Ek begin sommer met 'n nuwe onderwerp.
Hierdie op You Tube gesien, die ouens kan reverse.
Hy het baie spasie, net…
Hy het baie spasie, net gelyk oppervlakte en het seker baie geoefen voor hy dit kon doen.
More Johan, daai Ausies doen…
More Johan, daai Ausies doen dit as professionele mense, my skoonseun het ook so kurses daar gedoen vir sy werk.
Laat hom.....
…. in 'n woonwapark tussen bome, krane, braaiers en hardlopende kinders probeer terugstoot in 'n staanplek in. Dan gaan dit dalk ook heelwat stadiger.
Ek moet egter erken, ek is nie 'n ekspert met tru-stoot nie. Ek vermoed dit sal veel makliker gaan met 'n outomatiese voertuig, want dan hoef mens nie oor 'n verbrande koppelaar te bekommer nie.
Ek het eenkeer my Jurgens se sykant oopgesny teen 'n skottelskaar braaier in Skukuza. Daarna moet almal uitklim, help kyk en skree as ek tru in 'n staanplek in.
Laat my dink aan die dae toe…
Laat my dink aan die dae toe ek nog trekker met appel waens gesleep het op die plaas ![]()





"Reverse"
Ja kyk, dit wil gedoen word.
Op die plaas was daar 'n drywer wat tussen die lemoen boord met 2 van daai waans wat se wielle heel agter sit met die trekker terug gestoot het, die hele ry wat 'n boog geloop het.