Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Battery wat ontplof

Springs
Submitted by Riaan on
Forums

Ek het nou op caravanparks.com en dit is glo ook op FB gesien dat 'n battery ontplof het in 'n boswaentjie.

Ek het die volgende inligting van die internet afgelaai en deel dit graag met julle as waarskuwing en om versigtig te wees met baatterye.

Charging a battery also generates hydrogen. ... The danger is that hydrogen will explode if a spark occurs nearby. One source of sparks can be the battery itself. As a battery ages, it loses water, leaving the top of the lead plates exposed to the air inside the battery case.Aug 26, 1999

How to Avoid Battery Explosions (Yes, They Really Happen) - latimes

Can a battery explode if overcharged?

A: If you leave the charger connected continuously, even at a mere 2 amps, the battery eventually will die. Overcharging a battery causes excessive gassing — the electrolyte gets hot and both hydrogen and oxygen gas are generated. ... On sealed batteries, the buildup of gases could cause the battery to burst.Oct 15, 2016

Overcharging car battery will kill it - Chicago Tribune

 

www.chicagotribune.com/c…..

What could cause a battery to explode?

The danger is that hydrogen will explode if a spark occurs nearby. One source of sparks can be the battery itself. As a battery ages, it loses water, leaving the top of the lead plates exposed to the air inside the battery case. Over time, this can lead to warpage of the plates.Dec 28, 2015

electrical - Battery Explosion - What are the reasons a battery ...

 

https://mechanics.stacke…...

Ek het die bo genoemde inligting op die internet gekry. Hoop dit help om bietjie lig te werp op die onderwerp.

 

battery wat ontplof

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 20/10/2018 - 21:42

My leke opinie is die volgende :-

  • Jy moet vertroue hê in jou karavaan-battery-laaier  -  dit moet die intelligente tipe wees wat afskakel sodra die battery volgelaai is.
  • Ek glo my Apolo-laaier waarmee my Exclusive 13 jaar gelede uitgekom het, is van hierdie tipe.  Ek het nog nooit battery-probleme ervaar nie, ook nie slegte reuke geruik nie en die battery self word ook nie warm nie. (Dit alles is tekens van 'n oorlaaide battery).
  • Ek laat my laaier nooit onbepaald aangeskakel nie, maar laai die battery so tweekeer per maand vir 'n paar uur.
  • Na die installering van my "movers", is die nuwe battery in 'n batterykas, binne-in die karavaan onder 'n bank geïnstalleer.  Voldoende lugsirkulasie het my bekommer en ek het toe die volgende gedoen soos in die fotos hieronder. Luggate in die batteryboks geboor en ook lugsirkulasie-gate onder die bank ingevoeg.

.

.

0
Kloofendal

Andries Pretorius

Sun, 21/10/2018 - 04:53

In 1995, tydens 'n toer met die karavaan deur Zimbabwe, het my Toyota Camry se battery naby Masvingo ontplof net toe ek die motor aanskakel. Ten spyte daarvan dat ek die Camry by die Toyota-agentskap laat diens het net voor my vertrek, was daar nagelaat om die battery se vloeistofvlakke  na te gaan en die battery was kurkdroog toe hy ontplof het. Daar was egter geen skade nie. Gerlukkig het my ou Jurgens Fleetline I 'n battery in gehad wat ek in die Camry oorgesit het en ek kon verder ry. Het die stukkende battery by 'n stalletjie vir 'n paar curios verruil en 'n nuwe battery in Pietersburg gekoop op my terugtog.

Dit was my eerste en laaste ondervinding van hierdie aard,

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 21/10/2018 - 06:45

Ja n ou moet seker alles gedurig nagaan net soos n motor ek glo daar moet maar lug trek wees wat dampe wegvat 

0
Johannesburg

WilleWillemien

Sun, 21/10/2018 - 07:45

Vervang die "nat" batterye met droee batterye wat nie water nodig nie. So 'n klein motorfietsbatterytjie is oorgenoeg om 'n wa se krag te trek.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 21/10/2018 - 20:07

Nie altyd nie Willie, deesdae het talle ouens "movers" in en dit benodig 'n redelike fris battery.  Ook as jy met jou teerpad-karavaan kamp waar nie krag is nie  (Balule en Tsendze in die Wildtuin) gaan 'n ligte battertjie nie die ding doen nie, veral as jy die karavaan-battery elke tweede dag vanaf jou sleepvoertuig se battery wil "optop".

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 21/10/2018 - 20:14

Andries, ek aanvaar die Fleetline se battery was 'n gewone motorbattery want deesdae se "deep cycle" of "high cycle" batterye het gewoonlik nie voldoende "cranking power" om die enjin te draai nie.

Deesdae se verseëlde batterye kan seker nie water verloor nie en maak dus die moontlikheid van 'n ontploffing minder.  Die belangrikste voorsorgmaatreël is seker om oor-laaïng te voorkom.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 22/10/2018 - 07:11

Oom Len daai verseëlde battery verloor nog steeds water en as hy oorlaai word, stink hy ook net soos die ander. Van die verseelde baaterye het onder daai sticker draai proppe sonder gleuwe. My Renault het dit ook gehad en ek het gleuwe gemaak om die water te kan aanvul.

Ek het ook so paar jaar terug geleer dat die battery nie net met water moet aangevul word nie, maar so af en toe moet n mens battery suur byvoeg.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/10/2018 - 08:29

Ek vermoed ook so Gerhard, die verseëlde batterye moet tog ook "asemhaal" en as dit aanhou kook, sal die water beslis verdamp.  Onder normale omstandighede behoort die water in 'n verseëlde battery nie te verdwyn nie en dit is hoekom deesdae se batterye almal verseël is.

Dis hoekom ek hierbo sê die beste voorsorgmaatreël wat batterysorg betref, is die laai daarvan moet nie oorlaai word nie.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 22/10/2018 - 08:54

Ek stem saam met Oom, ek net lanklaas self gekyk na my kar se battery. blush Die wa het nog nie 'n battery nie.

Dis hoekom ek hierbo sê die beste voorsorgmaatreël wat batterysorg betref, is die laai daarvan moet nie oorlaai word nie.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 02/04/2021 - 10:53

Ek het saam met die Kavango ‘n 102Ah diepsiklus battery gekry wat volgens die vorige eienaar nog gewerk het. Tydens my eerste toets kamp het die ligte alleen egter vinnig die battery gedreineer en ek het dit vervang met twee nuwe 102Ah batterye. Hulle word tussen kampe in die huis gebruik saam met ‘n inverter vir beurtkrag. Dit hou hulle ook gelaai, wat ek glo hulle leeftyd verleng. 
 

Tydens die laaste beurtkrag het ek die ou battery tydelik terug gesit in die wa, want sonder ‘n battery skakel die yskas nie weer aan nadat die krag af was nie. Gister toe ons die wa oopmaak om te pak vir die naweek ruik ons iets soos gas. By nadere ondersoek van die bron ruik ek toe dit kom uit die battery kompartement, en die deksel is ook warm. Toe ek dit oopmaak kan ek die geseelde battery hoor kook. Die Kavango het ‘n slim laaier in, so ek weet nie hoekom dit gebeur het nie. Ek is net bly ek het dit betyds agtergekom. Ek gebruik vir seker nooit weer ‘n ou battery nie!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 02/04/2021 - 12:19

Ek wonder of ek nie maar, net vir die gemoedsrus, my wa se battery moet laat toets alvorens ons binnekort vertrek nie. Ek's nie bekommerd oor die bakkie se battery nie - dit is nuut. Maar die wa se battery kom al etlike jare aan en staan pal op laai by die huis aangesien ons die wa se yskas gebruik.

Ek dink ek sal maar gou in die komende week dit laat toets. Ek is baie afhanklik van die batterye terwyl ons in Tsendze is. Die bakkie se battery moet snags die Snomaster aan die gang hou en die wa s'n moet darem hou vir die 7 nagte se ligte.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 02/04/2021 - 13:50

Chris B, ek sal beslis die batery laat toets, veral as dit 'n bron van enigste krag gaan wees, liewer bang jan as dooie jan (bedoelende krag).

Laat 'n spannings toets doen, dan weet mens.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 02/04/2021 - 16:40

ChrisWH, ek wonder hoekom sou die battery gekook het want die laaier moes mos afgeskakel het.  Ek stel voor jy sit die nuwe (ander) battery(e) terug en meet voortdurend met 'n multimeter of die laaier afskakel as die batterye vol is. 'n Laaier wat foutiewelik nie afskakel wanneer die battery vol is nie, sal 'n battery laat kook.

0

Jammer om te hoor van jou probleem. Dalk het die ou battery 'n interne kortsluiting. Dan vloei daar heeltyd stroom, maar dit laai nie tot waar die stelsel die proses stop nie. Die voortdurende stroom het die battery laat warm word.

Ek verstaan egter nie jou stelling " sonder 'n battery skakel yskas nie weer aan nie". Loop jou yskas dan voltyds op 12 volt ? As dit op 220v gekoppel is, behoort dit mos outomaties aan te kom.

Groete 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 03/04/2021 - 10:01

sonder 'n battery skakel yskas nie weer aan nie

As die krag afgaan en daar is nie ‘n battery in die wa nie, reset die beheerpaneel en is alles daarop (ligte, yskas, waterpomp ens) afgeskakel wanneer die krag weer aankom.  

0
Worcester

Wildehont

Sat, 03/04/2021 - 12:47

Oom Len

Volgens die Kavango se beheerpaneel is die battery volgelaai en die laaier is af. Die trickle charge liggie word oranje terwyl dit laai. Ek neem aan Wessel se aanname van ‘n kortsluiting in die battery moer reg wees. 
 

A

0

Middag Chris

Ek neem aan die foto hierbo is geneem met jou nuwe batterye gekoppel.

My oge kyk nie lekker nie, maar ek let op;

1] die groen trickle liggie

2] battery op 13.1v maar die stroom kan ek nie lees nie, lyk na 0.1amp

Ek dink ook dit bewys dat jou stelsel reg funksioneer. Het jy dalk waargeneem, en onthou wat die status op jou paneel was met die kook-battery. 

Groete

0
Worcester

Wildehont

Sat, 03/04/2021 - 18:12

Wessel

Die foto is met my (redelike) nuwe batterye en die stroom was 0,0 toe ek die foto geneem het. Ek het so groot geskrik met die ou battery toe ek voel hoe warm die battery kompartement was en die effense borrel geluid hoor toe ek dit oopmaak dat ek dadelik afgeskakel en ontkoppel het. Ek het glad nie gedink daaraan om te kyk wat die lesings was nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus