6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -8 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -10 hours ago

Jou bespreekte kamp staanplek gevat ????

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ek gesels met n paar ouens wat op 4x4 community forum is en die een ou by bekende oord staan plek geboek met bewys van staanplek daar gekom toe is die staanplek gevat na mooi praat en vra het persoon wat staanplek verkeerdelik , opsetlik geneem het  geweier om kamp te skuif oord eienaar geroep lang en nie kort oord eienaar niks gedoen maar n staanplek toegeken vir die ou wat se staanplek gevat is ongelukkig wil die persoon nie tans shame en blame nie maar as dit ek was sal ek die plek hoe gewild ook al vermy innie toekoms wat sou jy / julle doen innie situasie

Centurion

Voortrekker

Tue, 29/03/2022 - 07:40

Hy moet skuif!   Wat is die oord eienaar se probleem dan om nie sy voet neer te sit nie.    Hy moet kies watter een van die 2 kliente hy wil verloor.

Secunda

Sleep nou

Tue, 29/03/2022 - 07:46

Anton ek stem saam jou die ou gaan blykbaar al 20 jaar plus soentoe hy op forum gese hy voel ook dat oord eienaar moes intree wat nie gebeur het nie hy sal in toekoms nie meer gebruik maak van oord nie maar soos almal maar hulle siening het se vannie ouens hy moes nie n boehaai gemaak het nie ander se maak n boehaai en laat oord eienaar verstaan jy soek jou staanplek wat jy reeds geboek het met bewyse 

Ek wonder net hoe voorkom 'n oord dat so iets gebeur. Gaan span jy die staanplek toe, met bordjie wat toon----plek is bespreek van xxx tot xxx. 

Ek was ruk gelede by Mabalingwe en met aankoms het hulle vir my 'n kaart gegee, waarop die beskikbare plekke, waaruit ek kon kies, gemerk was. Ek moes net hulle inlig watter ene ek geneem het, seker om kaart dadelik aan te pas.

Dis net so ongemaklik om vir 'n bespreekte krag staanplek te soek. Jy kry ene, maar iemand het sommer 2 koorde op die paaltjie ingeprop. Wat maak jy, trek jy maar ene van die skuldige uit, en die res van vakansie is die almal ongelukkig.   

Worcester

Wildehont

Tue, 29/03/2022 - 08:05

As ‘n oord jou toelaat om ‘n spesifieke staanplek te versoek en bespreek, moet hulle die beleid toepas dat jy staan waar jy bespreek het. As jy nie bespreek het nie moet jy staan waar daar plekke nie reeds deur ander bespreek is nie. Anders gaan die stelsel nie werk nie. 
 

Dan kry mens natuurlik ook oorde waar jy ekstra betaal om op ‘n sekere deel te staan of om ‘n kragpunt te hê. In Shingwedzi betaal jy meer om langs die heining te staan. Hulle kom van tyd tot tyd verby, en as jy langs die heining staan maar nie daarvoor betaal het nie moet jy skuif.
 

Kragpunte is nie altyd so maklik om te beheer nie, want mens kry roofgebruikers wat krag steel met lang verlengkoorde of bloot op die verkeerde plek staan. Toe ons verlede jaar in Satara was het ons besluit om ‘n ekstra nag te staan daar en een minder nag oppad huis toe te slaap. Daar was egter net staanplekke sonder krag beskikbaar vir die aand. Ons het een gaan uitsoek, en gereed gemaak om te skuif. Toe sê ons bure hulle pak op om vroeg die volgende oggend huis toe te ry, maar slaap in hulle daktent langs hulle ouers se rondawel. Hulle het egter betaal vir ‘n staanplek met krag (wat hulle nie meer beset het nie), en ons het dus nie nodig gehad om te skuif nie. 

Centurion

Voortrekker

Tue, 29/03/2022 - 08:07

As ek by 'n oord aankom en opsetlik skuif na 'n ander nommer staanplek as die een wat vir my gegee is dan gaan ek myself ongelukkig moet beskou as a ramaphoesa en selfsugte individueel.   As daar dan iemand anders aankom aan wie die nommer toegeken is dan het ek mos daardie persoon te na gekom.   As ek dan weier om te skuif nadat ek sien die persoon wie se staanplek ek opsetlik gevat het is ongelukkig, dan is ek 'n nog groter phoesa.   

Die mense wat sê dat daar nie 'n boehaai gemaak moet word nie en dat dinge net laat gaan moet word wil nou 'n nuwe tendens in plek sit waar dit ok is om te maak soos jy wil in kampeerplekke - dit doen skade aan die regte tipe kamp kultuur waar ons respek het vir ons medekampers.    Klink vir my of hierdie denke en optrede nogal goed inlyn is met die optrede wat 'n mens deesdae wêreldwyd sien waar die skurke reg is en die wat onder hulle asksies moet lei in die verkeerd is!

Secunda

Sleep nou

Tue, 29/03/2022 - 08:09

Wessel ja die persoon het daar aangekom toe report en gevra dat persoon moet skuif na ander staanplek maar eienaar net gese vat vir jou n ander staanplek is volgens my verkeert as jy jou eie reels as oord eiennaar nie afdwing nie gaan almal doen wat hulle wil en kort voor lank verloor daai oord kliente agv n vrot appel of twee

Die eienaar het die fout gemaak so ek sal slegs 'n ander staanplek vat as hy my vergoed ook.  Daar is mos 'n rede gewees hoekom ek op die spesifieke stand wou staan. 

Miskien as hy aan sy sak voel sal hy nie so gou sê vat maar 'n ander staanplek nie.  

 

Middag vriende

Ek is soms 'n regte Grompie, as ek hou van 'n plek, iets of iemand, dan vertel ek vir almal. As ek 'n gly vang in 'n plek, diens, persoon dan vertel ek ook vir almal.

Soms, voordat ek met 'n verskaffer deel, vertel ek hom dit vooraf, net sodat hy my mooi verstaan.

Ons is vinnig om oorde op die forum aan te beveel, soms negatiewe kommentaar te lewer, dus noem die oord by die naam. Dan weet ons almal

Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 29/03/2022 - 11:43

Ek stem nogal saam Wessels.  Hoekom wil kampers nie die plek se naam noem nie?  As dit ek was sou ek die eienaar se naam ook genoem het.   Ek sou dit ook op elke kamp forum gedeel het om ander kampers te waarsku.  Foto's en al.

As jy 'n plek bespreek is dit 'n wettige ooreenkoms tussen jou en die kampplek.   As enige party iets in die ooreenkoms verbreuk is daar gevolge.  Bv, jy as kamper sal jou deposito verloor as jy 'n kampplek boek en nie opdaag nie.  Netso moet daar gevolge wees vir die kampplek as hulle die ooreenkoms verbreuk.  

Deur sulke gebeure en insidente te probeer wegsteek skiet ons kampers onsself in die voet.

 

Het met ons gebeur by Tugela Mouth hele paar jaar gelede. Ook staanplek toegeken met gras en skadu en toe ons daar kom het die kampeerder besluit om nog 'n dag te bly en is ons aangesê om ander staanplek te soek. 

Die manier wat dit vir ons gesê is en sonder enige verskoning was vir my -  vat dit of los. Daar was nie ander skadu plekke oop nie.

Ons het Zinkwazi gebel en daarheen gegaan. 

Tugela Mouth sal my nooit weer sien nie.

Worcester

Wildehont

Tue, 29/03/2022 - 22:00

Tugela Mouth sal my nooit weer sien nie.

Ek is ongelukkig nie baie verdraagsaam as dit by swak diens kom nie. Ek gebruik die verskaffer/handelsmerk nooit weer nie. 

Worcester

Wildehont

Thu, 02/06/2022 - 08:21

Ek weet presies waar die staanplek is. Ons het amper daarheen getrek toe ons verlede jaar net ‘n staanplek sonder krag kon kry toe ons ‘n ekstra aand by Satara wou staan. Op die ou end het ons nie, want ons bure wat nog bespreek was die aand vir ‘n staanplek met krag, het opgepak en buite hul ouers se rondawel in ‘n daktent geslaap voor hulle die volgende oggend vroeg vertrek het. 

video
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/06/2022 - 11:49

Sommige mense is net egosentries. mens kan dalk begrip gehad het, as daar nie ander oop staanplekke was nie. 

Dis sulke insidente wat voorkom kon gewees het as die staanplekke goed afgemerk was, hetsy met kalkstrepe of bome/struike. 

Dit gebeur egter dat staanplekke soms knap is, wat dan lei tot naby staan. Kyk byvoorbeeld na die gesogte stanings in Maroela, voor teen die draad. Die ouens staan ook maar lekker skouer aan skouer. Ten minste nie rug aan rug nie.

In 2019 in Satara het iemand ook vir ons 'n staanplek uitgewys. Lekker naby aan ablusie, met koelte aan my rugkant. Nadat ek my staan gekry het, was dit ook relatief naby aan die gawe buurvrou. Aan die anderkant van die pad het Chris B lekker gestaan op 'n gemerkte plek, met niemand binne aanraak afstand nie. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus