DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
- 670 views
Freda ja ons het…
Freda ja ons het gistermiddag deurgekom, ek en jnr. Sommer net gazebo, cooler boks en met bed agter in die van.
Dis ons eerste alleen kamp, hehehe geen reels
Vandag is n perfekte…
Vandag is n perfekte strandag, lekker warmen absoluut geen wind nie.
Ons sal seker die grootste deel van die dag op die strand deurbring en heel wat later gaan uiteet.
Goeiemore
Ek hoop almal geniet al koffie en is lus vir die nuwe week.
Voortrekker, ek hoop jy het jou kamp geniet saam met jou seuntjie, of beter nog, ek hoop hy het dit baie geniet. Hoe dan anders, as jy alleen saam met Pa kamp? Ek moet sê, dit lyk sommer koud daar by Rietvlei.
Lekker dag en week vir almal.
Goeie more Freda en almal. …
Goeie more Freda en almal. Ja dit was heerlik Freda, en bitter koud deur die nag.
Ons...........
Ons is oppad Weskus Nasionale Park toe naby Langebaan om te gaan blomme kyk want môre is daar vooruitsigte van reën ! (Heerlik om afgetree te wees !)
O ja, goeie môre !
Goeie more…
Goeie more.
'n Bietjie laat vanoggend. Weer een van daai oggende. Weer heelwat dinge om uit te sorteer. Reeds 2 koppies koffie gehad.
Lekker dag vir elkeen
More bietjie laat
Ek ook laat dink vandag aan almal wat so lekke gekamp het en nog gaan julle moet geniet. Ou Noddy sterkte daar met jou pa die koppie koffie dra ons op aan jou pa Noddy
More almal. Ek weet ek is…
More almal. Ek weet ek is laat maar moes al n draai gaan maak het in Bobbejaansberg....
As mens eers in die oggend daar in is is jou hele dag vernietig.... Dit is maandag ek hoop nie my hele week is verwoes nie....
Goeie more…
Goeie more.
Die somer kom al nader en so ook die kamp week. Klaar tee gedrink en ek sien die koffie is ook gereed.
Een van die dae kan ek in daglig kantoor toe kom.
Geniet die dag
Goeie more Stoffel! 'n…
Goeie more Stoffel! 'n Heerlike dag vir almal!
More almal. Gaan groot
More almal. Gaan groot
Goeiemore
Ek het lekker geslaap, dankie, hoop julle ook.
Geniet die koffie en geniet jul dag!
Ja, dag tog maar...
Ja, dag tog maar...![]()
GROOT G! Lekker dag vir…
GROOT G! Lekker dag vir jou! ![]()
Uiteindelik!
Erens uit die diepste nêrens kom Groot G toe darem tevoorskyn vandag. Goeiedag Groot G! Welkom op die forum. Ons sien uit om meer van jou te hoor. Lekker dag!
Môre sê,…
Môre sê,
Freda, hy is so groot want hy is so skaars.
Of is dit anders om, so skaars want so groot ?
Goeie more…
Goeie more.
Woensdag, klein Saterdag en braaidag. Wat braai wie vanaand. Ek sal wors braai en 'n lekker sous saam met dit en ook pap gemeng met iets.
Lekker week breker vir elkeen
Goeie more almal. Goeie…
Goeie more almal. Goeie more Dusty! Lekker dag vir almal!
PS. Braai is 'n uistekende idee!





More almal
Hier by ons is dit 'n mooi dag, helder lug en sonskyn. Ek het gesien in die binneland is die nagtemperature op plekke nog baie laag. Voortrekker, kamp jy en Junior bietjie alleen die naweek by die dam?
Len, jou kleindogter het darem die pragtigste hare. 'n Besonderse kleur. Met so rooikop is sy seker net so eiewys en kwaai soos haar Oupa.
Nouja, almal, geniet julle Sondag. Wat is op die spyskaart vandag? Braai of potjie of dalk 'n lekker roast in die oond?