Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -17 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -18 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -19 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -19 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -19 hours ago

Mountain Sanctuary Park

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

M

Ons het besluit om weer na baie jare hier te kom kamp.

Die plek is regtig bitter mooi...

M

M

M

M

 

More Anton

Jou fotos laat altyd 'n plek besonder mooi lyk.

Ek was seker so 4 jaar terug ook daar. Dis mos anderkant die Buffelspoortdam en Omaramba, of is ek verkeerd?

Ek onthou die swembad by die dagbesoekers terrein, en mens moes alles dra tot daar. Ons het deur die kampeerplek gestap na die valle toe, maar dit het NIE so mooi gelyk nie.

Die ablusieblok, vanaf 'n afstand, het ook nie vertroue ingeboesem nie. 

Julle het tot kameelperde te siene gekry. Ek wonder of die plek onder nuwe bestuur is, met 'n ontwikkelings ingesteldheid.

Groete

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 04/10/2020 - 08:21

Wessel ek ervaar 'n beter ondervinding hierdie keer. Ek het nou heerlik gestort in 'n skoon ablusie met lekerrr warm water.

Ons gaan binnekort die Grotto roete stap ... sal kom foto's plaas.   

PS.  As mens nie hou van stap nie, dan kan die verskillende poele en swembad ens. dalk vêr wees.  Padwaens sal dalk sukkel om hier in te kom afhangende van jou tipe sleepvoertuig.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 04/10/2020 - 13:50

Dit lyk lekker en rustig.  Glo julle geniet dit voluit.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 04/10/2020 - 21:30

Ek het die eerste 22 jaar van my lewe teen die noordelike hange van die Magaliesberg deurgebring. Volgens my is dit waar die bosveld begin, en dit sal altyd ‘n spesiale plek in my hart hou. Mooi foto’s!

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 05/10/2020 - 07:45

Daai is mooi verby so regte bos / berg atmosfeer ek is seker jy kan daai water so uit die poele drink dankie vir mooi deel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus