6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -30 minutes ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 09/06/2020 - 20:35

AKTIVISME :

Oor die jare heen het ek 'n hekel ontwikkel in aktivisme  -  vir my voel dit soos betogers wat alewig oor alles en nog wat betoog.  Byvoorbeeld die "Groenes" wat betoog het by Koeberg oor hul kernaktiwiteite by die see op die Weskus.

Vandag hoor ek 'n nuwe een : daar is nou 'n aktiviste-groep wat aandeelhouers van Standard Bank probeer oorreed om vyf van hul direkteure nie te herkies nie omdat hulle glo op direksies dien van fossiel-brandstof maatskappye (onder andere Sasol) wat aardverwarming bedreig !  Een van dié direkteure is Michael Jordaan, voormalige CEO van SB, 'n uitstaande, innoverende direkteur op enige maatskappy se direksie.

Alhoewel aardverwarming 'n groot wêreldbedeiging inhou, dink ek dit is vergesog om van Suid-Afrika se briljantste mense in die sakewêreld te probeer boikot !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/11/2020 - 16:33

Ek probeer nou vir die 4de en laaste keer reageer  - net as ek 'n deelteken "e" tik, gooi die stelsel my af.

Ja jong, Brackenfell Hoerskool is eintlik 'n puik skool en is beslis nie 'n rassistiese skool nie. Ek ken twee jare-lange onderwysers by die skool.  Ek glo ook dit was 'n privaat partytjie en dit was nie nodig om so 'n bohaai daaroor op te skop nie.  Maar daar sal altyd 'n politieke party wees wat munt uit 'n onskuldige aksie probeer slaan.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/11/2020 - 17:55

Ek het nou op e-NCA nuus video clips gesien van die opstootjie by die skool en, jammer om te sê, skaam my vir die optrede van sommiges daar.  Die EFF was verbasend beheersd met hul betoging, maar die teenparty het hulle uiters swak gedra.

'n Mens het nie nodig om af te daal na die gebruike en optrede van swak gedissiplineerde burgers van ons land nie  -  dis juis 'n geleentheid om uit te styg bo die uitvaagsels van hierdie wêreld en hulle te wys hoe beskaafde en gedissiplineerde burgers optree.

Volgens die voorsitter van die skool se beheerraad was van die belhamels nie eers almal ouers van skoolkinders nie.  Dit is egter tragies dat die EFF gekies het om by die skool te betoog kort nadat die matriekeksamen begin het.

Secunda

Sleep nou

Tue, 10/11/2020 - 07:07

Len ek voel weer mense is moeg vir moord ,verkragting ,traag mynie houding en elke dag se die EFF vat hulle grond ens ens ja die gedrag praat ek nie goed nie maar die mense raak gatvol

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/11/2020 - 08:56

Niemand betwis die feit dat ordentelike burgers van die land ook keelvol is vir al die ongeregtighede in die land nie, maar dit beteken nie dat jy in straatgevegte, kopslanery, vuisgevegte en klipgooiery betrokke kan raak nie.  Dis die tyd waar die skeiding van kaf en koringkorrels sigbaar moet raak, maar in die geval ter sprake het die koringkorrels nou tussen die kaf beland.

'n Baie beter strategie teen die EFF se beplande betoging sou gewees het om hul uitlokkende optrede bloot te ignoreer dan was daar geen debat oor die aangeleentheid in die media en op TV nie.  Die EFF het nou gekry wat hulle wou gehad het naamlik groot media-publisiteit.

Worcester

Wildehont

Tue, 10/11/2020 - 09:30

Dit raak nou ‘n tendens dat (ek gaan dit by die naam noem) blankes hulle skuldig maak aan dieselfde gedrag as die EFF. Eers Senekal en nou Brackenfell. Ek is ook gatvol vir alles wat verkeerd is in die land, maar mens kan kies om deel van die oplossing of deel van die probleem te wees.
 

Ons almal stem saam dat die EFF iets uit niks maak, maar dit kon ongesiens verbygegaan het. Nou is dit die media vol, en dis nie die EFF wat sleg lyk nie. Dis soos om met ‘n 3-jarige te werk. Choose your battles. Mens verstaan dat daar emosie betrokke was, maar emosie lei selde to goeie besluite. 

Middag vriende

Eerstens moet ons kwalifiseer, nie alle blankes daal tot daardie vlak nie.

Tweedens, wat stel julle voor, hoe moet opgetree word? Soos Piet Retief, of soos Andries Pretorius.

Groete

Vaalpark

Johann L

Tue, 10/11/2020 - 12:17

Andries Pretorius is my keuse.

Jy hoor elke keer van teen optrede wie word in hegtenis geneem, en wie word teen R15 000.00 borg uit gelaat, en wie tee 'n skamele R5 000.00. So weer in Brackenvel word sekeres in hegtenis geneem, die eff is dis in my oë die nuwe naam vir MK. devil

Sadly an African family gets murdered in their sleep. There is a huge outcry, chief of police making statements and vowing to apprehend the perpertrator.

Sadly, a white farmenr get's tied up, and forcced to watch his wife being tortured with a hot electric iron, his toddler has had it's head smashed against the wll, and his teenage son has been disembowled and left to die with his guts spewed all over the floor...

In another instance the baby was put in the oven to force information about guns and money... The baby was roasted alive....

No chief of police statement, not even the remotest bit of recognition of these heanous crimes...

So, yes, what is to be done?

Senekal? / Brakenfell ? / These are just the tip of a simmering and dangerously close eruption..

What is to be done?

The government needs to take the severest of actions. Confrontation on racial grounds should be tantemount to treason.

Why can't the response to crime work like the response to covid.... When capital punishment crimes reduce then stop the death penalty. When it's hijacking, up the minimum sentance, until the time <or death> is not worth the crime...

If there is nothing seen to be done by the authorities, this could probibly erupt into civil war.

If you continue to scratch where there is no itch you will eventually bleed.... Ons is oor-en-oor genoeg gekrap.................Enough said. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 10/11/2020 - 17:58

.....want ons sal beslis nie al die land se probleme op hierdie forum opgelos kry nie.

My aanvanklike kommentaar oor die relletjie by Brackenfell se skool was om my teleurstelling uit te spreek dat sommiges wat beweer hulle is ouers van skoolkinders, in 'n straatgeveg met die EFF betrokke geraak het.  Hulle het nie ver genoeg gedink dat hulle presies in die EFF se strik gaan trap om wye publisiteit in die media en op TV aan die EFF af te staan nie.  Soos reeds genoem, 'n baie dodeliker strategie sou gewees het om die EFF betoging bloot te ignoreer dan sou ons nie nodig gehad om hierdie nuttelose debat op ons forum hier te voer nie.

Worcester

Wildehont

Tue, 10/11/2020 - 22:28

Ek sien heelparty blankes wat nou die "genoeg is genoeg" standpunt en dat dit tyd is om terug te veg inneem. Ek is nie 'n militante mens nie, en besit nie 'n vuurwapen nie. Ek ken 'n paar mans wat die teenoorgestelde is en vuurwapens besit. Wel; twee om presies te wees. Ek wil egter sien hoeveel van hulle sal werklik so ver gaan om oorlog toe te gaan teen ons landsgenote.

Eerstens; wie is die "vyand" werklik? Ek glo steeds die meerderheid swartes is net soos die meerderheid blankes vredeliewende mense wat nie 'n vlieg sal skade aandoen nie, en net vir hulle self en hul kinders die beste wil gee wat hulle kan. Hoe weet jy dan wie om teen te veg en wie om dood te skiet as jy so ver wil gaan? Of pleeg jy volksmoord? 

Tweedens; wie gaan sy vrou en kinders alleen tuis los om burgeroorlog te voer? Jy gaan mos juis tuis wil bly om hulle te probeer beskerm as daar so iets uitbreek.

Derdens; is jy werklik beter as Malema as jy praatjies van oorlog teen landsgenote maak?

En laastens; wys my een burgeroorlog waarin daar werklik wenners was. Ek glo nie enige oorlog is die moeite werd of aangenaam nie, maar ek dink 'n burgeroorlog is die ergste. Maar dis maar net my mening.

Burger oorlog............... Nee.......

But no military power has ever been able to put down an opposition based on gorilla / terrorist warfare............. 

And that is what I fear most............ A return to the 80's... only this time boot will be on the other foot...

Just saying...

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus