Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -3 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Hoek stutte

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek sit hier en dink aan my Penta se voorste twee hoek stutte, my vermoede is dat Jurgens gedink het, net jong manne gaan Pentas sleep.

Dit is so diep onder die wa,  jy moet omtrend onder in klim om dit by te kom, dus het ek langer "rods" ingesit wat nou weer veroorsaak dat daar te veel vibrasie op die meganismes plaas vind.

Nou is my vraag, kan ek dit dwars aan bring, maw, ek sit die korter "rods" weer terug, maar, monteer dit so dat ek van die linker, en regter kant af kan werk, in stede van voor, onder?

Ek wil nie graag "plumber blocks" op die wa sit, om te kompenseer vir die vibrasie nie.

 

Worcester

Wildehont

Tue, 23/11/2021 - 14:41

Die rooi handvatsel op een van die Kavango se hoekstutte was al lig pienk van die son toe ek die wa gekoop het. ‘n Stuk daarvan het afgebreek in Kgalagadi maar AL-KO het nie voorraad gehad nie en ek mos voortploeter met die halwe handvatsel. Die afgelope naweek het die oorblywende helfte ook gebreek en moes die twee stafies met ‘n gesukkel met een hand uitgetrek hou om die stut op te wen sodat ek dit kon bêre voor ek die wa kon haak.

Ek kontak toe gister weer vir AL-KO maar hulle het steeds nie voorraad nie. Ek het reeds ‘n plan begin beraam om my eie handvatsel te prakseer uit yster, maar het vanoggend weer op die www gesoek en gelukkig ‘n verskaffer gekry en sommer twee bestel sodat ek een spaar in die wa kan hou. Trail Acc Trailer Spares & Accessories in Silverton. 

A

 

0

Middag Chris S

Ek het in my naiwiteit natuurlik gedink die goed sal vir ewig hou. 

Gaan sommer nou kyk of myne uit die son is. 

 

0
Uitenhage

neelsec

Tue, 23/11/2021 - 15:53

Ek het op my Penta voorkant van die wit water afloop pyp gevat omtrent 300mm lank en gepas nou druk ek net die slinger by pyp in sonder moeite

0
Worcester

Wildehont

Tue, 23/11/2021 - 16:05

Ek vermoed die Penta gebruik ‘n ander soort stut. Die met die rooi handvatsel word horisontaal geberg. Voor jy die wurm uitdraai trek jy eers twee veergelaaide penne waaraan die rooi handvatsel vas is uit, laat sak die stut na die naaste posisie aan vertikaal wat die grond toelaat en laat klik dan weer die penne terug om dit in plek te hou. 
 

My agterste stutte kan 90° tot die grond sak want hulle sit hoog genoeg agter die agterwiele. Die voorstes sit egter teen die A-raam, en is nooit 90° tot die grond nie. Meeste keer moet die wa se neus sak na dit afgehaak is om dit waterpas te kry, en dan staan die voorste stutte teen ‘n redelike hoek. 

0

Môre Chris S

Ek moes vir my Kavango 'n poot voor aansit, kan jy glo myne het geen pote voor gehad nie. Die Alko poot sit redelik voor op raam, amper regoor die neuswiel. 

Gaan dit help as jy joune vorentoe skuif. Ongelukkig boet mens stabiliteit in as die 2 pote naby mekaar is. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 24/11/2021 - 08:02

Wessel

Myne het stutte weerskante van die A-raam voor gehad toe ek dit gekoop het. Die voorstes het egter verskillende voetplate; een rond en die ander vierkantig. Heel moontlik het wie dit ookal opgesit het die een of albei tweedehands aangeskaf en die een met die gebleikte handvatsel wat gebreek het was dalk ouer en het iewers vir lank in die son gestaan op ‘n wa wat nie gebruik is nie? Die penne wat die handvatsel uittrek is ook baie meer stram as die van die ander drie stutte, en dit het waarskynlik bygedra daartoe dat die handvatsel gebreek het. Voordat ek die nuwe handvatsel opsit gaan ek die betrokke hoekstut afhaal, uitmekaar haal, ordentlik skoonmaak en ghries. Dit sal my heelwat frustrasie ook spaar. 
 

Ek besef nou ek het nie jou vraag beantwoord nie. Nee; ek wil nie die stut vorentoe skuif nie. Dit sal dan waarskynlik nog meer in die son sit. Gelukkig slaap my wa in die motorhuis, so dit gaan maar net sporadies son kry terwyl ons kampeer. Die betrokke stut sit wel aan die regterkant en is meer ontbloot. Die een aan die linkerkant word geskerm van die son deur my voltent se voorste kantpaneel wat om die hoekpaal wat teen die slaaptent staan vou en inryg op die voorste linker hoek van die wa en met Velcro vassit aan die voorste tent se stormseil. Hoe vorder jou voltent se omskepping?
 

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 30/11/2021 - 08:04

Ek het die hoekstut verlede week afgehaal en ordentlik gesmeer sodat die penne maklik in- en uit beweeg. Ek het besluit om nie ghries te gebruik nie, sodat daar nie stof en ander gemors vassit nie. Ek het toe eerder met ‘n blikkie silikoon gespuit. Ek het gister die twee nuwe handvatsels wat ek van Trail Acc Trailer Spares & Accessories in Silverton bestel het ontvang, die nuwe handvatsel opgesit en die hoekstut terug gesit.
 

Die tweede handvatsel is vir ‘n spaar, aangesien ek so gesukkel het om een op te spoor. Ek kan werklik Trail Acc Trailer Spares & Accessories in Silverton aanbeveel. Hulle was die enigste verskaffer by wie ek die handvatsel kon kry en hulle diens was flink en professioneel. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus