En hier....
En hier is my datums :-
Maroela : In 10/5 Uit 13/5
Balule : In 13/5 Uit 17/5
Letaba : In 17/5 Uit 23/5
Tsendze : In 23/5 Uit 28/5
Shingwedzi : In 28/5 Uit 2/6
Punda : 2/6 Uit 7/6
Julle en oom Paul
Julle moet die kuier geniet by oom Paul my kamp / toer relings op hold wag om te hoor bly ek of gly ek by Sasol
Krugerwildtuin 2021
Betaal en bevestig - 14 tot 20 Mei 2021 in Skukuza met die Slipstream.
Ons datums
12 - 14 Jul Letaba
14 - 18 Jul Tsendze
18 - 22 Jul Shingwedzi
22 - 27 Jul Punda Maria
Dis nou as CC&K ons toelaat om die lang pad vir die eerste keer met die Kavango aan te pak
Het jou nommer
Môre Chris B
Ek het jou selnommer, dalk as alles mooi uitwerk kan ons mekaar dalk raakloop in die tyd wat julle in Letaba is, en ons in Balule.
Groete
Chris Smal
Ekskuus vir die glip, ek prober altyd ondeskei tussen jou en Chris Boucher.
Ek sal in die toekoms eerder verwys na Chris S en Chris B onderskeidelik.
Groete
???
Ek kan nie eens onthou wat Neef my noem nie. Herhaal bietjie.
Daar't ook 'n klein verandering in my wildtuindatums plaasgevind. Ek is nou vir een nag korter in Tsendze bespreek (wat ons in Letaba gaan deurbring ten einde vroeër die oggend in Satara te arriveer). En soos op 'n ander draad genoem is daar nog 'n nag op die einde in Skukuza bygevoeg.
Dan oorweeg ons om dalk presies dieselfde te doen as 2019, naamlik om twee aande vroeër by Phalaborwa in te gaan en een nag elk by Letaba en Shingwedzi oor te slaap op pad Punda toe. Dan slaap ons die aand voor ons ingaan by Eiland Spa.
Ek voel tot 'n mate ongemaklik om via Venda te ry na Punda-hek. Ek het aanvanklik gereken om die voorafgaande naweek by Tshipise oor te staan voordat ons Maandag 3 Mei die wildtuin via Pafuri-hek ingaan. Maar die twee ekstra nagte in die wildtuin begin al hoe aanlokliker klink.
Tshipise--- Pafuri
Middag Chris B
Soos genoem op "pad inligting" draad, my buurman het einde Desember die Tshipise- Pafurie pad gery, en dit in goeie toestand gevind. Hy het ook geen oproerrigheid ervaar nie.
Soos ek jou ken, gaan die binnelangs opsie wen.
Groete
Betoging seisoen uitgestel?
RSG het verlede week berig dat die verkiesingskommissie oorweging gaan gee aan die EFF se versoek dat die plaaslike verkiesings uitgestel moet word om saam met die nasionale en provinsiale verkiesing plaas te vind. Die ANC steun ook die idee. Daar gaan dus dalk nie hierdie jaar ‘n betoging seisoen wees nie. Ons gaan weens ons reisplanne by Punda Maria se hek moet uit en deur die landelike gebied Pietersburg toe om by die N1 uit te kom.
Chris Gif
Ek was verlede week by 'n dokter toe ek soos 'n dronk mens was met Vertigo. Dit is toe 'n 'locum' wat op my lêer kyk na my agtergrond-inligting. Sy oë rek toe so 'n bietjie en hy vra vir my "wat is 'n gifsmous", want by my persoonlike besonderhede is ingevul dat my beroep aandui ek is 'n gifsmous. Dit is hoe my bedryf se manne maar algemeen onder boere bekend staan.
Ek kan onthou dat daar jare gelede 'n kennisgewing by 'n boer by Breërivier (tussen Worcester en Wolseley) se plaas-indraai was. Daarop het die volgende gestaan: "Hier word elke derde smous geskiet. Die tweede een is so pas hier weg".
Chris WH, verkiesings of nie…
Chris WH, verkiesings of nie, ek voorspel jy kan met 'n geruste hart die pad van Punda oor Tshipise tot by die N1 ry - dis oor die algemeen baie rustige, vredeliewende mense in daardie omgewing.
Ek aanvaar jy besef dis 'n hele end se ry tot by Pafuri-hek (83km) en dan nog 133km tot by die N1, maar dit bly lekker om 'n wêreld te verken waar 'n mens nie sommer elke dag uitkom nie.
Ns. O gaats, ek het verkeerd gelees, ek sien julle ry uit by Punda-hek - jammer !
Chris Wildehont ...
Ons gaan weens ons reisplanne by Punda Maria se hek moet uit en deur die landelike gebied Pietersburg toe om by die N1 uit te kom.
Alhoewel dit etlike jare gelede is (Jun 2009), het ons die pad tussen Mooketsi en Punda-hek met daardie trippie 4 keer gery. Ons het met 'n siek kleinseun (11 maande oud) in Punda aangekom en ons was veronderstel om 3 aande daar te bly. Na die eerste aand het ek besef ons moet die mannetjie by 'n dokter kry - m.a.w. Tzaneen toe. Daar word die outjie toe opgeneem in die hospitaal en sy ma sal by hom agterbly. Maar dit was te laat vir my, Ralie en ons seun om terug te keer Punda toe. Al ons klere was in Punda, want ons het gereken ons is daardie aand weer terug. Ons was toe genoodsaak om in Tzaneen by vriende oor te slaap nadat ons eers die nodigste gaan koop het.
Die volgende oggend het die dokter gesê hy wil die mannetjie minstens nog 'n aand in die hospitaal hou - hulle kon tot vandag toe nog nie uitvind wat hom makeer het nie. Ons ander drie is toe verplig om terug te ry Punda toe om darem ons klere en ander item te gaan haal. Ons drie slaap toe ons laaste aand in Punda - dus die derde keer wat ons die pad in net soveel dae ry.
Die volgende oggend is ons weer terug Tzaneen toe (die vierde keer in 4 dae dieselfde pad). Ons was veronderstel om Mopani toe te skuif. In Tzaneen aangekom, was die dokter tevrede met die klong se toestand en ons is vort Mopani toe via Phalaborwa. Dit sou ook 3 aande wees. Maar die tweede aand in Mopani het die outjie weer al hoe oliker gelyk - van só 'n aard dat ons een dag vroeër opgepak het en weer terug is na Tzaneen Mediclinic. Ma en seun slaap toe weer in die hospitaal en ons ander drie by ons vriende in Tzaneen.
Die volgende oggend kon ons sien die outjie is baie beter. Toe's ons vort Sun City toe waar ons 'n mid-week tyddeel by Sun City Vacation Club gehad het. En gelukkig, toe word die mannetjie gesond en kon ons lekker verder kuier.
Van ons 3 aande in Punda en Mopani onderskeidelik, het ons in beide kampe toe slegs 2 aande gebly.
Maar wat ek eintlik wou sê - daardie tyd was dit 'n heel lekker pad om te ry. As daar nie moleste is nie, is dit 'n goeie alternatief tussen Punda en Polokwane.
Heen en weer
Sjoe, dis darem ‘n geneuk om so te moet heen en weer. Ons het nog net een keer nodig gehad om die wildtuin te verlaat vir mediese redes. Salomien is deur ‘n sakspinnekop gebyt by Olifants in 2016, en ek het haar Phalaborwa toe gevat om antibiotika te kry. Ek was toe al twee keer vantevore deur een gebyt (beide kere toe ek in Secunda gewerk het), en het presies geweet wat verkeerd is en wat die behandeling is.
Ek en Chris Jnr het in ‘n winkel langs die spreekkamer vir haar gewag. Toe sy uitkom was dit egter nie net met ‘n voorskrif nie. Sy het ‘n voorgevoel gehad en die dokter gevra om ‘n swangerskap toets te doen. Daar vind ons toe uit Kara is oppad!





Wessel se datums
Môre vriende
My bespreking vir volgende jaar in die KNP is as volg;
11 Julie - Maroela
12-16 Julie- Balule
17-18 Julie - Skukuza
19 Julie - Berg en dal.
Ek het lus om oppad Maroela toe sommer by Aventura Swadini te gaan oorslaap. Daai is seker van die mooiste omgewings, so onder die Blydedam.
Groete