Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -5 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -5 hours ago

SA Weer ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

E begin dié draad om te gesels oor ons weer in SA.

Worcester

Wildehont

Sat, 28/08/2021 - 21:05

Ons het vanoggend ons beste sneeu ervaring ooit in SA gehad. Ons het effens verslaap, maar toe op die perfekte tyd halfpad teen Jonas kop gevorder voor die ys op die pad ons gekeer het. ‘n Prado het gegly, en ons was met my 2007 RAV4 daar. Alhoewel dit 4x4 het, het dit pad bande so ek wou nie ‘n kans vat nie. 
 

Ek het net voor dit ‘n ys waarskuwing gekry van die kar, en dit was 2°. Net toe ons uitklim begin dit sneeu en ‘n rukkie later ys reën. Toe klaar dit effens op, en ons het heerlik gespeel en gekuier. Salomien en Kara het ‘n sneeuman gebou en Chris het gespeel dat sy sokkies in sy reënstewels sopnat was. Later het dit sommer hard begin sneeu vir so 15 min, en toe weer opgeklaar. Daarna het ons mekaar lekker met sneeuballe gegooi, en na drie ure se pret in die sneeu huis toe gekom. Toe moes ek die modder van die RAV en daarna die plaveisel afspuit. 
 

A
 

C

B

0

Môre Chris S

Dit lyk sommer d....rs koud. Wat mens darem nie vir kinders sal doen nie,nê!

Ek was jare gelede as student eendag in die sneeu, in die Franchhoek pas. As ek terugdink, was dit nie werklik koud nie, maar dit kan wees dat geheue ingee, of daardie dag se OBS.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 29/08/2021 - 08:32

Chris  dit lyk sommer erg lekker, ek weet dit is koud, maar die kinders geniet dit so. Oor en oor die bietjie ongerief van koue werd.

Dankie vir die deel!

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 29/08/2021 - 08:38

Ek is bly ek kamp nie hierdie naweek nie.   Koue kan ek nog hanteer, maar as dit koud is EN die wind waai dan wil ek nie buite wees nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 29/08/2021 - 09:09

..... jy laat my nou dink aan Ronald Reagan, toe hy destyds na sy opponent in die Amerikaanse verkiesing, Jimmy Carter, verwys het. Sy woorde was: "Iemand wat sê dat hy elke oggend 'n koue stort neem, sal oor ander dinge ook lieg". 😜

Sommer so terloops - ek gebruik graag dieselfde uitdrukking as iemand sê dat hy/sy reken dat soetrissies ("green peppers") is lekker.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 29/08/2021 - 09:20

Die enigste groentesoort wat ek met 'n passie haat. Oor die smaak wil ek myself nie uitlaat nie, maar ek kan nie eens die ellendige ding se reuk verdra nie. En as dit in 'n gereg of slaai is, smaak alles na daarna.

'n Oorlede vriend van my het by geleentheid gesê dat die Liewe Vader tamaties geskep het. En dat die duiwel Hom wou nadoen - en toe kom daar "green peppers" uit.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 29/08/2021 - 09:39

Sien party plekke lekke koud vanoggend half ses by werk het ek -5 lesing gekry 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 29/08/2021 - 10:32

Ek het sneeu die eerste keer in Secunda gesien September 1981 kort na ek by Sasol III begin het en dit was ook die laadte wat ek in dit geloop het.  Eenkeer oppad Kaap toe voor 2000 het ons dit op die pad gekry.

Dit is nou eending wat my nie baie amuseer nie, te koud vir my.

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 29/08/2021 - 15:04

Ja nee so verskil ons almal van mekaar, eerlik, ek hou nie regtig van winter nie, alles is so dood en amper morbied, maar regtig, ek kry baie gou baie warm. 

Ek hou van September tot November, dan weer van Maart to so vroeg Junie.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 30/08/2021 - 08:10

Salomien het Saterdagmiddag ‘n navraag gekry vir gesins foto’s in die sneeu. So is ons gisteroggend toe weer teen Jonas kop uit. Baie van die sneeu laer af het toe al gesmelt, so ons moes bietjie hoër op gaan. Ons kon egter nie tot heel bo by die Sentech toring vorder nie, want daar was vasgetrapte sneeu op die pad, wat dit glad gemaak het. ‘n 2.8 Hilux wat so vyf voertuie voor ons was het begin gly. Ons stop toe daar, en die sneeu het nog sommer lekker diep gelê. Hier is die uitsig na die DuToitskloof berge toe van bo af. 

A
 

Ek en ons kinders het gespeel terwyl Salomien foto’s geneem het. Ons het ook die ouens met die Hilux gehelp toe hulle die fout maak om aan die laer kant van die pad te probeer omdraai. Toe hulle die tweede punt van ‘n driepunt draai probeer uitvoer agteruit terug na die teerpad toe, gly hulle net teen die effense helling. Ek het die grafie wat ek in die Kavango hou saamgevat, en hulle kon daarmee spore in die sneeu oopgrawe agter die wiele, en kon uitkom. 

Die gesin wat Salomien afgeneem het se 3.0 D4D Fortuner was agter ons, en ek het vir hom gehelp kyk terwyl hy na die berg se kant van die pad ‘n 9 punt draai uitgevoer het. Ek het die Everest bietjie meer poeier gegee met die agtertoe stoot, en kon ‘n 5 punt draai uitvoer terwyl hy kyk dat ek nie aan die laer kant van die teer af ry nie. Toe het ons meestal in eerste rat af gekruie agter al die voertuie aan wat na ons teen die berg uit is. Die toneel hier onder was langs die pad oppad af. 
 

B

Ten spyte van die sneeu orals op die berge om Worcester en ‘n windjie wat opgesteek het, was dit nie vreeslik koud gister nie. Op die berg was dit 13°, en vanoggend toe ek by die huis ry 10°. Die maksimum temperature wat oor die volgende tien dae voorspel word bly egter laag. Meestal onder 15°, met een dag die week 20° en een volgende week 21°. Dis maar ‘n slegte ding van die Kaap, die somer vat lank om te begin hier. Die lekker ding van ons winter is egter dat dit mooi groen is, en daar is geen sprake van die vuil lug, dorre velde en stof wat so tipies is van die hoëveldse winters nie 

0

Môre Chris S

Jou vertelling is net weer 'n bewys dat mens met die beste voertuie [?]in die bollie kan kom, as die ervaring ontbreek.

Ek het eendag so 'n aap gevoel in die KNP, Ek wou ook omdraai op 'n gruispad, en ry toe met die voorwiele oor die gewone geskraapte walletjie. Daar kry die agterwiele net nie weer die bakkie terug oor die walletjie nie. Die laaibak was leeg en die agterwiele tol te lekker op die gruis.

Die fotos is amper swart en wit, maar bly mooi

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus