Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -2 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -2 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -2 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -2 hours ago

Dullstroom sonop

Moreletapark
Submitted by Johann van Staden on
Forums

Kyk of ek 'n fototjie hier kan plaas...

'n Sonop wat ek so maand of wat gelede in Dullstroom geneem het...

The Outpost, Dullstroom

 

Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 15/04/2017 - 15:38

As dit die Johann van Staden hierdie is, "van weggesleepte" forum van toeka se dae, wat ook maatjies was met oorlede Ryno, DAN, Voorie, het ons nog 'n fotograaf van formaat hier!!!!! 'n GROTE!!!

Johann, WELKOM!!!!

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 15/04/2017 - 17:42

Johann, dit is 'n baie mooi foto.

Ek hou van jou een derde indeling, wraggies mooi foto.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 16/04/2017 - 07:53

Johann ek probeer sien watse kamera is daar op die tripod.  

Ek gaan nou sommer raai.  Dit lyk soos 700 of 70 D met "Battery Grip" en 'n 70-200 L lens.  (of dalk iets tussen in - 760D?)

Alhoewel die lens hood lyk nie soos die van 'n F4 nie, moontlik 'n F2.8 lens?

Dit is nie 'n 7D nie want ek sien die uitswaai skerm, of is dit dalk 'n nuwe 80D?

Carbon Fibre Tripod wat lens vashou.

Ek het jopu foto op ons tuisblad geplaas.

0

Anton, ek is sommer gras groen van jaloesie, die sel foon fotos van my gaan ook nou sommer verminder​​​​​​.

Ek het nou reeds gou weer die Nikon D3000 met lense in die karavaan gaan pak, kan nie beter kamera bekostig nie.

Hier is mense wat werklik mooi fotos kan neem.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sun, 16/04/2017 - 08:40

Johann L, wat sal ek nou sê!! My ou Canon Powershot het nie eers nommers op nie!!! Mik en druk!!, ek kan hom nie eers behoorlik vashou nie, daai groot kanonne sal ek nie eers kan  oorweeg nie!!!

Soms gebruik en Linda se kierie as steunpilaar as ek nou bietjie wil inzoom!!!

Nee, wat, ek weet ook nie of ek EENDAG sal "opgradeer"nie, werklik, die hande speel nie meer lekker saam nie.

Dis een van die redes waarom ek in gedagte het om sommer net op my eie profiel  een of ander tyd te begin reekse plaas van fotos, volgens kampe/kuiers/besoeke, en dan kompeteer dit darem nie met groot kanonne nie!!!

'.

Lekker dag vir almal!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus