Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏
Hoe meer dae hoe meer dinge ! ...
Len, dit is nie goeie nuus nie, maar gelukkig het hulle dit vroeg opgetel.
Baie sterkte vir volgende week.
Sterkte Loaders
Ek hoop Covid maak julle nie te siek nie. Ek het Sondag met ‘n vriend gepraat wat dit in April die eerste keer gehad het. Hy rook of drink nie, is 48 en fiks maar was hondsiek. Mag julle baie ligter daarvan afkom, en gou weer gesond wees.
Vasbyt Loaders
Middag Len
Sterkte vir julle, hoop julle wen die Covid, en dat operasie suksesvol sal wees. Bou nou intussen liggaamsterkte op.
Sterkte aan die Loader gesin…
Sterkte aan die Loader gesin.
As dit van die wildtuin af kom, behoort dit darem seker nou al amper oor te wees?
Sit ek en dink aan Harrie,…
Sit ek en dink aan Harrie, Wessel en Len-hulle, en wonder hoe dit met hulle gaan.
Sover ek onthou kom Wessel se verbande nou een of ander tyd af, bid dat dit goed gaan.
Weet nie of Harrie nog hier inloer nie, maar ek vertrou dat dit al beter gaan na sy groot verlies.
Len: ons gebede is met julle twee, en dat daai virus nou al baie verswak het, sterkte vir julle met jou groot operasie wat voorlê.
Johann ...
Ja dit gaan goed met Harry, hy gesels gereeld op Kampforum se WhatsApp groep.
Môre is die dag!!!!
Middag vriende
.....dat die verbande vir 1ste keer afkom. Ek glo met my hele hart dat die operasie 'n sukses sal wees. Dis tyd dat ek my bewegings weer op my 2 agterpote kan doen. Eerste prioriteit is dan om Grompie en Skillie te gaan haal.
Nou het Kulula/Comair opgehou vlieg, net toe ek hulle nodig het om in Kaap te kom. Ek verkies om van Lanseria af te vlieg, net soveel nader en verkeersgewys makliker.
Nou het Kulula/Comair…
Nou het Kulula/Comair opgehou vlieg, net toe ek hulle nodig het om in Kaap te kom. Ek verkies om van Lanseria af te vlieg, net soveel nader en verkeersgewys makliker.
Sterkte Wessel. Ons het nog altyd net van Flysafair gebruik gemaak vanaf Lanseria.
Wessel se voet
Middag vriende
Ek wil net gou noem----spesialis is baie tevrede met voet se genesing. Al die oorgeplante velle het gevat. Hy het al die ou Hermanus-velle met die operasie verwyder. Hy wou nie 'n kans vat daarmee nie.
Ek moet nou 10 Junie weer gaan vir 'n opvolg. Dan sal ek weet wanneer ek my speelgoed in Hermanus kan gaan haal. Tot volgende Vrydag is dit steeds voet in lug, en as beweeg met nuwe 4x4.
Alle eer aan ons Almagtige Geneesheer.
Wessel, ons is dankbaar vir…
Wessel, ons is dankbaar vir jou goeie vordering, soos jy sê, alle eer aan Hom.
Wessel.......
.............ek is ook baie bly daar is goeie vordering met jou voet se genesing. Nog net 'n week se uithou en dan behoort jy perd-fris te wees.
Baie goeie nuus met almal…
Baie goeie nuus met almal wat so goed herstel. Wessel amper op die been en dat dit goed gaan by die Loaders ook.
Sterkte ook van ons kant af…
Sterkte ook van ons kant af aan die Loader gesin - net ingeval oom Len dalk by die hospital "inboek" voor ek weer n kans kry om julle voorspoed toe te wens.
Dankie...
Johann/Pieter, baie dankie vir die goeie wense. Ek het gister met my chirurg gepraat en alles is opdreef vir môremiddag se operasie. Ek het gister reeds begin met die spesiale dieët en sal nou vir 'n geruime tyd nie weer normaal kan eet nie - vir 'n klompie dae kry ek die nodige vloeistof-voedsel deur 'n pyp deur my neus tot in my maag.
Klink alles grillerig, maar ek sal daar deurkom.





Veloorplanting
Middag Johann
Die seer is OK, solank die oorplanting net 'n sukses is. Ek speel noe "sissie", lê eerder meestal bene in die lug om seker te maak dit trek nie los nie.
Gelukkig het ek nou baie tyd om ernstig te dink aan die toekoms en keuses om te maak.