Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Julle maak 'n man lekker… Kuier maaltyd Voortrekker -18 minutes ago
Roerbraai Kuier maaltyd Rona du Plessis -24 minutes ago
Ordentlike dakrak... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -53 minutes ago
Hallo Fanie.  As jy kan… Hoe maak ek my ou rally tent… Voortrekker -1 hour ago
Kan ook werk Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Potjiekos Kuier maaltyd Geert -1 hour ago

Youtube - Stay with Stacy

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nog youtube van wild.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/03/2022 - 08:31

.... geniet ek nou hierdie video-verslag van hierdie jong paartjie. Ek het gister eers Dag 7 s'n gekyk. Hulle kuier in plekke en op paaie wat my na-aan die hart lê.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 19/03/2022 - 12:54

Ja ek hou ook baie van hulle video-verslae.  Hulle is Afrikaans, so uitgevind toe ek 'n boodskap gestuur het.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/03/2022 - 13:45

.... alhoewel hulle beide goeie Engels praat, het ek afgelei aan hulle aksente dat hulle waarskynlik Afrikaans-sprekend is - veral met 'n van soos Van Wyk (alhoewel ek Engelse Van Wyks ken). In episode 8 het ek die afleiding gemaak dat hulle Noord-Kapenaars is. Ek het nogal gewonder van waar hulle is omdat sy in episode 1 genoem het dat hulle 1 000 km tot by Orpen gery het.

Ek het so pas episode 8 klaar gekyk en toer in die volgende een saam met hulle Punda toe. Lekker man, lekker!!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 19/03/2022 - 15:40

................baie dankie Willem.  Die kyk na hierdie tweetjies se Wildtuin-ervarings is net die regte voorgereg vir wat vir ons voorlê in Mei-maand !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 20/03/2022 - 10:15

Ek het nou so pas episode 9 gekyk. Pragtige natuurtonele. Maar (net 'n persoonlike opinie), ek het nie gehou van die kersliggies by hulle kamp nie. Dalk maar verkramp of 'n wildtuin-tradisionalis, maar dit is nie "my cup of tea nie".

Maar my verkrampte opinie daargelaat - ek geniet steeds hul  videos. My hart trek met 'n punt wildtuin toe.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus