Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -2 hours ago
Frankryk Springbok rugby Geert -15 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -23 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -23 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -1 day ago

Krugerwildtuin 2021

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende, Ek sien Len noem dat hy in Mei 2021 sy besoek begin by Orpan hek, en Maroela. Ek begin ook my Kruger tuin kuier volgende jaar daar. Dit sal interessant wees om hier datums te deel, dalk kan lede mekaar raak kampeer in die wildtuin. Groete
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 24/11/2020 - 08:16

Môre vriende

My bespreking vir volgende jaar in die KNP is as volg;

11 Julie - Maroela

12-16 Julie- Balule

17-18 Julie - Skukuza

19 Julie - Berg en dal.

Ek het lus om oppad Maroela toe sommer by Aventura Swadini te gaan oorslaap. Daai is seker van die mooiste omgewings, so onder die Blydedam.

Groete 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 24/11/2020 - 08:36

3 - 8 Mei Punda Maria

9 - 14 Mei Shingwedzi

15 - 23 Mei Tsendze

24 - 29 Mei Satara

30 Mei - 6 Jun Onder-Sabie

7 - 13 Jun Krokodilbrug

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/11/2020 - 13:43

En hier is my datums :-

Maroela : In 10/5  Uit 13/5

Balule : In 13/5  Uit 17/5

Letaba : In 17/5  Uit 23/5

Tsendze : In 23/5   Uit 28/5

Shingwedzi : In 28/5  Uit 2/6

Punda : 2/6  Uit 7/6

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 25/11/2020 - 10:15

Julle moet die kuier geniet by oom Paul my kamp / toer relings op hold wag om te hoor bly ek of gly ek by Sasol

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/02/2021 - 08:19

12 - 14 Jul Letaba 

14 - 18 Jul Tsendze 

18 - 22 Jul Shingwedzi 

22 - 27 Jul Punda Maria 

Dis nou as CC&K ons toelaat om die lang pad vir die eerste keer met die Kavango aan te pak

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 02/02/2021 - 08:33

Môre Chris B

Ek het jou selnommer, dalk as alles mooi uitwerk kan ons mekaar dalk raakloop in die tyd wat julle in Letaba is, en ons in Balule.

Groete

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/02/2021 - 08:56

Chris B

Ek het jou selnommer, dalk as alles mooi uitwerk kan ons mekaar dalk raakloop in die tyd wat julle in Letaba is, en ons in Balule.

Ek het ook so gedink, maar my van begin met ‘n S 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 02/02/2021 - 09:07

Ekskuus vir die glip, ek prober altyd ondeskei tussen jou en Chris Boucher.

Ek sal in die toekoms eerder verwys na Chris S en Chris B onderskeidelik.

Groete

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/02/2021 - 09:11

Maar ek hou van Oom Neef se bynaam vir ons Kleinmond vriend met die nuwe wiele. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 02/02/2021 - 12:13

Ek kan nie eens onthou wat Neef my noem nie. Herhaal bietjie.

Daar't ook 'n klein verandering in my wildtuindatums plaasgevind. Ek is nou vir een nag korter in Tsendze bespreek (wat ons in Letaba gaan deurbring ten einde vroeër die oggend in Satara te arriveer). En soos op 'n ander draad genoem is daar nog 'n nag op die einde in Skukuza bygevoeg.

Dan oorweeg ons om dalk presies dieselfde te doen as 2019, naamlik om twee aande vroeër by Phalaborwa in te gaan en een nag elk by Letaba en Shingwedzi oor te slaap op pad Punda toe. Dan slaap ons die aand voor ons ingaan by Eiland Spa.

Ek voel tot 'n mate ongemaklik om via Venda te ry na Punda-hek. Ek het aanvanklik gereken om die voorafgaande naweek by Tshipise oor te staan voordat ons Maandag 3 Mei die wildtuin via Pafuri-hek ingaan. Maar die twee ekstra nagte in die wildtuin begin al hoe aanlokliker klink.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 02/02/2021 - 12:53

Middag Chris B

Soos genoem op "pad inligting" draad, my buurman het einde Desember die Tshipise- Pafurie pad gery, en dit in goeie toestand gevind. Hy het ook geen oproerrigheid ervaar nie.

Soos ek jou ken, gaan die  binnelangs  opsie wen.

Groete

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/02/2021 - 13:31

Ek kan nie eens onthou wat Neef my noem nie. Herhaal bietjie.

Chris Gif smiley 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/02/2021 - 14:26

RSG het verlede week berig dat die verkiesingskommissie oorweging gaan gee aan die EFF se versoek dat die plaaslike verkiesings uitgestel moet word om saam met die nasionale en provinsiale verkiesing plaas te vind. Die ANC steun ook die idee. Daar gaan dus dalk nie hierdie jaar ‘n betoging seisoen wees nie. Ons gaan weens ons reisplanne by Punda Maria se hek moet uit en deur die landelike gebied Pietersburg toe om by die N1 uit te kom. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 02/02/2021 - 14:50

Ek was verlede week by 'n dokter toe ek soos 'n dronk mens was met Vertigo. Dit is toe 'n 'locum' wat op my lêer kyk na my agtergrond-inligting. Sy oë rek toe so 'n bietjie en hy vra vir my "wat is 'n gifsmous", want by my persoonlike besonderhede is ingevul dat my beroep aandui ek is 'n gifsmous. Dit is hoe my bedryf se manne maar algemeen onder boere bekend staan. 

Ek kan onthou dat daar jare gelede 'n kennisgewing by 'n boer by Breërivier (tussen Worcester en Wolseley) se plaas-indraai was. Daarop het die volgende gestaan: "Hier word elke derde smous geskiet. Die tweede een is so pas hier weg".

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 02/02/2021 - 15:37

Chris WH, verkiesings of nie, ek voorspel jy kan met 'n geruste hart die pad van Punda oor Tshipise tot by die N1 ry  -  dis oor die algemeen baie rustige, vredeliewende mense in daardie omgewing.

Ek aanvaar jy besef dis 'n hele end se ry tot by Pafuri-hek (83km) en dan nog 133km tot by die N1, maar dit bly lekker om 'n wêreld te verken waar 'n mens nie sommer elke dag uitkom nie.

Ns.  O gaats, ek het verkeerd gelees, ek sien julle ry uit by Punda-hek - jammer !

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 02/02/2021 - 16:08

Ons gaan weens ons reisplanne by Punda Maria se hek moet uit en deur die landelike gebied Pietersburg toe om by die N1 uit te kom. 

Alhoewel dit etlike jare gelede is (Jun 2009), het ons die pad tussen Mooketsi en Punda-hek met daardie trippie 4 keer gery. Ons het met 'n siek kleinseun (11 maande oud) in Punda aangekom en ons was veronderstel om 3 aande daar te bly. Na die eerste aand het ek besef ons moet die mannetjie by 'n dokter kry - m.a.w. Tzaneen toe. Daar word die outjie toe opgeneem in die hospitaal en sy ma sal by hom agterbly. Maar dit was te laat vir my, Ralie en ons seun om terug te keer Punda toe. Al ons klere was in Punda, want ons het gereken ons is daardie aand weer terug. Ons was toe genoodsaak om in Tzaneen by vriende oor te slaap nadat ons eers die nodigste gaan koop het.

Die volgende oggend het die dokter gesê hy wil die mannetjie minstens nog 'n aand in die hospitaal hou - hulle kon tot vandag toe nog nie uitvind wat hom makeer het nie. Ons ander drie is toe verplig om terug te ry Punda toe om darem ons klere en ander item te gaan haal. Ons drie slaap toe ons laaste aand in Punda - dus die derde keer wat ons die pad in net soveel dae ry.

Die volgende oggend is ons weer terug Tzaneen toe (die vierde keer in 4 dae dieselfde pad). Ons was veronderstel om Mopani toe te skuif. In Tzaneen aangekom, was die dokter tevrede met die klong se toestand en ons is vort Mopani toe via Phalaborwa. Dit sou ook 3 aande wees. Maar die tweede aand in Mopani het die outjie weer al hoe oliker gelyk - van só 'n aard dat ons een dag vroeër opgepak het en weer terug is na Tzaneen Mediclinic. Ma en seun slaap toe weer in die hospitaal en ons ander drie by ons vriende in Tzaneen.

Die volgende oggend kon ons sien die outjie is baie beter. Toe's ons vort Sun City toe waar ons 'n mid-week tyddeel by Sun City Vacation Club gehad het. En gelukkig, toe word die mannetjie gesond en kon ons lekker verder kuier.

Van ons 3 aande in Punda en Mopani onderskeidelik, het ons in beide kampe toe slegs 2 aande gebly.

Maar wat ek eintlik wou sê - daardie tyd was dit 'n heel lekker pad om te ry. As daar nie moleste is nie, is dit 'n goeie alternatief tussen Punda en Polokwane.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/02/2021 - 16:32

Sjoe, dis darem ‘n geneuk om so te moet heen en weer. Ons het nog net een keer nodig gehad om die wildtuin te verlaat vir mediese redes. Salomien is deur ‘n sakspinnekop gebyt by Olifants in 2016, en ek het haar Phalaborwa toe gevat om antibiotika te kry. Ek was toe al twee keer vantevore deur een gebyt (beide kere toe ek in Secunda gewerk het), en het presies geweet wat verkeerd is en wat die behandeling is. 
 

Ek en Chris Jnr het in ‘n winkel langs die spreekkamer vir haar gewag. Toe sy uitkom was dit egter nie net met ‘n voorskrif nie. Sy het ‘n voorgevoel gehad en die dokter gevra om ‘n swangerskap toets te doen. Daar vind ons toe uit Kara is oppad! 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/02/2021 - 16:34

daardie tyd was dit 'n heel lekker pad om te ry

Toe ons in 2019 Punda toe is het ons die R81 en R524 gebruik van Polokwane af. Daar was toe ook nie fout nie. Daar is net baie spoedwalle en spoedbeperkings op die R524

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus