Goeie môre Kampforum vriende, geniet die dag.
Die mense wat vandag weer in die pad val, moenie seer kry nie, ry veilig en kom veiligby jul bestemmings aan
Middag almal. Ons is veilig…
Middag almal. Ons is veilig terug by die huis. Karavaan en kar klaar skoongemaak en veilig in hulle onderskeie "huisies". Baie lekker naweek gehad.
Hennie ...
Bly julle is veilig tuis, gaan jy foto's met ons deel en die resensie doen ?
Hallo Almal. Ons was die…
Hallo Almal. Ons was die naweek bietjie in die bos gewees, maar is nou weer terug by die huis., Môre moet die latte weer skool toe en ek moet bietjie werk...
Ek hoop almal het 'n lekker langnaweek gehad.
Naand sê. Ons kuier nog…
Naand sê.
Ons kuier nog lekker in Laer Sabie maar die sein is so swak dat ek sukkel om foto's te laai. Baie luiperds en leeus gesien maar nog geen jagluiperd nie.
Wild is nogal volop en weer baie lekker.
Geniet Jan
Onder-Sabie is een van my gunsteling omgewings. Terloops - ek let op dat jy ook praat van Laer-Sabie, soos baie andere. Terwyl Lower Sabie in Afrikaans eintlik bekend staan as Onder-Sabie. Ek probeer nie beterweterig wees nie - ek noem maar net.
Jan klink my mos julle is…
Jan klink my mos julle is gelukkig daar, bly sommer nog 'n maand, julle is mos pensionariste😇
Goeie môre almal, geniet die…
Goeie môre almal, geniet die eerste dag van jul werk week. Ons pensionariste gaan vandag ons "nog 'n afdag" ook geniet.
Die wat nog werk, dit is 'n vooreg, geniet jou werk solank jy kan.
Dagse maters. Hier is die…
Dagse maters. Hier is die winter weer weg, warm bedags, en raak alweer droog. Die weerpatrone is regtig heel deurmekaar, teen die tyd moes die eerste ryp al gekom het om die bosluise en plae in toom te hou.
Party dae beny ek die manne wat op stoepe sit Johann. Werk raak nooit klaar hier nie, en dit nog sonder betaling. Die volgende paar weke moet ek n 400m pyplyn insit en n plek voorbery vir n sinkdam wat die water gaan berg. En, n huisie help bou vir een van my getroue werkers, hy is uitgesit waar hy al donkie-jare woon. Het vir hom n plekkie hier gewys waar hy kan bly tot die aarde vergaan.
Goeie môre julle, hier gaan…
Goeie môre julle, hier gaan dit ook nog goed. Lekker kort week vir die wat moet gaan werk. Ons ander sal maar net besig bly. Die wat kamp moet dit sommer baie geniet.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Nou ja ek het ook niks te vertelle nie en lê maar by die huis rond, daarom sal ek tenminste mede lede kom groet en voorspoed wense deel vir die dag wat voorlê.
Geniet jou dag.
Ek kan baie vertel, maar ....
.... die vraag is of andere dit wil hoor (of liewer lees).
Ek en Ralie berei voor vir die ver kinders se kuier - o.a. hulle gunsteling beskuit te bak. Ons tel die slapies af.
Dan het Chris WH nou 'n ding in my wakker gemaak - naamlik 'n besoek aan Kgalagadi. Ek dink aan 'n week gedurende April 2023. Omdat ek nie die hele tyd in Twee Rivieren wil bly nie (ek kan my wa net tot daar sleep en tentkampery is nie meer heeltemal vir my bedoel nie, want ek weier om nóg 'n afblaas-matras te koop), kyk ek na vaste akkommodasie. Vir die tydperk waarna ek kyk, kan ek geredelik regkom in Twee Rivieren, Mata Mata en Kalahari Desert Camp. Laasgenoemde is egter bietjie duur na my sin.
Nou nog net vir Ralie oortuig dit is 'n goeie plan.
So vinnig soos "nou" ...
... het ek Ralie oortuig dat ons 'n bespreking in Kgalagadi doen vir Apr 2023. Toe ek die voorstel doen, het sy dadelik ingestem. Ek lieg dus om te sê dit het oortuiging gekos.
13 & 14 April - Twee Rivieren
15, 16 & 17 April - Mata Mata
18 & 19 April - Twee Rivieren
Alles in vaste akkommodasie.
Kgalagadi - Twee Rivieren ...
Chris, omdat my Ford nie gebou is vir grond pad nie sal ek dit net maak tot by Twee Rivieren en dan maar op dag lopies moet staatmaak om dit. Maar vir ons hier bo raak dit ook 'n redelike afstand, maar ek moet nog gaan.
Wel gedaan Chris, dit klink…
Wel gedaan Chris, dit klink vir my na 'n lekker trippie daai.
Môre vriende, geniet die dag…
Môre vriende, geniet die dag wat wag ten volle.
Chris, al is dit nog effe ver in die toekoms in, geniet die beplanning, dit is soms lekkerder as die vertrek dag.
Die stil tyd van die jaar begin nou met die wat afskaal vir die winter, en die diesel prys is natuurlik ook 'n groot faktor in kampering. Ek kan niks nou beplan nie, hoop en vertrou maar dat die pryse weer sal vebeter vorentoe?
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Wat is die planne vir die dag ?
Moet die disprin nog vat vir 'n nuwe skerm, wat soos 'n spinerak lyk na Surette hom laat val het. ☹
Geniet julle dag verder.
Wat is die planne vir die…
Wat is die planne vir die dag
My petrol tuin blaser het gister begin probleme gee, dus moet ek vandag Vanderbijlpark toe om parte te gaan kry.
Ek is so verveeld, het Maandag sommer al drie karre gewas😬
Kgalagadi
Lekker Mnr Boucher! Ek kan myself steeds skop dat ek die oopmaak van besprekings vir volgende jaar April gemis het. Ek het gister weer gekyk, maar tydens die skoolvakansie is daar nie dae agter mekaar beskikbaar nie. Ek sal maar net volgende jaar wakkerder moet wees. Anders moet ek dalk kyk aan die Botswana kant, maar selfs dan sal dit beter wees om ‘n dag of drie tussenin in Nossob te hê. Lg is ongelukkig die moeilikste van die drie hoofkampe om by plek te kry.





Môre sê Kampforum lede 👋☕
Ek weet Len hulle ry verder uit Pretoria en Shaun hulle is oppad Eiland Spa toe, is nie seker oor Josef-Willem nie, dalk is hy klaar daar ?
Julle moet almal veilig ry en dit geniet.