Nog youtube van wild.
Willem .....
.... geniet ek nou hierdie video-verslag van hierdie jong paartjie. Ek het gister eers Dag 7 s'n gekyk. Hulle kuier in plekke en op paaie wat my na-aan die hart lê.
Willem .....
.... alhoewel hulle beide goeie Engels praat, het ek afgelei aan hulle aksente dat hulle waarskynlik Afrikaans-sprekend is - veral met 'n van soos Van Wyk (alhoewel ek Engelse Van Wyks ken). In episode 8 het ek die afleiding gemaak dat hulle Noord-Kapenaars is. Ek het nogal gewonder van waar hulle is omdat sy in episode 1 genoem het dat hulle 1 000 km tot by Orpen gery het.
Ek het so pas episode 8 klaar gekyk en toer in die volgende een saam met hulle Punda toe. Lekker man, lekker!!
Weer eens....
................baie dankie Willem. Die kyk na hierdie tweetjies se Wildtuin-ervarings is net die regte voorgereg vir wat vir ons voorlê in Mei-maand !
Kersliggies
Ek het nou so pas episode 9 gekyk. Pragtige natuurtonele. Maar (net 'n persoonlike opinie), ek het nie gehou van die kersliggies by hulle kamp nie. Dalk maar verkramp of 'n wildtuin-tradisionalis, maar dit is nie "my cup of tea nie".
Maar my verkrampte opinie daargelaat - ek geniet steeds hul videos. My hart trek met 'n punt wildtuin toe.





Maroela ...
Vir die wild liefhebbers.