6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

Ramaphosa se vloekwoord in die parlement

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Die voorval is op ‘n ander gesprekslyn aangehaal, maar ek wil nie daardie gesprekslyn verder besoedel met die onderwerp nie. 
 

Baie mense dink dis snaaks dat die president van SA die woord gebruik het in ‘n parlementêre vraag- en antwoordsessie. Hulle vind ook die daaropvolgende gebeure waarin hy dit grappenderwys terug getrek het nadat die UDM die volgende gesê het op ‘n punt van orde amusant. 

“It will be a sad day if the word 'f*k*l' enters the lexicon of parliament because the president used it here. MPs would use it in the future and the speaker will not be able to call them to order.”

Ek moet met die UDM saamstem. Ek vind dit betreurenswaardig dat die president van ons land so min respek vir die hoogste openbare forum in die land het dat hy sulke taal daar gebruik. Ek gee nie om wie die vraag gevra het wat hy so beantwoord het, of wat die vraag was nie (ek stem terloops saam met die vraag, maar dis nie belangrik nie). 

Is dit hoe die leier van ‘n land homself behoort te gedra? Of is ek oorsensitief en konserwatief? Dis tog eenvoudig vir Engelse sprekers om af te lei wat die woord beteken, dit klink amper soos die Engelse weergawe waar dit waarskynlik vandaan kom. Hy wil beleggers na SA lok, maar watse beeld skets hy deur sulke taal te gebruik en te dink dis ‘n groot grap?

 

Irene

Grootwind

Wed, 30/03/2022 - 15:17

Dink darem as mens 'n Oekraniese grenswag  is wat vir 'n Russiese oorlogskip wat hulle dreig in hoog Frans vertel "Russian warship, go f&%# yourself" is dit heel aanvaarbaar? Dink daai ou verdien 'n Tannie Victoria kruis vir sy moed!

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 30/03/2022 - 18:09

Grootwind jy het my stem. Die Grenswag, het homself duidelik gemaak, en kon dit nie beter gestel het nie. Daai man het balls, of is dit dit lelik om te se.

Môre vriende

Ek het 'n groter probleem as Ramaphosa se doelbewuste[?] glips in parlement.

Dit is die uiters swak taalgebruik van komediante. Dit wil voorkom of die humor/snaaksgeit gekoppel is aan die aantal f-woorde, en ander swets rymery. Selfs die ouens en groepe se kunstenaarsname, is eintlik effe af. 

Waar is dae van skoon humor, soos Spies en Plessie se dae. 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 31/03/2022 - 07:32

Stem daar heeltemal saam. Ek vind die gevloek uiters swak, en geniet dit gladnie. Lyk of hulle "skoktaktiek" gebruik om reaksie te kry. Gelukkig kyk ek nog vir Spies en Plessie op You tube.

Kyk hoe het Will Smith luidkeels gevloek by die Oscars, dit was doelbewus en uiters swak, ongeag die omstandighede. Neef is nie preuts nie, maar die mensdom se waardes en standaarde tuimel teen n breeknek spoed die afgrond in. Wil nie eers noem van die celebrities wat omtrent kaalgat verskyn, dan noem hulle dit net " very racy". Volgende is dit oop ketel op die kassie.

Irene

Grootwind

Thu, 31/03/2022 - 11:13

Sien die Oekraniër wat duidelik aan die Russiese oorlogskip laat blyk het wat hy van hom dink, het gister 'n eerbewys vir dapperheid van sy president ontvang. Dink hy het dit verdien!

Irene

Grootwind

Thu, 31/03/2022 - 11:20

Maroela vertaal die Ingilse weergawe van die Oekraniër se "stelling" in Afrikaans as "Russiese oorlogskip, vlieg in jou m**r". Lyk mos nou asof die ding effe "skoner" word met elke vertaling? Nou is ek eers nuuskierig...wat was die oorspronklike Russies dan?devil

Irene

Grootwind

Thu, 31/03/2022 - 12:18

Daar het jy my nou Chris! My Russies is effe verroeslaugh Maar ek dink so op die oog af lyk dit nogal baie erger as beide die Ingilse of Afrikaanse vertaling? Ons het nog nie verder ontwikkel as om %$*# te gebruik nie....laugh

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 31/03/2022 - 14:49

... as jy Afrikaans stadig praat, sal 'n Rus jou verstaan. Lees net daardie Russiese sin stadig - jy sal dit verstaan. 

Ek het my maar verlaat op Google Translate met "Vlieg in jou moer".

Worcester

Wildehont

Thu, 31/03/2022 - 15:26

Ek het eendag jare gelede ‘n onderhoud met Pieter Dirk Uys gehoor en kon gelukkig ‘n transkripsie daarvan opspoor. Lees gerus wat sy pa vir hom gesê het oor vloekwoorde gebruik in sy optredes:

Een daarvan was na afloop van ’n openingsaand waarin ek en Lizzie Meiring saamgespeel het. My pa het kom kyk. Ek het in die eerste helfte vreeslik gevloek, hoofsaaklik om die Broederbondlede in die gehoor die harnas in te jaag. By die huis het hy met ’n glas wyn gaan sit en Engels begin praat. Dit was die teken dat ek in groot moeilikheid was.

 

“Come, sit, ” het hy genooi, en toe gesê: “Pieter, weet jy wat, ek is so mét jou in wat jy doen, en ek wil hê dit moet uitwerk. Maar dit was skaars vyf minute toe gebruik jy al hierdie onnodige woorde. Dit was soos ’n vinger wat jy in my oog druk, en dit het my so blind van woede gemaak dat ek nie verder wou luister nie.”

 

Hy stel toe voor: “Hoekom gebruik jy nie daardie vinger om my agter my oor te kielie nie? En as ek so lekker kry dat ek wil sien wat my so laat voel, sal ek omdraai... en jou vinger sal my oog vind.” Met ander woorde: Don’t be obvious. Vind ’n ander manier om te sê wat jy wil sê, sodat mense pret sal hê en wíl luister. Dit was ongelooflike goeie raad, en ek pas dit vandag steeds toe.

Irene

Grootwind

Thu, 31/03/2022 - 16:02

Hoor jou Wildehont maar ekke dink nie daai Oekrainiese ou sou dit op 'n ander manier aan daai Russiese skip sou kon sê nie! Die idee was sekerlik nie om te verseker dat daai skip se kaptein pret sou hê nie?laugh

Worcester

Wildehont

Thu, 31/03/2022 - 16:22

Dit was nie op ‘n oorlogsituasie gemik nie, eerder op die oorspronklike onderwerp waar iemand in ‘n “beskaafde” forum praat en in antwoord op Wessel se opmerking vroeër oor komediante. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus