SO my bevestiging vir die Wildtuin het toe nou nie so goed verloop nie omdat ek te laat plek wil bespreek, so die beplanning het effens verander en gaan nou vir 6 aande by Punda Maria kamp.
Nou wil ek uit die Wiltuin kom en vir n verdere paar dae gaan kamp by Swadini of Eiland, wat stel julle voor?
Kan ek vra dat die inligting wat gegee gaan word op die volgende gebaseer sal word:
warm en koue swembad.
Gerieflikheid van kamp terrein.
Dinge om te doen op en rondom die oorde.
Rustige oord of bedrywige oord.
Natuur tonele.
Wanneer ek terug huis toe ry sal ek oor Tzaneen na Polokwane en dan Vaalwater toe.
Die kostes is nie soveel duurder as die Wildtuin nie, eintlik is net naweke duurder, maar die week is goedkoper.
Swadini
Naweek per nag / R500
Week per nag / R310
Eiland
Naweek per nag / R590
Week per nag / R230
Hoor graag van julle, ek gaan afry tot by Phalaborwa hek en daar uitgaan en van daar af n oord kies om na heen te gaan.
Ek neig om te verskil
Alhoewel ek baie lanklaas by Swadini oorgebly het - nog nooit gekamp het nie - reken ek weer dat Eiland Spa, veral in die koeler maande, 'n lekkerder bestemming is. My seun het in onlangse jare by Swadini gekamp. Hulle is een nag byna uit hulle karavaan uitgewaai deur 'n stornsterk wind wat deur die kloof gekom het. Koos Mol het 'n soortgelyke windstorm daar beleef - iets waarvoor Swadini blykbaar berug is.
By Eiland beleef jy die meeste dae uitstekende Laeveld-weer met lekker lang sonskyndae. By Swadini sak die son in die wintermaande enigiets van 15:30 agter die berg - waarna dit sommer vinnig koeler raak.
Eiland Spa het koue en warm buite-swembaddens sowel as 'n lekker binne-warmbad indien die weer nie lekker saamspeel nie. Lekker staproetes langs die Letabarivier en in die Hans Merensky Natuurreservaat (waarbinne Eiland Spa geleë) is, maak dit 'n mekka vir die natuurlewe-entoesias.
Swadini is 'n bakgat plek, maar Eiland Spa is 'n moerske bakgat plek.
Eiland Spa
Môre vriende
Ek was dan sekerlik net gelukkig om nog nooit die wind by Swadini te kry nie. Ek kan my indink dat dit kan waai deur daai nou kloof.
Dalk moet ek ook Eiland gaan besoek voor of na 'n toekomstige Kruger vakansie. Dit is gerieflik naby aan PBorwa hek.
Eiland / Swadini
Ek was ook nog nooit by een van die twee nie maar ek lees altyd die terugvoering van kampers en dit blyk altyd positief te wees. Sal seker eendag daar uitkom.![]()
Gou n ander oord ook bespreek
Gou n bietjie die gesprek effens n ander draai laat loop,
Wie was al by Tshipise gewees en hoe vergelyk dit met die ander twee oorde naamlik Swadine en Eiland?
Tshipise ...
Josef Wiilem, ek was Desember daar gewees. Pragtige skoon oord wat lekker oop is. Ek glo in die Winter sal daar baie meer lewe wees en sal die gees ook beter wees maar persoonlik kan ek die "vibe" nie met die van Eiland vergelyk nie.
Gaan kyk gerus na die Resensie.
Josef my 2c
Swadini regtig mooi berge riviere ens ATKV Eiland swembaddens puik natuur mooi met ook diere wat deur oord loop ek gee 7/10 vir Swadini puik oord Eiland 10/10 hoekom soveel te doen vir oud en jonk en tereg gese deur Willem die vibe is befonk geniet jou beplanning Josef
Smaak verskil
Wie was al by Tshipise gewees en hoe vergelyk dit met die ander twee oorde naamlik Swadine en Eiland?
En elke ou sal maar vir homself moet bepaal of 'n spesifieke oord in sy smaak val. Ek het tweekeer by Thipise gekamp waarvan die laaste keer net oornag was op pad na Punda Maria. Om een of ander rede kon ek nog nie "hooked on" word met dié plek nie - moenie vra waarom nie. Ek het gister met 'n besoeker (van Bethlehem) by ons rolbalklub gepraat. Hulle gaan elke winter Tshipise toe en is gek oor die plek.
Tshipise
Soos Chris B noem, smaak verskil. Ek het baie jare [20] gelede ook in 'n winter skoolvakansie soheentoe gegaan.
Ek het dit oorvol en baie raserig gevind. Dalk omdat ek ingedruk was amper teenaan die swembad area en waar Bingo gespeel was.
Ek glo dat die plek, inkluis die ablusieblokke, darem al opgradeer het.
Ek sal hoogstens vir 'n oornag daar gaan staan, en dan dalk my siening verander.
Het verlede jaar in April by…
Het verlede jaar in April by Thsipise oornag en was baie beïndruk met die oord. As ek weer eendag in daardie geweste is sal ek dit beslis weer gebruik en langer oorstaan.
Plek is baie gewild onder die afgetredenis wat elke winter daar staan.
Kleedkamers baie netjies en skoon en heerlike warm swembad. Oord was baie goed versorg.
Ek stem saam ....
... Wessel, want toe ek laas daar oorgestaan het, het hulle ablusiegeriewe veels te wense oorgelaat.
En so verskil elkeen se…
En so verskil elkeen se opinies en voorkeure, ek sal Eiland los hande aan beveel. Ons het al paar keer by Swadini gestaan, 'n fantastiese oord, maar o wee, daai horkaan sterk winde by Swadini het al groot skade gebring.
Indien jy belang stel, Eiland het ook 'n baie lekker gym by die onderdak warm swembad. En die kamp gees is buitengewoon lekker.
Goeie keuse
Môre Josef
Goeie keuse, veral uit die oogpunt van jou reisprogram.
Ek gaan ook volgende jaar Die Eiland probeer, onderhewig waar wk in willetuin wil swerf.





Swadini loshande
Middag Josef
Ek was nog nooit op die eiland nie, maar is baie lief vir Swadini. As dit kom by natuurskoon, kan die Eiland nie Swadini klop nie. Onder in die Blyde rivier canyon, omring met die mooiste berge.
'n Bonus by Swadini is 'n bootrit op die Blyde dam. Dan is daar berg staproetes, fietsry, tennis, putt putt swembaddens en niksdoen.
As jy by PBorwa uitkom is Eiland sekerlik nader en op jou pad terug Pietersburg toe. Vir Swadini sal jy 'n ent onder toe moet afry, om weer terug te ry vir Pietersburg. As jy oorweeg om Swadini te besoek, kom dan eerder by Orpenhek uit.