dames wat daar rondbeweeg nie Arie?