Nog youtube van wild.
Dag 13
Ek sou darem baie ongelukkig voel as ek in 'n kamp bespreek is, daar aankom en dan uitvind die kamp is tjok-en-blok sodat ek nie 'n kampplekkie kan vind nie.
Pragtige "sightings" wat hulle daardie dag gehad het.
My gat jeuk om weer 'n slag in Berg-&-Dal te gaan kamp. Dit bly maar een van my gunsteling omgewings en 'n mooi kamp. Ek hoop hulle het al 'n plan gemaak om die ablusies op te gradeer.
Chris ...
Ek sal ook 'n gasket blaas as dit met my moet oorkom om nie my bespreekte plek kan kry nie, het een jaar gebeur by Hartenbos. ☹
Wil ook graag weer Berg-en-Dal gaan besoek, was baie lank laas daar. Het net-net die Wilde honde se vangs teen die draad gemis een laat middag, maar kon die Hyinas hoor kou aan die oorskiet.
Kgalagadi - Dag 2, Rooiputs
Ek kan net "drool" want ek was nog nie daar in die Kgalagadi nie. ☹





Berg-en-Dal, dag 17 ...
Nat, nat, 🌧