Ek begin hierdie draad na aanleiding van wat met myself, en ook nou met Wildehont gebeur het.
Ek voel ons kan mekaar hier van nuttige wenke voorsien, ek sal begin met een, wat ek glo almal van bewus is, maar wanneer jy in die nood kom, nie altyd kop hou nie.
Eerstens, wanneer daar fout gaan met enige wiel van jou voertuig of gesleepte voertuig
Bly kalm,
Moet onder geen omstandighede rem trap nie, haal jou voet van die versneller af, en laat die voertuig of kombinasie self tot stilstand kom.
Ratte kan tot 'n mate gebruik word, mits dit egalig gebeur.
Die enigste uitsondering op die reel is, sou jy in 'n groter gevaar "in stuur" as jy nie rem nie, dan rem jy so "sag'' as moontlik.
Verwyderbare sleep stang: …
Verwyderbare sleep stang:
Ek het hierdie week by Pretoriuskop amper 'n nare ondervinding op gedoen, die bout wat die verwyderbare deel van die sleep stang met die res verbind, het totaal los gekom, die bout het so skeuf gehang dat ek dit "toevallig" moes raak sien.
Sou die bout uit val, sou ek dit nie raak gesien het nie, en so sou my Penta bly staan het as ek weg trek, en al die bedrading, kamera en ligte, sou uit kom. Ek sidder om te dink as dit op die pad moes gebeur, want dan was daar geen rem aan die rem kabel om die Penta te stop nie.
Geen rem kabel, of ketting sou in so geval enigsins van waarde wees nie.
Mens moet dit vir die ouens…
Mens moet dit vir die ouens wys wat glo niks kan verkeerd gaan nie!
'n Gewone stabiliseerder sou al reeds gehelp het, glo ek?
Jô, daai wa het op spoed los…
Jô, daai wa het op spoed los gekom, gelukkig net die eienaar se kar getref, en nie groot amok gemaak in die pad nie.
Ek kyk ook graag Utube, karavaan insidente en sleep tegnieke, mens sien rillers daar, asook goeie inligting.
Glo die deel van die video clips gaan ons almsl help, dankie 👍
Na wat nou met my gebeur het…
Na wat nou met my gebeur het op pad na Zelpy oord, net weer.
Die mense wat dink dit is "cool" om teen 120+ kpu sleep, dink weer.
Op 85 KPU het my kar se splinter nuwe band (regs agter) gebars, (op 'n ander draad het ek hieroor ook gesêls) ek wil nie weet wat sou gebeur het as ek 120 plus gery het nie. Die N1 is besig, baie trokke en voertuie wat glo hulle moet "voor jou ry"
Ek sleep nooit oor 110 kpu nie, en het Maandag 29 Maart om een of ander rede stadig gery (85kpu) op die snel weg, toe alles skielik verander.
My sleepspoed....
My sleepspoed is ook maksimum 110kpu, maar gegewe die enorme brandstof styging, sal ek my spoed na nie hoër as 100kpu moet afbring. Dit gaan my nou in die omgewing van R4500 kos om tot by die Wildtuin te sleep en daarom sal ek net moet stadiger ry.
Ek het die afgelope week met Gauteng vriende van ons 'n bietjie hier in die Kaap rondgery en wat my steeds op die langpad verstom, is hoe ongeërg voertuie by jou verby kom ongeag die duidelike sperstreep - en erger nog, dis nie taxis nie, maar dis manne van dieselfde dam as ons met hulle luukse SUV's wat die meeste die sondebokke is.
Ek weet regtig nie hoe hierdie ongedissiplineerde Suid-Afrikaners ooit uitgeroei sal word nie. Ek het gewonder of dash-cams in private motors nie deur wetgewing op een of ander maklike manier gemagtig kan word om hierdie spul aan die pen te laat ry nie ?
My sleepspoed is maar 95 km…
My sleepspoed is maar 95 km/u. Sal af en toe vermeerder na 100 km/u wanneer ek iemand op die snelweg verby gaan om nie die verkeer te belemmer nie.
Len, dit is al asof ons land wetteloos geword het wat die verkeer betref. Elkeen maak soos wat hy wil. Ek beleef dit daagliks. Ander doen dit hoekom kan ek dit dan nie doen nie is lyk my wat die meeste handhaaf.
Johann, daai lyk tipies…
Johann, daai lyk tipies soos n band wat gebars het na oorverhitting. het jy van die monitors op jou wiele. n Band verloor druk, en bou geweldig hitte op in die sywande wat vreeslik flex totdat dit dan bars en so uitmekaar skeur in die entjie wat jy op die pap band ry.
Herman my tpms het die band…
Herman my tpms het die band druk op 2.7 bar gewys.
Ek gaan voor elke sleep rit al agt bande (spaar wiele in gesluit) se druk na om seker te maak als is in lyn.
Vir debat doel:
Ek pomp my bande soos volg;
Kar voor 2.5
Kar agter 2.7
Karavaan 3.0 bar,
Dit is alles in lyn met die vervaardigers.
Af hangehde van pad temperature sal alle bande met ongeveer .3 bar styg.
Ballina: Wat gebeur is: jou…
Ballina: Wat gebeur is: jou voertuig vermeerder maklik spoed op 'n afdraande en as jy dan 'n swaar voertuig verbygaan is daar normaalweg 'n lugleegte langs die Trok en as jy verby is dan is die normale lugvloei/wind weer daar en dit kan veroorsaak dat jou kampwa begin swaai. Meeste swaai gebeur dus op afdraandes. As jy die Eboek KAMP EN SLEEP KENNIS aanskaf sal jy alles wat hier gesê is lees en baie meer asook wat jy moet en nie moet doen in situasies soos die nie. Daar is 'n hele AFDELING wat veilig sleep behandel.
Ja manne ry maar versigtig…
Ja manne ry maar versigtig en onthou die vakansie begin as jy wegtrek by die huis en eindig weer wanneer jy daar stop - so sit terug en geniet die rit!
Stem Anton
Hou jou spoed as jy moeg is trek af en rek bene maak seker bande is op regte druk focus wat om jou aangaan
Boere sielkunde
Middag vriende
Ek glo natuurlik aan boere sielkunde. As jy moeg voel, en oë wil toeval, ry vinniger!! Hoe vinniger mens ry, hoe beter konsentreer mens. ![]()
Ekskuus, dis mos nie 1 April meer nie.
Ek het Camp & Climb in…
Ek het Camp & Climb in Bellville so n sluit kombinasie gekoop. Staalbal met staal u vorm wat in a raam van karavaan se haak pas en sluit en niemand kan dit haak en sleep nie. R399.





We get fasteners Cadmium…
We get fasteners Cadmium plated at the coast as a corrosion prevention treatment. It is referred to as " yellow passivated," a cheaper process than hot dipped galvinising I beleive. Probably a electroplating process and thus a very thin coating. So Warren se bal het n lagie op wat keer dat die roes dit nie verteer nie
.