Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -51 minutes ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -5 hours ago

Help my asseblief !

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Vir wie moet ek stem oor 'n maand ?

Ek is seker my kamppêlle sal my kan bystaan vir wie moet ek stem hier in Kaapstad ?  Ek het 'n paar keuses :-

  • Die Good Party :  Antie Pat bly maar by die oranje kleur van haar destydse OD (Onafhanklike Demokrate).  Ek sien op feitlik alle fotos of TV verskynings is daar 'n oranje Ranger in die agtergrond, duidelik ge-"brand" Good Party.  Die tannie bly maar nog steeds soos uit haar burgemeester dae op die oorlogspad.  Haar veldtog is opvallend aanvallend teen haar vorige politieke tuiste, die DA, maar presies wat sy en haar trawante beter in Kaapstad gaan doen, weet ons nie eintlik nie.
  • Die ANC vra na 27 jaar van niks doen nie (en baie bedrog) "nog 'n kans" !  Dis 'n bietjie teveel gevra nie waar nie ?  As party is hulle finansieël bankrot, kan nie eers hulle personeel betaal nie en sit met hope strydende strome binne-in die party self. (Dis natuurlik geen geheim nie dat die horders mense wat alle vorme van "grants" ontvang, wel vir die ANC sal stem, nie omdat hulle goed regeer nie, maar om die voortsetting van die "grants" te verseker.
  • Patriotic Alliance :  Word gelei deur Gayton McKenzie, 'n voormalige bankrower en tronkvoël met Marvin Samson as burgemeester kandidaad.  Die knaap wil graag straatligte op die Kaapse Vlakte verbeter en stel voor dat die splinternuwe Kaapstad Stadium in Groenpunt gesloop word om plek te maak vir laekoste behuising.  Durf ek iets meer sê ?
  • Die Vryheidsfront Plus :  Ek hou nogal van Pieter Groenwald se kennis en stellings, maar dat hulle burgemeesters kandidaat Lenit Max is, laat my stom. Hy was al by elke moontlike politieke party betrokke en tot baie onlangs Beke Cele (minister van polisie) se raadgewer.  En nie te lank gelede, het die VF Plus Peter Marais ook nader getrek.  Dis darem te voor die hand liggend dat hulle net bloot die bruin stem soek en te hel met hoe die stad bestuur sal word.
  • ACDP : Hul leier, Kenneth Meshoe wil nie ingeënt word nie en dus in my boeke gaan hy en sy party ander groot foute ook maak
  • DA :  hulle maak my ook soms die moer in, maar hulle het oor en oor bewys dat hulle 'n munisipaliteit goed kan bestuur.  Die burgemeester kandidaat is Geordin  Hill-Lewis, die huidige finansiële hoof van die Stad Kaapstad met goeie ervaring in munisipale bestuur.

Ai, dis so moeilik, vir wie moet ek stem ?

Worcester

Wildehont

Tue, 05/10/2021 - 06:28

En hou hy die Blou. Ek is bevrees dat hier by ons die DA steun gaan verloor weens ‘n swartsmeer veldtog deur die VF+ en ‘n paar nuwe partye wat openlik net vir bruin mense se belange staan. Dit ten spyte daarvan dat die DA 10 jaar gelede ‘n skip omgedraai het wat reguit oppad na ‘n ysberg was met die ANC aan die stuur, en ons skoon oudit op skoon oudit kry, die dorp is skoon en dienslewering is goed.
 

Moenie my verkeerd verstaan nie; die DA is nie perfek nie. Hulle koop ook maar die armes se stemme deur die rykes se belasting oorwegend in eg. se buurte te bestee. Soos ek voorheen op die forum genoem het, is die praktyk nie volhoubaar nie. As jy ‘n munisipaliteit nie soos ‘n besigheid bestuur nie, gaan hy bankrot raak net soos ‘n besigheid wat bestuur word asof jy met iemand anders, wat maar net aanhou om nog te gee, se geld werk.
 

Met politiek is dit maar ‘n kwessie van die lesser of two evils (of 367 evils in SA se geval). Deur vir ‘n kleiner party as die grootste opposisie te stem verdun jy net die grootste opposisie se steun en sterk die heersende party se stem. In meeste Wes-Kaap munisipaliteite is die DA natuurlik die heersende party en het die amptelike opposisie oor en oor bewys hulle kan nie die pyp rook nie. ‘n Stem vir ‘n kleiner party hier verdun net die DA se stem, en maak dit vir hulle moeliker om die regte besluite te neem en begrotings goedgekeur te kry. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 05/10/2021 - 07:53

Hier in ons munisipaliteit (Overstrand), waar ek al langer as 20 jaar woon - onder DA-bewind, kon ek nog nooit kla oor munisipale dienste nie. Op plaaslike regeringsvlak, sowel as provinsiaal, stem ek DA.

0

....die HNP. 

Onthou julle nog die lot mense onder oom Jaap?

So ironies, hy het met "budgies" geboer en sy ideal was om 'n swarte te teel.

Ek behoort en stem vir die party---Het Nou Pensioen

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 05/10/2021 - 08:20

Ja so wonder seker die meeste van ons wat kan dink.  Hier in Pta. het die DA nie juis baie sukses nie maar wie anders is daar wat die pyp gaan rook ?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/10/2021 - 08:41

Dankie manne (dames is mos op ons forum afwesig), julle opinies help al baie om my gedagtes in 'n sekere rigting te stuur.  Ek sal nog 'n bietjie wag om te kyk wat die res van ons mense sê.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 05/10/2021 - 10:06

Neef gaan SAP stem, die Natte jaag net aan. Jannie Smuts vir President, viva Jannie viva. Ai die alzheimers is weer sleg vanoggend, koppie wil,wil,net raas.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 05/10/2021 - 10:47

Na aanleiding van Neef se inset hierbo - ek het in 'n polities-verdeelde huis grootgeword. My pa was 'n Sap en my ma 'n Nat. Maar gelukkig was daar nooit 'n geredekwafel tussen my ouers oor politiek nie. As die Sappe 'n funksie aangebied het (gewoonlik 'n braai op 'n plaas, gevolg deur 'n toespraak deur een of ander politikus) het ons dit bygewoon - ma inkluis. As die Natte 'n soortgelyke funksie gehou het, was ons weereens teenwoordig - pa inkluis.

0
Pretoria

Geert

Tue, 05/10/2021 - 11:50

Al wat DA in Pretoria kon regkry is rekord hoog rates en taxes. Diens is pateties. Waar ons voorheen maksimum n 2dae gewag het vir klagte vir straat lig wat nie werk nie om reg te maak met een oproep, moet ek 11 maande fight met DA se mense. Ek is betrokke by n kompleks waar n onverwagte R160,000 water rekening opgedaag het......voel of DA se mense hul agter ent afvee aan jou navraag omtrent dit. Daar is nog n hele ry wat ek kan opnoem, Neewat, DA het sy kans gehad en sy eie mense te na gekom.....volgens my ook maar "vals beloftes"

0

Ek vermoed dat die DA ter plaatse ook maar vrotterig vertoon, as dit kom by ondersteuning. Hier is gereeld gebarste pype, geen water, elektrisiteit probleme en die meeste harde werk/ondersteuning word gelewer deur die VF+ verteenwoordigers.

Onthou, hier is die bordjies verhang, die ANC is die meerderheid.

 

0

MANIFESTO: -

Bring back the death penalty - maximum waiting 2 weeks

Caravan parks / resorts / KNP / ETC all tax exempt

80 % Reduction of licence fees for all 4x4's

All currently employed anc officals implicated in theft / grants / jobs for pals / money laundering / dipping in the till go immedietly to jail.

All prisoners <especially ex anc officials> to do community service:  fix roads / build schools / clean hospitals / replace stolen crash barriers and other infrustructure That's community service

Anyone wishing to supply electricity may do so - these companies will get government funding

Anyone caught destroying government infrustructure will be charged with treason treaon is a capital offence --- See next

Capital crimes are substance for the death penalty See point (1)

Re instate 12 months compulsory national service Once trained suppliment guarding of prisoners being re-abilitated through community service

Open commercial fishing for all subsistance fisherman -- boats under 5m

All ILLEGAL immagrants to have a finger cut -off - for easy recognition if they ever come back -- If they do then they pay with a whole hand

I could go on -----

 

 

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 05/10/2021 - 13:23

Jare gelede toe die onwettige immigrante nog op die trein terug Mosambiek toe gesit is weekliks, het die polisie inenting letsels gebruik om hulle maklik te isentifiseer. Toe ek in die Ooste van SA gebly het, het ek self gesien hoe die polisie hulle stop en ondersoek. As ek reg onthou is ons op ons linkerarms geënt (kan nie onthou waarvoor nie), en dit het so min of meer vierkantige litteken gelaat. Mosambiekers is op die ander arm geënt, en so kon hulle maklik uitgeken word sonder om eers hulle paspoorte na te gaan. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/10/2021 - 13:32

In my inleidende kommentaar het ek een van my keuses per ongeluk uitgelaat.  Ek vra om verskoning.

EFF : Hulle verkiesinghandfes van 300 bladsye bevat verskeie belangrike beloftes waarvan een is gratis grafte vir afgestorwenes.  Ek sal dit ongelukkig nie kan benut nie want ek en my annerhelfte het besluit ons gaan veras word.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 05/10/2021 - 15:51

Sal nooit vir DA stem nie. So 'n paar jaar gelede is ek deur binnelandse sake as dood verklaar en het nog steeds my eie dood sertifikaat.

Het my twee jaar van hel geneem om dit omgeswaai te kry. Al my annuïteite uitbetaling is deur versekeraars gestaak. Het alles probeer en toe my saak in die koerante en TV verskyn nader die DA my en sê hulle sal my bystaan want dan kan hulle "milage in the press" kry - hulle woorde.

Daarvan het niks gekom nie en kon nie eers stem nie want ek is "deceased".

Kanaal AN7 van die Guptas nader my toe en hou onderhoud wat op TV uitgesaai is en binne een dag kry ek sertifikaat en is weer lewend verklaar.

So vir my is die Guptas koning.

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 05/10/2021 - 18:53

Jan die naaste wat jy sal kom om vir die Guptas te stem is om maar vir die ANC se Zuma-faksie te stem !  Maar dit gaan lol, want hulle kandidaatlys word nog oor gestry en ons stem al amper !

0
Pretoria

Geert

Wed, 06/10/2021 - 05:58

Ek het elders gelees waar iemand voorstel dat slegs belasting betalers wie se belasting op datum betaal is  geregtig moet wees om te stem aangesien dit hulle geld is wat bestuur en gespandeer gaan word. 

Dit het groot reaksie/onenigheid gelok...lyk of die plasing op die ou einde maar verwyder is

0
Worcester

Wildehont

Wed, 06/10/2021 - 06:21

Ek praat gister met een van ons ervare DA raadslede en vra hom toe of hy nie dink hulle gaan steun verloor aan die VF+ en die nuwe (sedert die vorige plaaslike verkiesing) bruin partye nie. Hy sê toe dat die DA definitief minder steun gaan kry en die VF+ meer. Hy glo egter die nuwe bruin partye gaan eerder steun by die ANC wegvat. Van die ANC raadslede is nie weer op die lys in hulle ou wyke nie, en sê blykbaar hulle ondersteuners aan om eerder DA te stem, in die hoop dat hulle later in ‘n tussen verkiesing kan terugkom. Hy glo egter díe kiesers sal eerder EFF stem, so hulle gaan ook dalk ‘n wyk of twee ekstra wen (ons het net 21 wyke).
 

Hy dink ook dat die wegbly stem ‘n groot impak gaan hê. Baie ontevrede ANC kiesers bly eerder weg as om vir iemand anders te gaan stem. Omdat stemdag hierdie jaar op ‘n Maandag is en die drankwinkels nou weer oop is op Sondae, is daar ook ‘n goeie kans dat mense eerder ‘n langnaweek daarvan gaan maak as om te gaan stem. Dan is daar natuurlik die Covid faktor wat kan veroorsaak dat veral ongeëntes eerder wegbly as om in ‘n stemlokaal vol asems te gaan toustaan. Dit gaan interessant wees om te sien of sy aannames reg is. 

0

Sal nooit vir DA stem nie. So 'n paar jaar gelede is ek deur binnelandse sake as dood verklaar en het nog steeds my eie dood sertifikaat.

Het my twee jaar van hel geneem om dit omgeswaai te kry. Al my annuïteite uitbetaling is deur versekeraars gestaak. Het alles probeer en toe my saak in die koerante en TV verskyn nader die DA my en sê hulle sal my bystaan want dan kan hulle "milage in the press" kry - hulle woorde.

Daarvan het niks gekom nie en kon nie eers stem nie want ek is "deceased".

Kanaal AN7 van die Guptas nader my toe en hou onderhoud wat op TV uitgesaai is en binne een dag kry ek sertifikaat en is weer lewend verklaar.

So vir my is die Guptas koning.

Nie te min die absolute woedende kwaad, Heng dis n' intrisante story ---- 

Ek so by SARS instap en vir hulle se --- "No more income tax -- I'm dead" And give them a copy laugh

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 06/10/2021 - 06:44

Wildehont, stem saam jou raadslid. Maar die EFF gaan dalk ons verras. Klink vir my na die party vir die werkloses op die stadium. En dit is 40% van die arbeidsmag, dus stemgeregtigdes. Die sukkelende en verarmde kiesers het nie n uitkoms by die DA nie, maar daar hang n strooihalm, of n wortel, of n yskas, dalk n stukkie grond by die EFF. My stem sou daar wees as ek werkloos en ontnugter gelaat is deur die ANC.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus