6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -2 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

My een dogter los toe n bom

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

My middelste dogter Chantelle an haar man kom kuier toe by ons  maandag wat verby en so tussen die kuier en speel met my kleinkinders se sy haar man het werk permit gekry om in Nederland te werk vir n jaar die maatskappy vir wie my skoonseun werk het alles gereel en sy salary verhoog met amper 50 % my dogter en drie kleinkinders sal dan volgende jaar Augustus vliegtuig klim en verhuis Nederland toe ek is regtig bly vir hulle maar ag tog my kleinkinders my alles hoe gaan ek en Berdien die verlange oorleef 

Brackenfell

HennieBo

Thu, 02/06/2022 - 13:52

Sterkte vir julle Shaun.

Ja dit is nie lekker om so iets te hoor nie, maar die "kinders" moet doen wat hulle dink die beste is.

My dogter en skoonseun wil ook oorsee gaan en dit gaan ons ook breek as die kleinkinders nie meer so naby aan ons is nie. My dogter hulle bly so 1km van ons af. Ek dink egter dat daar 'n beter toekoms vir hulle buite SA is. Kleinseun is nou volgende jaar st. 6 (gr 8) en kleindogter St. 2 (gr 4).

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 02/06/2022 - 14:35

Sterkte Shaun.

My oudste dogter hulle se twee is nou nog jonk, die kleinste et 2 weke terug 6 geword en die knaap is nou Gr.2 as ek reg is.  My skoonseun praat nie van oorsee gaan nie maar kan ook maklik gebeur maar glo nie solank sy ouers nog leef nie ? (ek weet nie)

My jongste dogter hulle sal nie gaan nie en die kleindogter het die aar regte begin.

Wijan sal maar moet bly solank ek nog lewe want ek gaan nie skuif nie.

Worcester

Wildehont

Thu, 02/06/2022 - 14:53

Dit kan nie lekker wees nie, maar julle sal maar oor die water moet gaan kuier. Hopelik gaan die Covid spook gou weg. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/06/2022 - 15:12

Middag Shaun

Jullemoet baie bly wees oor daai "bom". Daar is geweldig baie boerekinders en mense in Nederland. Ek hoop vir hulle part dat sy werk hom 'n permanente pos aanbied, en dan is die skuif soheentoe soveel makliker.

Ek wonder hoeveel families in SA, het reeds 'n kind oorsee. My tweede ene vertrek ook eersdaags Amerika toe. My seun is al van 2010 oorsee, en is nou in Dubai.

Secunda

Sleep nou

Thu, 02/06/2022 - 15:29

Ek weet beter toekoms vir hulle daar maar ja gaan my kleinkinders mis hy vir my gese sy visum , papier werk ,vervoer ,medies ,behuising klaar gedoen deur sy nuwe maatskapy en hulle het reeds aangedui sou hy na jaar wil aanbly gaan hulle hom help om daar permanent te laat bly en dan my meisiekind en kleinkinders daan oorvat soentoe

Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/06/2022 - 15:39

Shaun

Gaan huil maar in die binnekamer, jou kinders se lewensvreugde is veel meer werd. 

Gaan hy werk by hulle nuwe kernreaktor, genaamd PALLAS. Baie van my oudkollegas is soheentoe. 

My ou vriend van Stellenbosch se dae, se seun werk vir 'n groot ingenieursmaatskappy wat spesialiseer in vliegvelde oraloor. Hulle hoofkantoor is ook in Nederland.

Pretoria

Geert

Thu, 02/06/2022 - 16:49

Ja...afstand in nooit lekker tussen gehegte familie en vriende nie. Laasweek ook n berig gelees van n vrou wat ge-crack het oor sy kort-kort vir haar man en kinders op die lughawe koebaai moet sê omdat hul net werk in buiteland kan kry. Ekself moes ook afgelope jare al menigmale van werk afsien net omdat ek wit is. Ek dink as ek nou n wit skoolverlater was, sou ek ook beslis elders groener weivelde gaan soek het

Vaalpark

Johann L

Thu, 02/06/2022 - 18:28

Shaun, ons is 'n paar lede hier op die forum wat uit ondervinding weet waardeer jy en Berdien gaan, ons is daardeer.

Dit is nie maklik nie, mens raak wel met tyd daaraan "gewoont" maar troos julle daarin dat dit vir jul kinders wel beter is, veral op jeugdige ouderdom.

Hoe bitter swaar dit ook al is, ek wens baie dae dat ons jongste dogter ook wil Australia toe gaan, al is dit terwille van ons twee kleinkinders hier, hulle sal 'n beter toekoms daar hê.

 

Worcester

Wildehont

Thu, 02/06/2022 - 20:10

Ek gun dit vir elkeen om sy/haar eie keuses te maak oor wat vir hulle die beste is. Ek het al op drie tydperke in my lewe oorweeg om Afrika te verlaat, maar nooit so ver gegaan nie. Die laaste keer was voor Ramaphosa oorgeneem het, en toe ek die sommetjies maak het ek besef ek sal my eie keel afsny.
 

As mens ‘n sinvolle skuif wil maak uit Afrika en beter af wil wees finansieël daar as hier moet jy dit so jonk as moontlik doen. Hoe dit ookal sy; dis hartseer dat so baie landgenote kies om SA te verlaat eerder as om hier by te dra tot ‘n beter land. Maar ek herhaal wat ek aan die begin gesê het; ek gun dit vir elkeen om sy/haar eie keuses te maak oor wat vir hulle die beste is.

Pretoria - Oos

Andre Smit

Fri, 03/06/2022 - 07:31

Goeiedag almal,

Ja, dit bly 'n hartseer saak, maar diegene wat nog vasklou aan "dinge gaan verbeter" moet miskien 'n slaggie die sentiment eenkant toe skuif en MOOI gaan besin oor dit waarna hulle hunker.

Africa is for Africans.

Sal ons ooit as Africans aanvaar word. Die kultuur op die kontinent is een van almal is gelyk behalwe die Elite/Koning. Dis hoekom korrupsie so gelate aanvaar word deur die gepeupel. Dis hulle oorlewing wat hulle aan die Baas verskuldig is - solank hy nie Wit is nie.

Swartgallig - moedeloos - sonder Geloof. Nee, jy veroordeel verniet - ek is net 100% realisties.

BEWYS MY VERKEERD

Al drie ons kinders en 6 Kleinkinders reeds landuit en presteer daar waar hulle inset, werk en bydrae in hulle gemeenskappe waardeer word.

As jou kinders die geleentheid kry om te gaan - ONDERSTEUN hulle asseblief - die verlang en hartseer gaan nie HULLE oorlewing hier verseker nie.

 

Vaalpark

Johann L

Fri, 03/06/2022 - 08:18

Andre, jy is absoluut 100% reg met jou stelling!!!!

As jou kinders die geleentheid kry om te gaan - ONDERSTEUN hulle asseblief - die verlang en hartseer gaan nie HULLE oorlewing hier verseker nie.

Irene

Grootwind

Fri, 03/06/2022 - 09:20

Ons self het in die 90's vir 3 jaar in die VK gewoon, was daar omdat my werkgewer my gestuur het. Moet erken ons het maar moeilik teruggekom met kinders wat daar op skool was en onsself wat heelwat vriende daar gemaak het. Hang seker af hoe mens lewenskwaliteit definieer maar afgesien van die weer was ALLES beter en bowenal en alles werk, mens het bv. nie nodig om jou eie polisie te kontrakteer nie (dis nou bv. ADT), huis (4 slaapkamers en dubbel mototrhuis) het 'n  "gevorderde" alarm gehad met presies een PIR en 'n magneet sensor by die voordeur asook agterdeur, geen diefwering nie, oop na die straat sonder elektriese heinings, my seun het gereeld sy fiets op die sypaadjie vergeet en dan was dit nog daar die volgende oggend (OK, was darem 'n klein dorpie in Bedfordshire, so almal ken almal). Indien daar 'n huis inbraak in die omgewing was het dit die plaalike koerantjie se voorblad gehaal! Nadat ons teruggekom het einde '94 het ek aanbiedinge gekry uit die VK, VSA en Duitsland, maar om 'n verskeidenheid redes maar besluit om hier te bly...My seun en sy gesin het nou besluit om Ierland toe te emigreer. hulle voel dis beter vir ons kleindogter se toekoms (sy is amper 3 jaar oud) asook die kleinseun wat in September verwag word....so êrens rondom Maart 2023 sê ons ook totsiens vir hulle. Dis skrikwekkend om te hoor hoeveel jong families emigreer, meestal professionele mense wat orals in aanvraag is. Ouma is geensins gelukkig met hulle planne nie maar ek is redelik OK daarmeem soos Andre sê, hier is nie meer veel van 'n toekoms nie, veral vir ons kleinkinders. Positiewe kant darem is dat vliegkaartjies om daai kant te gaan kuier nie te duur is nie (amper goedkoper as om hier te kamp!) en ouboet moet maar sorg vir Oupa en Ouma se verblyf :)

Secunda

Sleep nou

Fri, 03/06/2022 - 09:22

Ek ondersteun hulle 100 % het ook vir hulle gese hoe vinniger hoe beter maar soos ek ook van die begin af genoem het gaan my kleinkinders mis sal maar gaan kuier by hulle sodra verlange erg is ek wens ek het die kans gehad toe ek begin werk het maar lojaliteit hou jou maar by n plek net so Andre Africa sal nie verander nie 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 03/06/2022 - 10:49

Ons oudste dogter woon nou al jare in London, gelukkig is daar nie kleinkinders nie, so die verlange is nie so rof nie. Ons video call? greeeld op Whatsapp, en praat n uur aanmekaar, dit voel al soos n kuier. Het in 2012 daar gekuier vir 6 weke waarvan ons twee oues vir 4 weke in n gehuurde karretjie die eiland deurgereis het. Dit was opmerklik hoe beskaafd die verkeer en menslike gedrag was. Deesdae se my dogter, is dit ook iets van die verlede, met die jongklomp wat nou hand uitruk. En verdraagsaamheid in die verkeer ook nie meer so gaaf nie.

Die wat wil gaan, moet dit doen. Ek hoop oor n paar jaar waneer die oud soldate onder die gras le, is die verlede begrawe, en almal het n gelyke kans. Ons oudste kleindogter is in Bloem by n goeie meisieskool, en die foto,s wat van daar kom, wys dat hulle heeltemal geintgreer is. Hulle  geslag sal ons land op die regte pad sit. Ek sal nie daar wees om te sien nie, so ek mag dit maar glo.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 03/06/2022 - 10:54

... André se inset 100%. Hy verwoord my eie sentimente beter as wat ek dit sou kon uitdruk.

My dogter-hulle woon al 19 jaar in 'n voormalige kommunistiese land - Roemenië. Ja, ek sou wat wou gee om hulle nader aan my te hê, maar dit sou "stupid" van hulle wees om enigsins te oorweeg om terug te keer na hierdie stukkende land. En enigeen wat reken dit gaan vorentoe beter gaan in Suid-Afrika, is besig om vir homself te lieg. Die beste waarvoor ons kan hoop is dat dit nie slegter gaan met die ekonomie en al die gepaardgaande stukkende dinge en entiteite nie.

My kinders het Woensdag teruggekeer Roemenië toe nadat hulle vir net meer as 3 weke hier gekuier het. Hulle verlang terug na familie en sekere dinge in Suid-Afrika - soos wildtuinvakansies. Hulle was egter tydens hulle kuier vir 5 aande in die wildtuin en hulle ervaring is dat hulle dit hartseer vind om te sien in hoevéél aspekte die wildtuin agteruit gegaan het. Na die belewenis van dae beurtkrag en sekere ander omstandighede wat hulle beleef en gesien het, het dit hulle weereens laat besef dat hulle nooit weer in hierdie land wil woon nie.

Ek het my seun, wat drie suksesvolle besighede het, ook ondersteun toe hy onlangs aangedui het dat hy oorweeg om te emigreer. Hy het reeds baie geld spandeer om deure vir hom oop te maak in óf Australië óf die VSA. Maar sy beplanning is voorlopig op ys geplaas. As ek egter dink aan die toekoms van my 13- en 12-jarige kleinkinders in hierdie land en veral die haglike dorp (Grabouw) waar hulle tans woon, trek ek kleinkoppie vir hulle onthalwe. Ekself het van my gelukkigste jare in Grabouw gewoon. Maar ek wil vir geen geld in die wêreld vandag meer daar woon nie.

Pessimisties en swartgallig - ek?? Aikôna - net 100% realisties, soos André dit stel.

As dit enigsins moontlik is vir jou kinders en kleinkinders om hierdie land te verruil, moedig hulle aan. Ek is nie so naief om te dink dit gaan in ander lande net maanskyn en rose wees nie. As ek jonger was en nog 'n ekonomiese bydrae kon lewer in 'n "nuwe" land, sou ek met dit wat ek nou weet en ervaar alles in my vermoë gedoen het op die pad te vat. Ongelukkig sal geen ander land my nou verwelkom nie, want hulle vrese is dat ek op my ouderdom net 'n las vir die staat kan word.

Worcester

Wildehont

Fri, 03/06/2022 - 12:00

Hoekom is ons hier gebore? Is dit ‘n fout? Ek glo nie so nie, en daarom gebruik ek my vermoë om ‘n verskil te probeer maak. Ek werk by ‘n plaaslike regering, en meeste Suid-Afrikaners is baie negatief oor munisipaliteite. Ek kan soos baie van my kollegas die minimum doen en roekeloos omgaan met die fondse want “dis mos nie my geld nie”.  
 

Ek verkies om dinge reg te doen en waar ek verkeerde praktyke teekom dit te probeer regstel. Ek is nie die enigste een hier wat so voel en maak nie, maar sou ek handdoek ingooi en vlug is daar een minder wat die goeie geveg veg en is die boot een emmer vol water nader aan sink. 
 

My voorbeeld is in die openbare sektor, want ek is nie ‘n goeie entrepreneur nie. Mense wat is, skep egter welvaart en nie net vir hulself nie. As hulle vlug, verdamp die welvaart saam met hulle en krimp die koek waarvan almal moet eet. Op daardie punt kan julle sê; nou waarom moet ek vir ander sorg en dan word groot hoeveelhede van my belasting nog gesteel of gemors ook?

Dan vra ek weer; hoekom is ons hier gebore? Groei waar jy geplant is. Ten spyte van alles is ons lewenstandaard baie hoog. Waaroor kla ons deesdae hier op die forum? Diesel het só duur geraak dat ons nader aan die huis moet vakansie hou. Die meerderheid van die bevolking weet nie wat ‘n vakansie is nie. En terloops het brandstof nie net hier onlangs baie duurder geword nie, vra maar julle kinders in ander lande (met die moontlike uitsondering van die olie produserende lande).

Ek glo ons is hier met ‘n rede, en daar is baie van ons wat nog die goeie geveg wil veg. Dink as dit nie was vir organisasies soos Afriforum en OUTA en opposisie partye in die regering nie, waar ons nou sou gewees het. En die gety draai, die ANC het dit self erken. Hulle dae is getel.
 

Ek is hier om te bly, en ek geniet en beplan nog baie avonture saam met my gesin. Saam met die ander burgers wat gevestigde belange hier het sal ek ook aanhou stry om die boot aan die dryf te hou. En intussen geniet ek ‘n wonderlike lewensgehalte. Soos ‘n tannie in Zim vir my gesê het destyds toe dinge woes verkeerd gegaan het daar, en ek haar gevra het hoe hulle daar bly; I’d rather live like a king in a pauper’s country, than like a pauper in a king’s country. (ek het van haar woordkeuse verander vir publisering hier). 

Pretoria

Geert

Fri, 03/06/2022 - 12:12

Om kortliks op te som.....die regering van ons is nie net besig om die land op te ph*k nie, maar ook gehegte families uitmekaar te skeur

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 03/06/2022 - 12:23

Chris, baie dankie  -  baie van ons voel soos jy.

Ek is gelukkig, my drie kinders en hulle gesinne woon in 'n radius van 5km hier van ons af, en...............ek is baie dankbaar.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 03/06/2022 - 12:26

Hoekom is ons hier gebore? Is dit ‘n fout? Ek glo nie so nie, en daarom gebruik ek my vermoë om ‘n verskil te probeer maak.

Ek het nou gesit en wonder, watter deel van jou siening kan ek aanhaal om my persoonlikke siening ook oor te dra ? 🤷‍♂️  Ek kon nie maar het besluit op jou eerste deel.

Al het ek die geld gehad het ek nog nooit die begeerte gehad om uit SA te trek nie want ek dink ons het seker een van die beste lande op hiedie planeet.  Ek wens net ek het die geld gehad om baie meer van hierdie land te kan sien.  Ek het nog altyd as ek op die TV of in 'n tydskrif sien van 'n mooi plek om met trots te kan sê ek was al daar.  Dit is wat my gelukkig maak, meer as die wat ek nog mis.

So ek stem 💯% saam met jou en voel die selfde.

Worcester

Wildehont

Fri, 03/06/2022 - 14:52

Ek wil weer herhaal wat ek vroeër gesê het: Ek gun dit vir elkeen om sy/haar eie keuses te maak oor wat vir hulle die beste is. Ek veroordeel dus niemand wat die besluit neem om te hervestig nie. Ek leef ook nie onder die illusie dat my kinders nie dalk eendag sal hervestig nie. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus